Elisha Zeeman: ’n Liefdesverklaring aan Nederland

  • 0
“In die goeie goue ou dae
was daar ’n plek sonder vrae
’n landskap Suid-Afrika
Tafelberg was onbewoon
die lug was nog skoon,
Maar toe kom van Riebeeck
hier troon” ‒ Elisha Zeeman

Eisj!

Ek het onlangs te hore gekom van Elisha Zeeman se parodie wat sy geskryf het op die liedteks van “Het Dorp” (geskryf deur Friso Wiegersma en oorspronklik vertolk deur Wim Sonneveld) vir ’n kabarettoer deur Nederland.

Hierin sê sy vir Jan van Riebeeck sleg en so ook sy land van herkoms. Ek wou graag weet of sy regtig woedend is, hoe die gehore in die verskeie dorpe gereageer het en of sy met tamaties bestook is.

Ons ontmoet mekaar oor ’n WhatsApp-oproep; sy is in Johannesburg vir die opening van haar twee splinternuwe verhoogstukke (’n klug en ’n musical … in een naweek!) en gesels niks minder nie as twee ure lank terwyl ek my vier uitverkore tikvingers vermink om haar stem op die skerm te sien lewe kry.

Maar wat ek wel nie tot onlangs in haar e-posse aan my gesien het nie, is die inleiding/aanhef in die dokument boaan die eintlike teks.

“Eisj” – my eerste gedagte wat by my opgekom met die lees van hierdie ontdekking. Vir die Nederlandse lesers: “Eisj”, of “eish”, is ’n Suid-Afrikaanse uitdrukking wat merendeels gebruik word om jou ongemak met ’n situasie te verwoord en ’n ongesegde verligting uit te spreek dat jy nie in die ander persoon se skoene staan nie.

Kabaret is tog die rigsnoer van hierdie rubriek, en hierdie kunsvorm is onder andere veronderstel om ’n paar eisj-woorde in die gehoor te ontketen. Hier volg dan haar hartstogtelike openingsrede:

Hierdie is ’n kort liefdesverklaring aan jou, Nederland. Nederland ons eerste liefde, dankie dat jy ons beskawingsmaagdelikheid kom breek het. Dankie vir jou slawerny, jy het ons op bootjies gelaai en ons die wêreld gaan wys. Europa is so mooi. Om ons dank aan jou te betoon het ons vir jou ’n lied geskryf. Wel, nie heeltemal self geskryf nie want ons as Suid-Afrikaners is heeltemal te onbevoeg om self iets uit te dink. So, ons het ’n lied by jou gesteel. Jy steel ons identiteit, ons steel jou liedjie. Kom ons call dit quits. Hiermee dan, my liefdeslied terug aan jou ...

In 2017 is Elisha genooi om deel te neem aan ’n Club Kabaret-inisiatief in Nederland, van stapel gestuur deur die Koningstheater Academie Den Bosch. Die doel daarvan was om ’n wisselwerking te bewerkstellig met jong Suid-Afrikaanse kabaretkunstenaars wat krities omgaan met ons geskiedenis, ras, politiek ens.

Buiging na ’n Club Kabaret-vertoning in September 2017.

Die Academie het die dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch gekontak oor moontlike geskikte kandidate. Sy en Kyle Seconna (kabaretsanger) moes toe aansoek doen in die vorm van ’n video en ook op skrif stel waarom hulle sou belangstel om so iets te doen.

So is sy en Kyle gekies en opgekommandeer om vir sowat 30 optredes in drie maande moles te gaan maak in die gasheerland. In Nederland aangekom, het hulle die gewerskaf in alle erns begin. Anna Uitde Haag het vir Elisha gevra wat haar ervaringe in Suid-Afrika is, en voorgestel sy doen iets met “Het Dorp”.

Die lied handel oor Wiegersma se ervaring met sy terugkeer na Deurne, die dorp waar hy gebore is. Hy skryf in die eerste vers oor die idilliese plattelandse bestaan van die dorp tydens sy grootwordjare.

