Nu op LitNet

Antjie Krog (1952–)

Erika Terblanche 2018-10-23 “As ek ’n lewe daaruit kon maak, sou ek net wou dig.” Lees oor Antjie Krog se lewe en skryfwerk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Menán van Heerden, Hans du Plessis 2018-10-23 "Dit is hierdie herwaardering van die bydraes wat sowel die Khoi as die slawe gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaans, wat die wese vorm van Van Afrikaans gepraat (Christo van Rensburg, LAPA Uitgewers; Engelse weergawe: Finding Afrikaans)." Menán van Heerden het met Hans du Plessis oor die boek gesels, asook oor wyle Christo van Rensburg se waardevolle […]

Internasionale PEN-kongres: 25–29 September in Pune, Indië

Fiona van Kerwel 2018-10-18 Fiona van Kerwel en Catrina Wessels het PEN Afrikaans verteenwoordig by die internasionale PEN-kongres wat van 25–29 September in Pune, Indië, plaasgevind het. By dié jaarlikse byeenkoms kom ledesentrums vanoor die wêreld byeen in komiteevergaderings en algemene vergaderings wat met PEN se bedrywighede te doen het.

Kavanaugh, vroueregte en die toekoms van protes

Bettina Wyngaard 2018-10-18 "The handmaid’s tale is nie meer net ’n distopiese verhaal nie. Dis ’n waarskuwing, ’n blik op ’n potensiële toekoms, een wat vroue nie kan bekostig nie. Nie nou nie, nie ooit nie."

Skuif nader vir boekstories uit Taalgenoot se Winter 2018-uitgawe

PEN Afrikaans 2018-10-11 Met die Taalgenoot-redaksie se vriendelike vergunning deel PEN Afrikaans artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Winter 2018-uitgawe. Wat ’n plesier! Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie.

PEN Afrikaans by die Tuin van Digters

Mercy Kannemeyer 2018-10-11 "ConVerse beoog om gesprek aan te wakker oor poësie en dit wat in die verlede as die norm vir poësie voorgestel is. Gesprekke rondom veeltaligheid, vertaling en dit wat nie maklik vertaal kan word nie, word ook deur die bundel belig."

Vernuwing in die bestudering van religie en religieë: ’n onderhoud

Pieter GR de Villiers, Johan Strijdom 2018-10-11 "Wat bedoel ons as ons praat van vernuwende insigte oor die mens, en hoe kan ons in die akademie enigsins oorspronklik of anders of verrassend oor mense dink?"

Daggaseminaar: forensiese en regsimplikasies van die dekriminalisering van die besit en kweek van dagga

Thomas Mollett 2018-10-01 "Mens kry die idee dat die wet, goed soos dit dalk bedoel mag wees, so ’n bietjie is soos om half swanger te wees. Dis nie hier nie maar ook nie daar nie. In isolasie en in die perfekte wêreld waar van mense verwag word om getrou by die wet te hou, waar hulle mooi […]

Die "granietvoetspore" van die wêreld met besondere verwysing na die voetspoor digby die Mpuluzi in Mpumalanga

Willie Breytenbach 2018-09-27 "Daar is ten minste drie bestaande 'reusevoetspore' in granietgesteentes wêreldwyd: in Sri Lanka, Thailand en Suid-Afrika. In al drie gevalle heg die plaaslike bevolkings besondere godsdienstige betekenisse aan hierdie verskynsels. Dit is egter verskillende godsdienste."

Praktiese wenke vir die Camino-stap

Suzette Kotzé-Myburgh 2018-09-27 "Die Camino is eintlik soos die lewe: daar is nie ’n regte manier om dit te doen nie, daar is net jóú manier om dit te doen. Op jou eie tyd en teen jou eie pas. Buen camino!"

Erfenisdag 2018: Koning Shaka, ’n eklektiese verkenning

Chris Swanepoel 2018-09-23 "En so, met koning Shaka se pryslied en ’n blik op sy romantiese kant, herdenk ons dankbaar die geskakeerde Erfenisdag wat hy vir ons nagelaat het."

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

Gerda Odendaal 2018-09-20 Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Gerda Odendaal se toespraak oor die herstandaardisering van Afrikaans.

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

Shirmoney Rhode 2018-09-20 "Die lesings het my regtig diep laat dink en besin oor Afrikaans en die toekoms daarvan, en dit veral omdat ek as onderwyseres van eerste addisionele taal my eintlik bevind in ’n taaldepressie omdat ek eerstehands sien wat besig is om op skoolvlak met Afrikaans te gebeur."

Die US draai sy rug op Afrikaans as doseertaal

Hermann Giliomee 2018-09-13 "Wat my die meeste verbaas van die rektor se oorsig van die US se eerste eeu, is dat daar geen enkele woord is oor wat beskou kan word as die US se grootste prestasie in sy eerste eeu nie, naamlik sy teenstand teen die Britse imperiale ideologie deur die opbou van ’n eie, inheemse intellektuele […]

“Antjie Krog is Nobelprijs-waardig”

Yves T'Sjoen 2018-09-13 "De schrijfster Antjie Krog wordt samen met Breyten Breytenbach al enkele jaren genoemd als kandidaat van de Nobelprijs literatuur. Na JM Coetzee en Nadine Gordimer wordt het wellicht tijd weer eens een Zuid-Afrikaans auteur te bekronen."

Vir wat die alewige naamsveranderinge?

Bettina Wyngaard 2018-09-06 "Dit laat gemarginaliseerde groepe voel dat daar aan hulle erkenning gegee word. Dit laat mense voel dat hulle behoort wanneer hulle ’n sekere gebied binnegaan. Dit laat mense voel hulle kom tuis."

Festival voor het Afrikaans 2018: programma

LitNet 2018-09-04 Tijdens het Festival voor het Afrikaans, 22–23 september 2018, staat de kunst en cultuur in de Afrikaanse taal centraal.

Marinus Wiechers: woorde van ’n kollega en vriend

Andreas van Wyk 2018-09-04 "Marinus Wiechers was ’n besonderse mens, ’n Renaissance-mens: akademiese regsgeleerde, kunstenaar, musiekliefhebber, kollega, vriend, vader, iemand wat ons nie sal vergeet nie."

Afrikaanse Taalraad vergader oor inklusiewe, diverse pad vorentoe

LitNet 2018-08-29 "Ná ’n dekade van harde werk en die bevordering van taal as ’n hulpbron, werk die ATR steeds aan versoening tussen die sprekers van Afrikaans. Baie is vermag deur erkenning te gee aan die uiteenlopende gesigte en klanke van Afrikaans en ’n sterk basis is gelê vir gesamentlike gesprekke oor taal en taalbeleid."

Dankie, Generaal deur Nico Moolman: ’n resensie

Org Potgieter 2018-08-28 "Die boek se grootste waarde lê in die geweldig groot aantal foto's – sommige ingekleur – waarop die skrywer-speurder op sy reise in museums en ontmoetinge met nasate van ABO-soldate aan albei kante afgekom het."
Verified by MonsterInsights
Top