
Foto van Ina van den Boogaart: verskaf; foto van bordkryt: m_ming, https://pixabay.com/photos/chalk-colorful-dust-school-supply-4829602/
’n Katastrofiese hoeveelheid skooltyd het weens die COVID-19-pandemie in Suid-Afrikaanse skole verlore gegaan. Dit was die uitspraak van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, ’n paar maande gelede. Een van die redes wat vir die 65% minder skooltyd verskaf is, was die roterende rooster wat tot onlangs in die meeste Suid-Afrikaanse skole gevolg is.
Op LitNet is die eiesoortige uitdagings van COVID-19 deur kundiges bespreek, onderwysers het saamgepraat oor hoe ongelyk en verskillend Suid-Afrikaanse skole en hul onderskeie situasies daar uitsien, en ’n skoolhoof wat verkies het om anoniem te bly, het breedvoerig uitgebrei op hoe sake sedert Maart 2020 in sy skool staan.
Maar hoe verloop dinge in Nederland?
Ina van den Boogaart, ’n skoolhoof van Rotterdam, het lig op die onderwerp gewerp.
Sy het haar skool se omstandighede en jare lange onderwysagtergrond via Google Meet met Naomi Meyer bespreek. Die gesprek het in Engels en Nederlands plaasgevind en word hier onder in Afrikaans weergegee, met enkele direkte aanhalings van haar antwoorde in Nederlands.
Ina, sal jy asseblief vir ons lesers van jou en jou agtergrond vertel?
Mijn naam is Ina van den Boogaart-Spruijt, ik ben getrouwd en woon inmiddels zes jaar in Rotterdam. Ik ben moeder van vier kinderen en oma van twee schatten van kleinkinderen.
Ek het onderwys en pedagogiek (opvoedkunde) studeer. Ek was aanvanklik onderwyseres in heelwat verskillende skole vir kinders met leeruitdagings (special needs). As gevolg van my man se werk … hy is ’n leraar in die kerk … het ons vroeër heelwat getrek. Ek was onderwyseres in verskeie skole en het kinders met leeruitdagings bygestaan. Later was ek skoolhoof in ’n skool in Amsterdam – vir vyftien jaar lank. Op hierdie stadium is ek skoolhoof van twee skole in Rotterdam.
Mag ek vra hoe dit prakties moontlik is om skoolhoof van twee skole gelyktydig te wees?
Ek werk saam met ’n spanleier (team leader).
Ik heb op beide scholen een teamleider die de dagelijkse aansturing op zich nemen. Ik ben afwisselend op beide scholen aanwezig om de gang van zaken met de teamleiders te bespreken en bespreek met hen het te voeren beleid op gebied van onderwijskwaliteit, personeel en oudercommunicatie.
Is dit laerskole?
Ja, dit is laerskole in Rotterdam-Noord. Die kinders wissel van ouderdom vier tot twaalf. In Nederland werk die sisteem so: Alle kinders is op laerskool en daarna verdeel die stelsel die kinders in drie kategorieë. ’n Mens kan sê daar is drie niveaus (vlakke) van onderwys ná laerskool.
Dit voortgezet Onderwijs varieert van middelbaar onderwijs tot voorbereidend wetenschappelijk onderwijs. Na het voortgezet onderwijs volgt middelbaar beroepsonderwijs, of hoger beroepsonderwijs op een hogeschool, of wetenschappelijk onderwijs op de Universiteit.
Daar is ’n probleem in Nederland en dit handel oor status.
.........
Die meeste ouers verkies dat hulle kinders die universiteitsopvoedings bywoon, en plaas druk op die kinders om baie goeie punte in hul toetse aan die einde van die laerskoolloopbaan te verkry, sodat hulle toelating tot hierdie skole kan kry. Dit bevorder nie altyd die soort skoolonderrig, of die samelewing nie.
...........
Die meeste ouers verkies dat hulle kinders die universiteitsopvoedings bywoon, en plaas druk op die kinders om baie goeie punte in hul toetse aan die einde van die laerskoolloopbaan te verkry, sodat hulle toelating tot hierdie skole kan kry. Dit bevorder nie altyd die soort skoolonderrig, of die samelewing nie.
