In het nieuws
Geweld op Kaapse Vlakte eis bykans 30 lewens in 72 uur
2025-11-13"Inwoners voel in die steek gelaat deur die polisie, wat selde teenwoordig is, en gemeenskappe word gyselaars in hul eie huise."
Zuma se MK-lede word kanonvoer in Rusland se oorlog met Oekraïne
2025-11-12"Die sage het sosialemediaverontwaardiging ontketen, met gebruikers wat beide werkloosheid en politieke manipulasie blameer. MK-woordvoerder Nhlamulo Ndhlela het ontwykend reageer op die media se navrae."
Gevangenes se ontsnapping laat vrae oor veiligheid in tronke en selle opvlam
2025-11-11"Met gemeenskappe in die Wes-Kaap wat reeds onder hoë misdaadvlakke gebuk gaan, sê waarnemers dat selfs kortstondige ontsnappings die gevoel van onveiligheid versterk."
SOE slaan weer toe: R4,7 miljoen moet terug na staat
2025-11-07"Die hofbeslissing volg uit president Cyril Ramaphosa se Proklamasie R23 van 2020, wat die SOE gemagtig het om alle onreëlmatighede in PPE-kontrakte landwyd te ondersoek."
Parlementêre ondersoek na statutêreverkragtingskrisis kry momentum
2025-11-06"Met die EFF se oorspronklike mosie as katalisator het die ondersoek reeds provinsiale verhore in Gauteng voltooi en kyk nou na die Oos-Kaap, nog een van die provinsies wat die hardste deur hierdie 'epidemie' getref word."
Nederland kies nuwe koers terug na die politieke sentrum met Wilders as verloorder
2025-11-05"In ’n dramatiese politieke omwenteling het Nederland se nasionale verkiesing op 29 Oktober 2025 ’n duidelike skuif na die politieke sentrum en sentrum-links aangedui, met ’n swaar terugslag vir Geert Wilders se regse populistiese Partij voor de Vrijheid (PVV)."
FlySafair sê vlugte gaan voort ondanks kajuitbemanning se staking
2025-11-05"Kirby Gordon, FlySafair se bemarkingshoof, het gesê daar is voldoende personeel beskikbaar wat bereid is om te werk."
DA se mosie van wantroue teen Lesufi in weegskaal weens onsekere alliansies
2025-11-04"Ondanks hulle vroeëre verklaring is die DA se wantrouemosie volgens ActionSA skynheilig omdat hulle gehelp het dat Lesufi premier word, maar nou politieke munt met hulle mosie wil slaan."
DA eis antwoorde oor Ramaphosa se nefie
2025-10-31"Die SOE se jongste optrede het ook opslae gemaak toe hulle op 9 Oktober Maumela se luukse Sandton-herehuis deursoek en ’n vloot Lamborghini’s, kunswerke en selfs ’n speelgoed-Range Rover gekonfiskeer het."
Afrikaners gryp mekaar aan die keel
2025-10-30"Die groep stel dit onomwonde: Solidariteit praat nie namens hulle nie. Hulle verwerp die narratief dat Afrikaners slagoffers is van rassistiese vervolging in postapartheid Suid-Afrika, en beklemtoon dat hulle nie vlugtelinge is nie."
Suid-Afrika skud sy vere reg vir historiese G20-beraad
2025-10-29"Die G20-beraad belowe nie bloot besluite nie, maar ook ’n nuwe era van solidariteit waar Afrika nie slegs ’n deelnemer is nie, maar ’n skepper van die globale agenda."
Selfdoodkrisis in die polisie dui op stelsel onder druk
2025-10-28"Die selfdoodkrisis in die SAPD is nie net ’n polisieprobleem nie, maar ’n weerspieëling van ’n breër maatskaplike tekort aan ondersteuning vir eerste reageerders."
Skokgetuienis oor korrupsie en misdaad in SAPD stuur rilling deur die land
2025-10-24"Daar is onder andere getuig hoe ’n persoon wat verkeerdelik as ’n fluitjieblaser aangesien is koelbloedig doodgeskiet is."
DA se voorstel om SEB te vervang ontketen hewige debat oor ekonomiese insluiting
2025-10-23"Die wetsontwerp sal waarskynlik in die komende maande in die parlement bespreek word, en die uitkoms daarvan kan ’n bepalende invloed op die toekoms van regstellende beleid in Suid-Afrika gepaard gaan."
Rekordgetal matrikulante begin met eksamen
2025-10-22"Die NSS-eksamen is nie bloot ’n akademiese toets nie; dit is ’n nasionale gebeurtenis wat die land se onderwysstelsel, sosiale ongelykhede en jeugtoekoms in fokus plaas."
Burgerlike organisasies eis Ramaphosa se bedanking oor korrupsie, werkloosheid en swak leierskap
2025-10-21"As die beweging momentum behou, kan dit opposisiepartye aanmoedig om hul kritiek te verskerp."
Koppe begin rol oor Tembisa-skandaal te midde van miljarde se bedrog
2025-10-17"Die vraag bly: Sal die koppe wat nou rol, genoeg wees om die stelsel te genees, of is dit bloot kosmetiese chirurgie op ’n terminale pasiënt?"
Kommer neem landwyd toe oor studenteonluste
2025-10-16"Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het skerp gereageer op die onlangse studenteproteste by die Universiteit van Fort Hare, waar eiendom vernietig is tydens betogings oor bestuurkwessies en geriewe."
Polisiekorrupsie en mediavryheid in die spervuur in Suid-Afrika
2025-10-15"Hierdie ondersoek kan verreikende hervormings in die SAPD meebring, maar die spanning tussen die polisie, die politiek en die media bly ’n tikkende tydbom."
DA eis ondersoek na beweerde misbruik van kustefeesgeld
2025-10-14"Die jongste storm oor McKenzie se hantering van kunstefeeste het die afgelope naweek losgebars terwyl die Toyota Stellenbosch Woordfees aan die gang is."