“Die skryfproses het baie organies gebeur. Ek besluit toe op ’n bedankingsbrief vir Nederland. Daar was baie gesprekke tydens die skryfproses en ons besluit toe om ook ’n gesprek te begin na die sing van hierdie lied.

Hier is Wiegersma se eerste twee strofes:

Thuis heb ik nog een ansichtkaart
Waarop een kerk een kar met paard
Een slagerij J. van der Ven
Een kroeg, een juffrouw op de fiets
Het zegt u hoogstwaarschijnlijk niets
Maar het is waar ik geboren ben
Dit dorp, ik weet nog hoe het was
De boerenkind’ren in de klas
Een kar die ratelt op de keien
Het raadhuis met een pomp ervoor
Een zandweg tussen koren door
Het vee, de boerderijen

So antwoord Zeeman:

In die goeie goue ou dae
was daar ’n plek sonder vrae
’n landskap Suid-Afrika
Tafelberg was onbewoon
die lug was nog skoon
Maar toe kom van Riebeeck hier troon

Die land se riviere was toe vol
Nêrens in sig was daar ’n mall
daar was nog leeus in die Laeveld
Geen standbeeld van ’n generaal,
geen bank om te betaal,
geen probleem met poes in ’n taal.

“Na afloop van die uitvoering is die mense gevra wie hulle dink die lirieke geskryf het. Almal dink dan dis Kyle, maar nee, ek het dit geskryf. Party het gedink dis vreemd, want hoekom sal jy [as wit persoon] so iets sê. Ander het weer gevoel dit is wel my reg om dit te sê.”

Elisha vind haar nis in die omskakeling van hierdie sake na vraagstukke. Spesifiek die kwessies wat sy aan haar eie vel voel en al gevoel het. Diskriminasie, veroordeling (beide seksueel en rasgewys), ’n lakse houding teenoor omgewingsbewustheid en die verwaarlosing van die kunste as ’n belangrike hoeksteen in ’n morele samelewing. “Ek het ’n tyd gelede aan ’n produksie gewerk en daar was rassistiese optrede teenoor van die werkers. Die seniorpersoneel het my beswaar geïgnoreer.”

Sy het dan ook die regte loopbaan gekies waar sulke dinge gesê mág word. Sy het haar dramastudie by die Universiteit Stellenbosch voltooi en ook ’n honneursgraad in kabaret verwerf.

Haar groot liefde is egter poppeteater. “Poppeteater en kabaret is na aan mekaar. Albei het met die karikature en die groteske te doen. Met poppe is dit belangrik om uitdrukking op ’n fisieke of visuele manier te skep, en wanneer ek skryf, moet ek daardie uitdrukking in woorde vind.”

Die struikelende ekonomie is geen kunstenaar se maat nie en Elisha moes planne maak.  En dié planne is in ’n dakkamer beklink. Sy en drie van haar vriende stig net daar The Loft Puppet Company en besluit om poppespel vir die res van hulle lewens te doen. Hierdie inisiatief beywer hom vir geregtigheid op vele terreine.

Hulle visie word so verklaar op hulle webtuiste: “The Loft Puppet Company is a human and animal rights organisation that makes use of the art of puppetry to create a culturally and educationally inclusive and diverse theatre experience, to encourage and motivate social change.”

Terug by die parodie. Ek vra haar hoe sy, losstaande van haar “liefdesbrief”, haar rol in die Suid-Afrikaanse kabaretwêreld beskou.

“Dit gaan nie oor vingerwys nie. Jy moet krities na jouself kyk. Ek lewer kommentaar op die geskiedenis en ander sensitiewe kwessies. Daarmee sê ek nie ‘julle is verkeerd en ek is reg’ nie. In my parodie probeer ek die mense te lei om self te erken wat jou voorregte is en wat jy daarmee doen, om mense op te lig en om die wêreld ’n beter plek te maak.”

En hoekom begeef sy haar steeds in hierdie uitdagende beroep?

“Dit is nie ’n keuse nie. As dit was, sou ek dit nie gedoen het nie.”

Bron:

Laetitia Pople. Beeld, 29 Maart 2017. https://www.pressreader.com/@nickname11962015/csb_UZHEDo6kC0kaPHUNzXFX1m0KgMhYLRTf4t-FsIuzpzlmdptd-IpMAKLP3SnDUAr6.

