Hierdie geleentheid is gekanseleer: Die wêreld is ons woning (nie)? Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici in die "buiteland"

  • 0

.....

Hierdie geleentheid is gekanseleer.
This event has been cancelled.

.....

Die Buitelandse Werksgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi u uit na sy eerste konferensie: “Die wêreld is ons woning (nie)? Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici in die ‘buiteland’”.

Die konferensie sal twee hooftemas behandel:

1. Hoe en in welke mate het hul werk in die buiteland Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici/navorsers se perspektief verander of bevestig?

Hierdie tema kan verken word vanuit die wisselwerking tussen Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici/navorsers en vele dimensies. Hieronder val onder meer hul vakdissipline, persoonlike en professionele verwagtings en leefervarings, nuwe persoonlike en professionele netwerke, kulturele verwysings en taalbewussyn, Suid-Afrika se plek in die internasionale orde, nuwe verwikkelinge in Suid-Afrika of die buiteland, eie en ander diasporas, plaaslike en internasionale regimes van kennis en mag, of nuwe kombinasies van identifisering, posisionering en leefwêrelde.

2. Hoe en in welke mate het Afrikaanssprekende akademici/navorsers in die buiteland by Suid-Afrika betrokke gebly of geraak?

Hierdie tema kan verken word vanuit die wisselwerking tussen Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici/navorsers en baie dimensies. Hieronder val onder meer hul vakdissipline, wyer akademiese en professionele praktyke en netwerke, organisasies en instellings, gemeenskappe en streke, Suid-Afrika op nasionale vlak, nuwe verwikkelinge in Suid-Afrika of die buiteland, eie en ander diasporas, plaaslike en internasionale regimes van kennis en mag, of nuwe kombinasies van identifisering, posisionering en leefwêrelde.

Voordragte gegrond op die volle reikwydte van metodologiese benaderings sal aanvaar word, insluitende vergelykende studies, (outo)biografiese gevallestudies, ryk antropologiese vertellings, teoretiese verkennings, kwantitatiewe analises en ander.

Buitelandse werkgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns:

Voorsitter: Prof. Shana Ponelis
Bestuur: Prof. Jacques du Plessis, Prof. Paul van Geest, Dr. Heinrich Matthee en Prof. Willie van der Merwe, en Dr. Van Zyl de Villiers van die Internasionale Atoomenergieagentskap (http://www.akademie.co.za/oor-ons/buitelandse-werkgemeenskap/).

Indien u weet van Afrikaanssprekende akademici/navorsers in die buiteland, stuur asseblief hul kontakbesonderhede aan Prof. Ponelis by ponelis@uwm.edu.

......

Datum: Maandag, 20 April 2020, tussen 9.00 en 17.00 uur
Plek: Zuid-Afrikahuis, Keizersgracht 141-C, Amsterdam, Nederland (www.zuidafrikahuis.nl)
Koste: ’n Deelnamefooi van € 20 sal by registrasie op 20 April 2020 betaalbaar wees.
RSVP: Dui asseblief voor of op Vrydag, 31 Januarie 2020 per e-pos aan Dr. Heinrich Matthee by heinrich.matthee@jisr.eu u voorneme om die konferensie by te woon, en indien wel, of dit met of sonder ’n voordrag sal geskied:

1. Bywoning met voordrag
2. Bywoning sonder voordrag
3. Geen bywoning nie

ABSTRAKTE:

♦ SPERDATUM: Laatstens teen Vrydag, 28 FEBRUARIE 2020
♦ LENGTE: 250-300 woorde.

Die finale dagprogram sal daarna saamgestel en gekommunikeer word.

Buro: IG
  • 0
Top