..........
“China se ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian, het Maandag die media in Pretoria oor die omvang van die virus toegespreek. Hy sê dit is ’n kritieke oomblik en Suid-Afrika en die wêreld is bekommerd oor die virus, wat teen ’n kommerwekkende spoed versprei.”
..........
Met die koronavirus wat soos ’n veldbrand versprei, is dit net ’n kwessie van tyd voordat dit ook in Suid-Afrika begin kop uitsteek.
Kenners sê egter daar is geen rede vir paniek nie en Suid-Afrikaners moet kalm bly.
Geen bevestigde gevalle van die virus is tot dusver in Suid-Afrika aangemeld nie. Twee van Suid-Afrika se buurlande, Botswana en Namibië, sit reeds op hete kole om uit te vind of hulle moontlik hulle eerste gevalle het van mense wat met die nuwe koronavirus besmet is. Dit kan ’n paar dae neem voordat die uitslae bekend is.
South Africa's Health minister @DrZweliMkhize has reassured #SouthAfricans that there no confirmed cases of the #coronavirus reported in South Africa. Join @taresh_h at 1pm as we look at how South Africans living in #China are being affected by the #virus @HealthZA #sabcnews pic.twitter.com/JbNqILvgno
— Newsbreak (@Newsbreak_Lotus) February 1, 2020
SaharaReporters: #Coronavirus: Nigeria, 12 Other Countries Listed By WHO As Top-risk African States | Sahara Reporters
The others listed include Algeria, Angola, Ivory Coast, DR Congo, Ethiopia, Ghana, Kenya, Mauritius, South Africa, Tanzania, Uganda, a… pic.twitter.com/003baqeAqI— Ogunsona Peter (@pitharoy) February 1, 2020
Die hoof van die Departement Virologie en Patologie aan die Universiteit Stellenbosch, Wolfgang Preiser, het die naweek aan Rapport gesê Suid-Afrikaners het nie rede tot paniek oor die virus nie.
Die DA se skaduminister van gesondheid, Siviwe Gwarube, het intussen ’n beroep op die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, gedoen om die parlement en die land in sy vertroue te neem oor die regering se planne om die verspreiding van die virus te hanteer indien dit ook in Suid-Afrika sou begin versprei. Hy het gevra vir ’n parlementêre debat van nasionale belang om die saak te bespreek. So ’n debat kan ingevolge die reëls van die parlement gevoer word om die koronavirus en ander epidemies te bespreek.
Foto: Pixabay.com
China se ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian, het Maandag die media in Pretoria oor die omvang van die virus toegespreek. Hy sê dit is ’n kritieke oomblik en Suid-Afrika en die wêreld is bekommerd oor die virus, wat teen ’n kommerwekkende spoed versprei.
Hy sê die Chinese ambassade se werkers in Suid-Afrika word vir sewe dae in kwarantyn geplaas as hulle van China terugkeer. Hy sê dit is ’n baie ernstige epidemie wat die hele wêreld raak.
..........
“China sukkel om die gesondheidskrisis te bestuur, met meer as 17 000 bevestigde gevalle, terwyl die dodetal reeds tot minstens 361 gestyg het.”
..........
Volgens Songtian is daar nog geen geval van Suid-Afrikaanse studente wat in China werk wat met die virus besmet is nie. Hy sê buitelanders in Wuhan en Hubei is veilig. “Daar is geen rede vir Suid-Afrikaanse burgers om die gebied te verlaat nie.”
It's sad to see the US, Australia, Japan and UK evacuated their nationals from Wuhan after the #coronavirus outbreak. My serious worry and concern are when evacuating, they also transmit virus to their territory, which poses a serious threat to spread the virus globally.
— Chinese Ambassador to South Africa (@AmbLINSongtian) February 1, 2020
Die koronavirus, wat in die Chinese stad Wuhan ontstaan het, het reeds na ongeveer 20 lande versprei. Die Chinese gesondheidstelsel, wat baie meer doeltreffend is as Suid-Afrika s’n, is tot in sy fondamente geskud deur die virus. Hoewel daar bydraende faktore was wat tot die vinnige verspreiding van die virus in China gelei het, sê Gwarube van die DA die realiteit is dat Suid-Afrika rede het om diep bekommerd te wees.
Hy sê die feit dat ’n pasiënt in Botswana geïdentifiseer is wat moontlik met die virus besmet is, beteken dat die virus reeds op ons drumpel is.
China het Maandag ’n nuwe hospitaal geopen in die stad Wuhan, waar die koranvirus uitgebreek het. Die Huoshenshan-hospitaal, met 1 000, beddens is binne slegs agt dae gebou. China sukkel om die gesondheidskrisis te bestuur, met meer as 17 000 bevestigde gevalle, terwyl die dodetal reeds tot minstens 361 gestyg het. ’n Tweede hospitaal behoort ook binne die volgende week voltooi te wees.
In just eight days, China has completed construction on one of two new hospitals in Wuhan, dedicated to treat #coronavirus patients.
Read more here: https://t.co/KcpARUhXdm pic.twitter.com/R4gVsYZtwE
— Sky News (@SkyNews) February 3, 2020
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ontken dat dit die publiek aanmoedig om griepinspuitings as voorkomende maatreël vir die koronavirus te kry. Die instituut sê daar is in dié stadium geen middel om die virus te voorkom nie.
Die woordvoerder sê korrekte inligting oor die koronavirus is op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die instituut se webwerwe beskikbaar. Sy het bevestig dat geen gevalle van die virus nog in Suid-Afrika aangemeld is nie. Die WGO het die uitbreek van die siekte as ’n wêreldgesondheidsnoodgeval verklaar.
Lees ook
Buro: MvH