Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid

  • 0

"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."

 
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top