In het nieuws

Suid-Afrika en VSA stuur af op nuwe botsing oor China en Iran

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-26

"Hierdie openbare konfrontasie is deel van ’n groter patroon van toenemende wrywing. Sedert Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Geregshof, gesamentlike vlootoefeninge met Brics-vennote, en die uitbreiding van die alliansie, beskuldig Washington Pretoria van ’n 'geostrategiese skuif' weg van die Weste. Bozell het nieverbondenheid as prioriteit uitgelig en Pretoria aangemoedig om sy keuses te heroorweeg."

Stad Johannesburg wen waterheffingstryd, maar die stryd om inwoners se vertroue duur voort

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-25

"Die uitspraak maak die pad oop vir die implementering van die stad se nuwe wateraanvraagbestuursheffing. Vir inwoners beteken dit dat die vaste maandelikse heffing vir residensiële verbruikers met 65,6% styg."

Land hou asem op voor 30 Junie: Spanning oor immigrantespertyd neem gevaarlik toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-24

"Arbeidsorganisasies soos die vakbondfederasie Cosatu het werkers gewaarsku om nie aan onwettige protesaksies deel te neem nie. Volgens die organisasie sal werknemers wat sonder toestemming van die werk af wegbly om aan betogings deel te neem, nie noodwendig arbeidsregtelike beskerming geniet nie."

Polisie se fone lui, maar niemand antwoord nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-23

"In ’n land waar meer as 27 000 moorde jaarliks aangeteken word, kan selfs enkele minute se vertraging die verskil tussen lewe en dood beteken."

ANC ontstoke oor DA se versoek om kabinetskommeling

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-19

"Die spanning tussen die ANC en die DA, die twee grootste vennote in Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (RNE), het hierdie week verder toegeneem nadat die nuwe DA-leier, Geordin Hill-Lewis, president Cyril Ramaphosa formeel versoek het om die DA se verteenwoordigers in die kabinet te herskommel."

DA demoveer Steenhuisen: Nou wag die kollig op Ramaphosa se eie kabinet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-18

"Die stap word reeds deur politieke ontleders beskryf as een van die belangrikste toetse van aanspreeklikheid sedert die vorming van die RNE ná die 2024-verkiesing. Dit plaas terselfdertyd nuwe druk op Ramaphosa om te wys of dieselfde standaarde ook op ANC-ministers toegepas sal word."

Ramaphosa en McKenzie waarsku teen xenofobie namate 30 Junie-ultimatum oor immigrante nader

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-17

"McKenzie, wat in die verlede bekendheid verwerf het met sy harde 'Abahambe'-veldtog teen onwettige immigrasie, het jongmense gewaarsku om nie by enige selfhelpaksies betrokke te raak nie."

Binnelandse Sake kanselleer meer as 2 000 bedrieglike studievisums in groot korrupsie-skoonmaak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-16

"Die departement werk nóú saam met die Valke om kriminele sake verder te ondersoek."

Kaapstad-marathon word Afrika se eerste Abbott World Marathon Major

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-12

"Kenners voorspel dat die Kaapstad-marathon nie net meer internasionale elite atlete sal trek nie, maar ook duisende kwalifiserende hardlopers uit Europa, Amerika en Asië. Dit plaas druk op verblyf en vervoer, maar skep ook honderde werksgeleenthede."

Parlement eis antwoorde oor Johannesburg se skandale van miljarde rand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-11

"Zibi het selfs gevra of enige ander groot stad ter wêreld met só ’n ingewikkelde bestuursmodel funksioneer, en daarop gewys dat swak-presterende entiteite die Stad se balansstaat, likiditeit en leenvermoë direk benadeel."

Naderende 30 Junie-sperdatum: Suid-Afrika se immigrasiekrisis bereik kookpunt

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-10

"Ontleders waarsku: Sonder inklusiewe oplossings kan die siklus van protes en geweld voortduur."

Outa sê burgerlike druk bly Suid-Afrika se sterkste wapen teen korrupsie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-09

"Outa se voorsitter, Simile Ndlovu, waarsku dat Suid-Afrika toenemend die kenmerke van ’n disfunksionele staat toon, met groeiende ongelykheid, vervallende infrastruktuur en ’n gebrek aan gevolge vir wanbestuur en korrupsie."

Duitsland help Krugerwildtuin op pad na groenenergierevolusie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-05

"Groot sonkragvelde sal waar moontlik buite die sig van toeriste geplaas word om die estetiese waarde van die landskap te behou."

Immigrasiekrisis: Ramaphosa beloof harde optrede terwyl spanning styg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-04

"Politieke ontleders meen die regering bevind hom in ’n uiters moeilike posisie. Aan die een kant eis miljoene werklose Suid-Afrikaners sterker optrede teen onwettige immigrasie. Aan die ander kant moet die regering waak daarteen om ’n klimaat te skep waarin vreemdelingehaat en geweld verder posvat."

Die parlement se wiele rol om Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging te plaas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-03

"Die verkiesing van die voorsitter het vinnig in ’n ideologiese magstryd ontaard. Gana is deur Mikateko Mahlaule van die ANC benoem, en sy nominasie is gesekondeer deur George Michalakis van die DA."

Geen EFF weer nie: Zille trek ferm streep vir Johannesburg-koalisie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-06-02

"Of hierdie benadering gaan werk, sal grootliks afhang van die verkiesingsuitslag en of ander partye bereid is om op grond van beginsels eerder as posisies saam te werk. Die komende maande gaan kritiek wees vir Johannesburg se politieke toekoms."

Amptelike opposisie se parlementêre hoofsweep gearresteer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-05-29

"Politieke ontleders waarsku dat hierdie tipe skandale die MK Party se geloofwaardigheid verder kan skaad, veral met die plaaslikeregeringsverkiesings wat later vanjaar plaasvind."

Twee krokodille in ’n kinderswembad het die Oos-Rand op hol

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-05-28

"Met ’n lasbrief van die Springs-landdroshof in die hand en genoeg amptenare om ’n klein staatsgreep te laat slaag, het die span omstreeks 10:00 opgedaag."

Baie boere verlig oor bek-en-klouseer ná Steenhuisen ’n bloutjie in die hof loop

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-05-27

"Die staat se traagheid om entstowwe betyds beskikbaar te stel het tot intense frustrasie onder boere gelei. Baie het aangevoer dat die departement se kapasiteit eenvoudig nie opgewasse is vir die omvang van die krisis nie."

Kookpunt oor immigrasie: Regering gryp in te midde van groeiende spanning

Jean Oosthuizen In het nieuws 2026-05-26

"Burgerlike groepe soos Operation Dudula en March and March lei tans grootskaalse betogings in stede soos Johannesburg, Pretoria en Durban. Hulle eis dat ongedokumenteerde buitelanders die land moet verlaat en het ’n 30 Junie 2026-sperdatum gestel."

Verified by MonsterInsights
Top