Daar bestaan skole vir laagopgeleide en hoëropgeleide individue. Die verskille neem toe. Die kloof groei, die verskil tussen ryk en arm neem toe.
..........
Die kloof groei, die verskil tussen ryk en arm neem toe.
...........
Die ouers sê: My kind is my projek, en ek soek “die beste kanse”.
Ouers sê hulle kind moet kognitief so hoog moontlik “score”, want daardie resultaat bepaal sy of haar toekoms.
Daar bestaan soveel verskillende beroepe, maar status is vir die ouers van groot belang.
Dis vir die ouers veel belangriker om hul kind te laat goed doen in ’n toets, en dan kan hulle in die oë van die samelewing status behaal eerder en in plaas van om ’n sosiaal goedfunksionerende samelewing te hê.
En dan is daar minagting vir ander beroepe.
“Teaching to the test” vind plaas in plaas van voortgesette sosiale en persoonlike ontwikkeling wat pas by die talente/aanleg en belangstelling van die leerling.
Wil jy uitbrei oor die skole waar jy skoolhoof is? Iets meer van die skoolomgewing vertel?
Dis twee baie verskillende soorte skole. Stedelike skole, soos skole in Rotterdam, lyk in die eerste plek baie verskillend van skole in landelike omgewings. Een van die grootste verskille is die migrante wat na die stede kom. Hier moet mens onderskei tussen migrante wat doodgewoon op soek is na ’n beter lewe, en kennismigrante. Die kennismigrante is mense wat hoogs opgeleide mense van ander nasionaliteite en taalgroepe is. Hierdie mense se kinders bevind hulle in veral een van die twee skole waar ek skoolhoof is.
Taal is dus ’n uitdaging?
Dit hang af. As die kind hom bevind in die huis van ’n kennismigrant, veral in die tyd van Covid, met skole wat dalk gesluit is, het daar stimulasie tuis plaasgevind. In die kind se moedertaal.
.........
As die kind ’n ryk aanbod in sy eie taal kry, dan gaan hy maklik ’n ryk aanbod in die Nederlandse taal verkry … moedertaal is die heel beste. Uiteindelik leer jy dan ook makliker ’n ander taal aan.
...........
As die kind ’n ryk aanbod in sy eie taal kry, dan gaan hy maklik ’n ryk aanbod in die Nederlandse taal verkry … moedertaal is die heel beste. Uiteindelik leer jy dan ook makliker ’n ander taal aan.
Dit het wel beteken dat die kind wat in sy eie taal tuis gestimuleer is toe die skole gesluit was, dan later die kennis moes opvang wanneer die skool weer oopgemaak het. Maar omdat die kind toegerus was om te kon kommunikeer en te lees en te praat in die taal waarmee hy ontwikkel is, was daar nie groot oorbruggings nodig nie. Indien die kind dalk wel in ’n omgewing grootword waar ’n ander taal gepraat word, maar die omgewing bied nie toegang tot stimulerende bronne soos boeke of akademiese kennis nie, was die agterstand net soveel groter.
So die skole in Nederland was ook ’n paar keer toe? Hoe het dit gewerk?
Sedert Maart 2020 was ons in ’n totale grendeltyd gehul (“hard lockdown”). Hierdie tydperk het ’n paar maande geduur. Daarna was die skole oop, toe weer toe, en toe weer oop. Dit was aan en af. Soveel skooltyd het verlore gegaan. Ons het inligting onder die ouers probeer versprei. Dit het met gemengde sukses gepaard gegaan. Die ouers wil die beste vir hulle kinders hê. Hulle het hard gewerk om die kinders by te staan. Maar die ouers het aan ons deurgegee: Hulle is nie onderwysers nie. Hulle het groot waardering vir onderwysers bygekry. Hulle het gesukkel om hulle eie werk te doen en hulle kinders te onderrig.
..........
Maar die ouers het aan ons deurgegee: Hulle is nie onderwysers nie. Hulle het groot waardering vir onderwysers bygekry. Hulle het gesukkel om hulle eie werk te doen en hulle kinders te onderrig.