.................................

Die oorspronklike Nederlandse lirieke van “Het dorp”:

Thuis heb ik nog een ansichtkaart
Waarop een kerk een kar met paard
Een slagerij J. van der Ven
Een kroeg, een juffrouw op de fiets
Het zegt u hoogstwaarschijnlijk niets
Maar het is waar ik geboren ben
Dit dorp, ik weet nog hoe het was
De boerenkind’ren in de klas
Een kar die ratelt op de keien
Het raadhuis met een pomp ervoor
Een zandweg tussen koren door
Het vee, de boerderijen

Refrein 

En langs het tuinpad van m’n vader
Zag ik de hoge bomen staan
Ik was een kind en wist niet beter
Dan dat het nooit voorbij zou gaan

Wat leefden ze eenvoudig toen
In simpele huizen tussen groen
Met boerenbloemen en een heg
Maar blijkbaar leefden ze verkeerd
Het dorp is gemoderniseerd
En nou zijn ze op de goeie weg
Want ziet, hoe rijk het leven is
Ze zien de televisiequiz
En wonen in betonnen dozen
Met flink veel glas, dan kun je zien
Hoe of het bankstel staat bij Mien
En d’r dressoir met plastic rozen

Refrein 

En langs het tuinpad van m’n vader
Zag ik de hoge bomen staan
Ik was een kind en wist niet beter
Dan dat het nooit voorbij zou gaan

De dorpsjeugd klit wat bij elkaar
In minirok en beatle-haar
En joelt wat mee met beat-muziek
Ik weet wel het is hun goeie recht
De nieuwe tijd, net wat u zegt
Maar het maakt me wat melancholiek
Ik heb hun vaders nog gekend
Ze kochten zoethout voor een cent
Ik zag hun moeders touwtjespringen
Dat dorp van toen, het is voorbij
Dit is al wat er bleef voor mij
Een ansicht en herinneringen

Refrein 

Toen ik langs het tuinpad van m’n vader
De hoge bomen nog zag staan
Ik was een kind, hoe kon ik weten
Dat dat voorgoed voorbij zou gaan

.................................

Elisha Zeeman se verwerking: “Die Dorp”:

In die goeie goue ou dae
was daar ’n plek sonder vrae
’n landskap Suid-Afrika
Tafelberg was onbewoon
die lug was nog skoon,
Maar toe kom van Riebeeck hier troon

Die land se riviere was toe vol
Nêrens in sig was daar ’n mall
daar was nog leeus in die Laeveld
Geen standbeeld van ’n generaal,
geen bank om te betaal,
geen probleem met poes in ’n taal

Refrein

En ja, daar was velde sonder snelweë
Daar was geen parlement gewees
die mense het geleef in vrede
Ja, hul het niks gevrees

Nou is daar soveel verkeer
Probleme met die weer
Die hel daal om ons neer
Maar blykbaar was Afrika verkeerd
Julle het ons gemoderniseer
Ons het so baie by jul geleer

En kyk hoe lyk die lewe nou
Ons Maandae so blou
Die townships langs die highway
Wat oorspoel wanneer dit reën
Die sinkplate het geen steun
Ons bid maar vir die Heer se seën

Refrein

Ja kyk, ons sê net dankie
Vir al die wonderlike goed
Dit is werklik net ’n voorreg
Maar ignoreer net al die bloed

Die mense haat mekaar
Rassisme nie net hier en daar
Apartheid is nog lank nie klaar
Maar dit is als nie net sleg
Dit gee ons materiaal om mee te terg
So dit maak alles sommer reg

So, voor ons afsluit met die lied
Daar is nog een grap om te geniet
Want lag is medisyne
Jul het ons geleer van kleur
Bruin is min en wit is meer
Wit mag kaassmeer op sy broodjie smeer

Ja ons sê dankie vir die kaassmeer
Ons sê baie dankie vir wit brood
Ons sê ook dankie Unilever
Vir al die kak wat aan die wit man behoort

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top