In het nieuws
AfriForum en Solidariteit lê nie wakker oor klagtes van hoogverraad nie
2025-03-06"Die DA en Vryheidsfront Plus stem saam met Kriel dat daar geen regsgronde is om hulle te vervolg nie."
Kabinet finaliseer volgende week se begroting
2025-03-05"Dit wil voorkom of die RNE hul verskille opsy gesit het om ’n werkbare begroting te finaliseer, wat moontlik ’n kompromis insluit om belastingverhogings te vermy of te beperk."
Wêreldbank aan Suid-Afrika: Laat vaar rassebeleid om ekonomie te laat groei
2025-03-04"Die Wêreldbank wil hê Suid-Afrika moet hierdie beleide aanpas om dit minder veeleisend te maak vir buitelandse maatskappye om in die land te belê."
Slegs 20% van graad 3-leerlinge kan met begrip lees
2025-02-28"Teen die huidige tempo van vordering sal alle kinders in Suid-Afrika eers teen 2098 in enige taal met begrip kan lees."
DA lê klag teen Mashatile en Creecy by Openbare beskermer
2025-02-27"Volgens berigte beplan Creecy om John Lamola, die swakste kandidaat, vir die genoemde posisie aan te beveel."
Suid-Afrika se "Mickey Mouse-weermag" in ’n vryval
2025-02-26"Luitenant-generaal Ntshavheni Maphaha van die SANW het verder olie op die vuur gegooi en in die spervuur beland oor sy uitlatings by die begrafnis van een van die 14 Suid-Afrikaanse soldate wat in die DRK gesterf het."
Google moet Suid-Afrikaanse media miljoene rand vergoeding betaal, sê kommissie
2025-02-25"As hierdie aanbeveling wet word, kan dit ’n baken van hoop vir die plaaslike media wees. Dit kan inhoudskeppers in staat stel om te belê in digitale vernuwing, nuusprojekte en die opleiding van joernaliste. Aan die ander kant kan dit ook spanning veroorsaak tussen tegnologieplatforms en die regering, wat moontlik Google se verhouding met Suid-Afrika sal beïnvloed."
Dubbele verleentheid op een dag vir finansiesminister
2025-02-21"Eers moes hy toekyk hoedat sy begrotingsrede in die asblik beland enkele ure voordat hy dit in die parlement sou lewer. Kort daarna het hy tydens ’n media-inligtingsessie onvleiende opmerkings gemaak oor die kommissaris van die SA Inkomstediens."
Trump se bevel stuit navorsing oor MIV-entstof in Suid-Afrika
2025-02-20"Die skielike bevriesing het gelei tot onsekerheid en chaos onder organisasies en individue wat afhanklik is van hierdie fondse, met baie projekte wat onmiddellik gestaak is en werknemers wat ontslaan word."
Moord op Suid-Afrikaanse gay imam maak wêreldwyd opslae
2025-02-19"Sy dood het ’n golf van veroordeling en protes opgelewer van die LGBTQ+-gemeenskap, regeringsamptenare en internasionale organisasies soos ILGA World, wat ’n deeglike ondersoek na die moontlikheid van ’n haatmisdaad geëis het."
Suid-Afrikaners staal hulle vir belastingverhogings in Woensdag se begroting
2025-02-18"Daar word bespiegel dat die minister na verwagting miljarde rand meer uit Suid-Afrikaanse belastingbetalers wil pers om die regering se groot begrotingstekort te finansier."
ANC en AfriForum gryp mekaar aan die keel oor Amerika se optrede
2025-02-14"Volgens die ANC is AfriForum se aksies in die buiteland om steun te werf teen die land se binnelandse beleid die middelpunt van ’n internasionale veldtog om doelbewus leuens en waninligting oor die realiteite in die land te versprei."
Europa is skepties oor Trump se vlugtelingstatus aan Afrikaners
2025-02-13"Sommige Europese regerings en nieregeringsorganisasies beskou die besluit as onregverdig en diskriminerend, veral in die lig van die feit dat die Afrikanergemeenskap in die Suid-Afrikaanse konteks nog steeds as een van die ekonomies meer bevoorregte groepe gesien word."
Paleisrevolusie tussen Zuma en sy dogter in MK-party
2025-02-12"Zuma se dogter, wat geen ooghare vir Shivambu het nie, het verskeie skerp twiets oor hom op X geplaas. Sy meen hy is nutteloos en die ergste ding wat met die party gebeur het."
Trump se uitvoerende bevele polariseer Suid-Afrikaners
2025-02-11"Die stigting doen ook ’n beroep op die leierskap van die VSA om breër te konsulteer met ’n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse instellings om ’n dieper insig te verkry in die ekonomiese, politieke, kulturele en sosiale samestelling en kompleksiteit van Suid-Afrikaanse samelewings."
Amerika gee Suid-Afrika nóg ’n dwarsklap in die gesig
2025-02-07"Die wet waaroor Trump so te kere gaan, is soortgelyk aan onteieningwetgewing in Amerikaanse deelstate, naamlik die sogenaamde eminente domein, waar regerings die mag het om private eiendom vir openbare gebruik te neem, soos vir paaie en brûe."
Staatsrede: Ramaphosa sal RNE se weg vir 2025 aanwys
2025-02-06"Outa wys op die talle valse beloftes wat in die verlede gemaak is en sê die publiek is keelvol vir valse beloftes, terwyl swak wetstoepassing steeds die land teister en miljoene mense in armoede vasgevang hou."
DA slaan vure dood oor Trump se bewerings oor Onteieningswet
2025-02-05"Die DA, wat sterk gekant is teen onteiening sonder vergoeding, sê in ’n verklaring dit is nie waar dat die wet toelaat dat die staat arbitrêr op grond beslag kan lê nie."
Trump ontketen ’n storm in Suid-Afrika oor grondonteiening sonder vergoeding
2025-02-04"ActionSA se president, Herman Mashaba, het in sy reaksie gesê sy party neem met kommer kennis van die 'roekelose opmerkings' van Trump."
Name van veroordeelde seksoortreders volgende maand bekend
2025-01-31"Suid-Afrikaners sal binnekort toegang hê tot ’n lys van alle seksoortreders asook van oortreders wat geslagsgeweld gepleeg het. Dit is deel van ’n poging om vrouemoord hok te slaan en ouers meer ingelig te hou."