Muziek
Persverklaring: Musiekvideo van "Hoe gaan dit" deur Arno Carstens
2024-03-07’n Persoonlike vriend, wat landuit is, het Carstens geïnspireer om hierdie besonderse liedjie te skryf. "Hoe gaan dit" delf in die rou emosies en leemtes wat gelaat word deur vriende wat geëmigreer het.
Persverklaring: Stef Bos en Luna Paige by die Adam Small Teaterkompleks
2024-03-04Met die sterk Nederlandse bande inaggenome, het dit sin gemaak om Suid-Afrika se gunsteling Nederlander, Stef Bos, te nooi om die gaste met sy roerende musiek te vermaak.
Uitvoergehalte: In gesprek met Amandala oor "Bloukopkoggelmander"
2023-12-13"My pa het pragtige skilderye geverf met olieverf. Hy was ’n opregte kunstenaar wat lief was vir kuns en musiek en die natuur. Hy was ’n weeskind wat nooit die geleentheid gehad het om musiek te doen nie. Hy wou graag vir my geleenthede gee wat hy nie gehad het nie."
Uitvoergehalte: Brixton Moord en Roof se Strate sonder bome
2023-12-12"Musiek is soms mos maar iets wat ons help om dinge te probeer verwerk wat nie eintlik verwerkbaar is nie of om iets te probeer verwoord wat nie verwoord kan word nie."
Uitvoergehalte: Kirky van Kirkwood se "Song vir Ma"
2023-12-06"Die regte mense kom toe op die regte tyd, sewe jaar later, oor my pad en ewe skielik kon ek my eerste woorde oor die verlies van my ma uitkry. Die skryf van 'Song vir Ma' was soos ’n diep uit-asem vir my."
Uitvoergehalte: “Wil jy sien hoe lyk die hemel” deur Christof Berg
2023-11-30"Karel Schoeman het ’n onvergeetlike rol in my lewe gespeel. Sy geselskap het my altyd vol vrae gelaat. Ons was baie goeie vriende gewees en het dieselfde belangstelling in kuns gedeel."
Uitvoergehalte: "Sal jy?" deur André Schwartz
2023-11-24"Jy slaan die spyker op die kop – dit is inderdaad ’n kunsfilm in die kleine. Ek kan met oortuiging sê dat daar beslis nog nie so ’n video in Afrikaans gemaak is nie."
Film Festival voor het Afrikaans 2023 | My broer, Gertjie: ’n filmresensie
2023-11-16"My broer, Gertjie is eerder ’n portret van ’n sanger en digter, maar ook ’n enigmatiese mens, ’n skaam mens wat werklik nie roem najaag nie. Die keuse om die film in swart en wit te skiet, dra daartoe by."
Memphis – geboorteplek van rock ’n roll en tuiste van die blues
2023-09-29"My reis het eintlik al in Parow, Kaapstad van alle plekke begin. Die platewinkel Melody Inn in Voortrekkerweg was my kerk. ’n Byna magiese plek waar ek op twaalfjarige ouderdom die eerste keer 'You shook me' van Led Zeppelin gehoor het. Dit was asof ’n skakelaar iewers diep binne my aangeskakel het en sedertdien nooit weer afgeskakel het nie. Ek sou later eers hoor dat dit oorspronklik ’n Willie Dixon-komposisie is. Dit het my op ’n ontdekkingstog gelei na die legendariese blues-musikante van Memphis en omstreke."
Persverklaring: Sy hart met ’n wye boog terug na Suid-Afrika
2023-08-30Die musiekfees, "Festival voor het Afrikaans", noem hom een van die belangrikste rolspelers onder Afrikaanse musikante tussen Suid-Afrika, België en Holland.
An interview with Nina Schumann
2023-06-29What are Nina Schumann’s dreams? Izak de Vries asked her that, and a few other questions.
Moderne Suid-Afrikaanse musiek in Gqeberha
2023-01-25"Ons hoor so dikwels snedige opmerkings oor dekolonisering. Dinsdagaand se optrede het gewys dat ’n oop en vernuwende manier van dink oor musiek ontsettend positief kan wees. Daar is nie slagspreuke rondgestrooi nie, daar was bloot uitstekende musikante van Suid-Afrika wat die bekende van Europa gemeng het met klanke, ritmes en tegnieke uit Afrika."
Aus Tebza speel harte warm op die Nasionale Kunstefees
2022-06-27"Aus Tebza is die verhoognaam van Tebogo Sedumedi, wat in Krugersdorp grootgeword het. Sy het op 15-jarige ouderdom reeds geweet dat sy eendag haar eie groep wou lei, maar het eers haar skoolgeld betaal deur vir 12 jaar vir Hip Hop Pantsula (ook bekend as HHP) die baskitaar te laat brom."
Persbericht: Meet and greet met Early B en Van Pletzen!
2022-06-02Maak kennis met drie van de grootste namen in de Afrikaanse muziekscene met een live Q&A and signeersessie in het Zuid-Afrikahuis! Er is beperkt plek, dus meld je snel aan!
Persverklaring: David Kramer skryf en neem ’n spesiale liedjie op vir die donkies by Eseltjiesrus
2022-05-09"Ek het nog altyd ’n sagte plekkie vir donkies gehad," sê David Kramer. "As kind het ek hulle gereeld donkiekarre sien trek, daar is op hulle geskree en hulle is geslaan. Hulle het altyd so moeg en verwaarloos gelyk. Dit was vir my onregverdig dat hulle so mishandel is."
Persbericht: Kurt Darren en Dewald Wasserfall geven concert in Nederland
2022-05-03"Echter, de meeste optredens zijn toch wel door Kurt Darren verzorgd. Want naast veel Zuid-Afrikanen komen er ook opvallend veel Nederlanders naar zijn optredens kijken."
Musici van die Oos-Kaap bekoor saam met Richard Cock
2022-04-27"Cock is ook betrokke by verskeie liefdadigheidsaksies. Talle van sy konserte word gebruik om fondse vir ’n groot aantal projekte in te samel. Besoekers aan Suid-Afrika kan gerus enige konsert van Richard Cock bywoon. Dit is wêreldklas."
Bernard Haitink is oorlede – en nog nuus uit die Lae Lande
2021-10-27"Die Nederlandse dirigent Bernard Haitink is oorlede. In ander nuus: ’n navorsingsprojek oor gravitasiekolke, ’n man met ’n kapmes was aggressief teenoor medereisigers op ’n trein, nuwe inperkings spesifiek vir mense wat nie ingeënt is nie, plastiek word uit die see verwyder en die polisie in Rotterdam het verlede Donderdag 75 sokkerondersteuners in hegtenis geneem."
Jou land, my land: Bos as brugbouer tussen Nederland, België en Suid-Afrika
2021-06-24"Stef Bos se vertoning My land is jou land het Sondag 20 Junie 2021 virtueel in die Atterbury-teater geopen. Die konsert is aanlyn en enigeen kan vir slegs R120 op ’n reis deur Suid-Afrika en ’n deel van Namibië gaan."
Mediaverklaring: ’n “Venster” op vreemde tye
2020-12-23In hierdie tyd van begrensing en inperking deel Willemien haar musiekvideo “Venster” met Voertaal se lesers.