In het nieuws
Eskom bespaar miljarde rand se diesel
2024-12-06"Yelland sê Eskom fokus daarop om inkomste te verhoog, maar gee min aandag aan die vermindering van sy kostestruktuur, die vermindering van skuld- en finansieringskoste, die vermindering van verliese, die verbetering van finansiële en bedryfsprestasie, of die vervreemding van niekernbates."
Oos-Kaap skud toerismevere reg te midde van misdaadvlaag
2024-12-05"Alhoewel die Oos-Kaap bekend is vir sy natuurlike skoonheid en ryk kultuurerfenis, wat dit die status van ’n top toerismetrekpleister laat verdien, is die gasvryheidsbedryf bekommerd dat ’n oplewing in geweldsmisdaad die aantal Suid-Afrikaanse en internasionale besoekers aan die provinsie kan laat verminder."
Wilgenhof se stof wil nie gaan lê nie
2024-12-04"Daar is nou aan beide kante van die debat ongelukkigheid oor die huidige toedrag van sake. Sommige is ongelukkig omdat die visekanselier en voorsitter van die raad so lig daarvan afgekom het, terwyl ander vies is oor die bevinding van Kriegler en sy paneel."
Presidensie gooi koue water oor Solidariteit se opgewondenheid oor Bela-wet
2024-12-03"Mashatile het verduidelik dat slegs een party in die RNE die ooreenkoms onderteken het. Dit is boonop onderteken sonder dat hy of president Cyril Ramaphosa kennis gedra het daarvan of toestemming aan iemand in die presidensie gegee het om so ’n ooreenkoms aan te gaan."
Donker sowel as lig in Eskom se tonnel
2024-11-29"Minstens vier Vrystaatse dorpe kan vanaf einde Januarie aanstaande jaar sonder krag wees omdat hulle munisipaliteite meer as drie jaar laas hul skuld aan Eskom betaal het."
Misdaad daal effens, maar misdadigers maak steeds amok
2024-11-28"Daar was tot dusver 19 279 moorde in Suid-Afrika in 2024, en gemiddeld 70 moorde per dag in die tydperk Julie tot September 2024."
Die Phala Phala-spook staan weer op
2024-11-27"Die EFF en African Transformation Movement (ATM) het die Konstitusionele Hof genader om die parlement se besluit om nie ’n vervolgingsondersoek na Ramaphosa te hou vir die Phala Phala-plaasskandaal nie, ongrondwetlik te verklaar."
Frankryk bring ook hulde aan Breyten Breytenbach
2024-11-26"President Emmanuel Macron van Frankryk was een van vele prominente figure regoor die wêreld wat hulde gebring het aan Breyten Breytenbach, wat Sondag oorlede is."
Wêreld is verdeeld oor strafhof se lasbriewe oor Israel
2024-11-22"Nederland was die eerste Europese land wat verklaar het dat hulle die IS se bevele sal nakom."
Gifkrisis in spazawinkels word dalk ’n nasionale ramp
2024-11-22"Die Nasionale Rampbestuursentrum het dit reeds as ’n nasionale ramp geklassifiseer, ingevolge artikel 23 van die Rampbestuurwet 57 van 2002. Dit maak dit vir die regering moontlik om maklik en vinnig voedselverwante siektes as ’n nasionale ramp te verklaar, indien nodig."
Suid-Afrika se weermag is hopeloos op land, see en in die lug
2024-11-21"RISE Mzansi se hoofsweep, Makashule Gana, sê as hierdie sake nie aangespreek word nie, sal die land binnekort net in naam oor ’n weermag beskik – indien dit nie reeds die geval is nie."
Hofstryd wink weer oor die publikasie van matriekuitslae
2024-11-20"AfriForum het sy regspan opdrag gegee om vir ’n saak voor te berei om te sorg dat die uitslae van vanjaar se matrikulante op mediaplatforms gepubliseer mag word. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika (IR) die openbare bekendmaking daarvan verbied het."
Nersa begin met landwye verhore oor Eskom se skokverhogings
2024-11-19"Eskom se verbysterende 1 700% styging in tariewe oor drie dekades is volgens Meyer niks anders as ’n 'korrupsiebelasting' nie."
Duisende onwettige mynwerkers skuil honger en dors in myn
2024-11-15"Van die mynwerkers het sedertdien na die oppervlak teruggekeer weens honger en dors en is gearresteer. Die polisie glo minstens 4 000 is steeds ondergronds en sommige is siek."
Johannesburg se waterkrisis laat Konstitusionele Hof hoog en droog
2024-11-14"Gauteng verloor daagliks meer as 2,3 miljard liter water van Rand Water weens lekkasies terwyl honderde huishoudings met droë krane sit."
Groenboukonvensie 2024 vra vir ’n klimaatpositiewetoekoms
2024-11-13"Met statistieke het De Ruyter aangetoon dat die verbranding van fossielbrandstowwe as ondoeltreffend bewys is. Twee derdes van die energie wat ontstaan in die verbranding van fossielbrandstowwe, word vermors. Hierdie proses van verbranding veroorsaak ook besoedeling en gesondheidsprobleme."
Spazawinkels veroorsaak warm debatte ná kindersterftes
2024-11-13"Sommige meen ’n gebrek aan behoorlike regulasies moet die skuld kry vir die huidige krisis, terwyl partye soos ActionSA wil hê spazawinkels moet honderd persent deur Suid-Afrikaners bedryf word en nie deur buitelanders nie."
Kommer oor persvryheid in Mosambiek ná betogings oor verkiesingsuitslag
2024-11-12"Die Mosambiekse afdeling van die streekspersvryheidsliggaam MISA het sy ernstige kommer uitgespreek oor die uitsetting uit Mosambiek van twee Portugese joernaliste wat verslag gedoen het oor die huidige vlaag betogings teen die voorlopige uitslae van die algemene verkiesing op 9 Oktober."
Voedselvergiftiging waarby leerders landwyd betrokke is wek kommer
2024-11-08"Voorvalle van beweerde voedselvergiftiging by skole het die afgelope ruk soos paddastoele opgeskiet en dreig om paniek te saai by sommige skole."
Eskom vermors miljoene rand op "spookdorp"
2024-11-07"Die projek is nou laat vaar en is besig om in puinhoop te verval. Die geboue staan leeg en is heeltemal ongebruik."
