In het nieuws
Trump se invoertariewe: Suid-Afrika staan voor ekonomiese uitdaging
2025-04-02"Die regering het nog nie ’n duidelike teenstrategie nie, maar die ANC-NUK-lid Kgosientsho Ramokgopa het die behoefte aan dringende onderhandelinge met die VSA beklemtoon om Suid-Afrika se posisie te beskerm."
Aantal mense met MIV in Suid-Afrika bereik ’n nuwe rekordhoogte
2025-04-01"Die toenemende getalle is dus ’n weerspieëling van die feit dat antiretrovirale medisyne mense aan die lewe hou wat andersins sou gesterf het."
Suid-Afrika is een van die gevaarlikste lande te wêreld
2025-03-28"Diegene wat president Donald Trump se aanbod oorweeg om Amerika toe te vlug, moet ook mooi dink, want die VSA vaar ook nie te waffers nie."
"Kill the boer, kill the farmer" maak weer internasionaal opslae
2025-03-27"Trump het op 23 Maart ’n plasing van Musk op Truth Social gedeel waarin Musk die lied as ’n oproep tot geweld teen wit mense beskryf het, gekoppel aan Suid-Afrika se Onteieningswet en Swart Ekonomiese Bemagtiging."
Suid-Afrika-VSA-spanning voorop by ANC se NUK-vergadering
2025-03-26"Vrydag se NUK-vergadering kom op ’n deurslaggewende oomblik, met die ANC onder druk ná die 2024-verkiesing, waar dit sy absolute meerderheid verloor het en nou ’n brose 10-party-koalisie lei."
Suid-Afrikaanse Lugmag stort in duie
2025-03-25"Versuim om beslissend op te tree sal volgens hom nie net Suid-Afrika se veiligheid in die gedrang bring nie, maar dreig ook om ons rol as ’n streeksmoondheid in vredesbewaring en konflikoplossingspogings binne die SAOG-raamwerk te verminder."
Historiese ooreenkoms red dalk bedreigde Afrika-pikkewyn
2025-03-21"Bewaringskundiges en die visbedryf is reeds jare lank in ’n geskil betrokke oor hoeveel kommersiële visvang bygedra het tot die Afrika-pikkewynbevolking se skerp afname en tot watter mate visvangbeperkings die dreigende uitsterwing van dié pikkewyne sou stuit."
KI-swendelaars teiken Suid-Afrikaners se bankrekeninge
2025-03-20"Suid-Afrikaners word geteiken deur KI-gedrewe swendelary waar bedrieërs bankamptenare naboots, vals toepassings skep en sosiale media manipuleer om geld te steel."
Gemengde ontvangs wag op uitgeskopte Rasool met sy aankoms in Suid-Afrika
2025-03-19"Die vakbond Cosatu in die Wes-Kaap het belowe om hom ’n heldeverwelkoming te gee wanneer hy na die provinsie terugkeer, terwyl sy kritici soos AfriForum meen Rasool se optrede in die VSA wat tot sy uitsetting gelei het, is ’n bewys daarvan dat die ANC se diplomatieke dobbelspel misluk én die land en sy mense duur te staan gaan kom."
Amokmaker op FlySafair-vlug se "verskoning" oor rassisme maak geen indruk
2025-03-18"Wat egter veral die poppe laat dans het, was toe Mkhize na vroue van Mitchells Plain verwys het as onopgevoed en nie in staat om te bestuur of motorvoertuie te besit nie."
Begrotingskrisis 2025: So lyk die pad vorentoe
2025-03-14"As die Suid-Afrikaanse parlement nie die begroting goedkeur nie, kan dit ernstige gevolge hê, afhangende van die politieke dinamika en die stappe wat daarna geneem word."
SAMRK eis aksie na moord op fluitjieblaser Mabini
2025-03-13"Pamela Mabini was ’n gemeenskapsaktivis en die stigter van die Maro-stigting, ’n nie-winsgewende organisasie wat gefokus het op die ondersteuning van verwaarloosde kinders, mense met gestremdhede en slagoffers van misdaad, veral geslagsgeweld."
Luukse Audi’s vir vloot terwyl SANW-Soldate in DRK met ou toerusting sit
2025-03-12"Hierdie uitspattige besteding is volgens die DA ’n voorbeeld van die voortdurende kultuur van bevoorregting, kompleet met rooi tapyte en gholfdae, terwyl gewone soldate sonder behoorlike hulpbronne moet sukkel."
Trump se aanbod aan SA boere verhoog diplomatieke spanning met VSA
2025-03-11"Plasings op sosiale media weerspieël verdeelde menings: Sommiges sien Trump se aksies as ’n kans om die ANC te straf, terwyl ander ekonomiese terugslae vrees."
Chaos in SA se gesondheidsektor oor befondsingskrisis
2025-03-07"Suid-Afrika se MIV-program is die grootste ter wêreld, met sowat 5,5 miljoen mense wat antiretrovirale middels ontvang. Hoewel die staat 74% van die koste dek, het Pepfar die gaping gevul vir dienslewering en voorkoming wat die regering nie alleen kan bekostig nie."
AfriForum en Solidariteit lê nie wakker oor klagtes van hoogverraad nie
2025-03-06"Die DA en Vryheidsfront Plus stem saam met Kriel dat daar geen regsgronde is om hulle te vervolg nie."
Kabinet finaliseer volgende week se begroting
2025-03-05"Dit wil voorkom of die RNE hul verskille opsy gesit het om ’n werkbare begroting te finaliseer, wat moontlik ’n kompromis insluit om belastingverhogings te vermy of te beperk."
Wêreldbank aan Suid-Afrika: Laat vaar rassebeleid om ekonomie te laat groei
2025-03-04"Die Wêreldbank wil hê Suid-Afrika moet hierdie beleide aanpas om dit minder veeleisend te maak vir buitelandse maatskappye om in die land te belê."
Slegs 20% van graad 3-leerlinge kan met begrip lees
2025-02-28"Teen die huidige tempo van vordering sal alle kinders in Suid-Afrika eers teen 2098 in enige taal met begrip kan lees."
DA lê klag teen Mashatile en Creecy by Openbare beskermer
2025-02-27"Volgens berigte beplan Creecy om John Lamola, die swakste kandidaat, vir die genoemde posisie aan te beveel."