..........
Wat het julle nog die afgelope tyd ondervind?
Ek sou sê in die tyd van Covid, in ’n stedelike omgewing waar daar baie migrante woon, was die grootste effek op taalontwikkeling. Dit gebeur vinnig in stedelike gebiede. As die kinders die skooltyd misloop, en die interaksie met die onderwyser en die vriende. In die landelike gebiede is dit minder sigbaar. Daar woon nie so baie diverse groepe mense nie. Taal is die manier waarop die kinders kennis opdoen, en dis die grootste probleem in die pandemietyd.
Ek het ook gesien … in die tye toe die skole gesluit was … daar was nie sosiale kompetensie nie. Die kinders het nie sosiale interaksie met mekaar beleef nie. Hulle het afgeleer hoe om sosiaal met ander mense te verkeer. Hulle het toegang tot tegnologie: rekenaars, tablette en selfone. Maar hulle het nie soveel toegang tot vriende nie.
Wel digital maar niet fysiek. Digitale onmoetingen kunnen de fysieke ontmoeting niet vervangen.
Ek verneem daar is studies wat toon dat selfdood in Nederland onder tieners toegeneem het sedert die aanvang van die pandemie.
Ja, ek dink onder tieners is dit nog erger, die sosiale afsondering. Hulle portuurgroepe is vir hulle amper nog meer belangrik as vir jonger kinders. Ons kan nog nie die volledige effek sien nie. Ons weet nog nie wat die effek op almal sal wees in die toekoms nie.
Dit voel vir my of sekere kwessies en probleme reeds voor Covid daar was en asof die pandemie net ’n lig daarop geskyn, of sake geaksentueer het.
Ja, dit klopt. Dit is so.
...........
In Nederland word dit soms gesê dat kinders gelyke kanse moet hê. Dit was inderwaarheid nog nooit so nie, die samelewing was nog altyd ongelyk. Maar deesdae is dit vir my duidelik dat daar nog meer agterstande ontstaan het. Deesdae gaan dit nog meer vir die ouers nie oor gelyke kanse nie, maar oor wat is die beste kanse vir my kind.
..........
In Nederland word dit soms gesê dat kinders gelyke kanse moet hê. Dit was inderwaarheid nog nooit so nie, die samelewing was nog altyd ongelyk. Maar deesdae is dit vir my duidelik dat daar nog meer agterstande ontstaan het. Deesdae gaan dit nog meer vir die ouers nie oor gelyke kanse nie, maar oor wat is die beste kanse vir my kind.
Hoe lyk die toekoms in die Nederlandse onderwys?
Ja, niemand weet nie.
Ek as opvoedkundige voel: Jongere kinders is nie goed toegerus om met veranderinge en tegenslagen te deal nie. Covid het uitgewys dat hulle dit nie kan doen as hulle dit nie in die ouerhuis leer nie.
’n Belangrike vaardigheid vir die ouers is om die kinders veerkragtigheid te leer. Daar is niks wat voorspelbaar is nie. Kinders moet dit weet. Daardie kinders gaan dit maak.
Covid het kinders geleer dat as hulle nie tot veerkragtigheid in staat is nie, gaan hulle dit nie maak nie …
In ons land: Daar is aankondigings gemaak dat ons slegs op openbare vervoer ons gesigmaskers hoef te dra. Ons minister van onderwys het gesê “Dit (bijna alle maatregelen) is verby, maar korona bly.” Daar is by ’n perskonferensie gesê die pandemie gaan nooit weer so ’n effek op ons lewens hê nie. Maar hoe weet ons? Dit sal nooit wees soos wat dit was nie.
..........
We gaan niet meer terug naar hoe het was, maar we zullen een “nieuw normaal” vinden.
...........
We gaan niet meer terug naar hoe het was, maar we zullen een “nieuw normaal” vinden.
Lees ook:
https://voertaal.nu/twee-lande-twee-skole-marni-bonthuys-deel-haar-ervarings-as-migrant
https://www.litnet.co.za/covid-19-en-die-onderwys/