........
En hier is dit nou meer as ’n jaar sedert die ANC se laaste leierskapkonferensie in Desember 2022 en vyf jaar vandat die ANC die vorige algemene verkiesing met Ramaphosa as leier in Mei 2019 gewen het. Dit is ook 30 jaar nadat die party vir die eerste keer aan die bewind gekom het – in April 1994, maar nog nooit tevore was die party onder soveel druk om sy magsposisie te behou nie.
........
Presies hoeveel politieke lewens Suid-Afrika se vorige president, Jacob Zuma, nog oor het, is ’n raaiskoot wat ’n mens op eie risiko neem, want hier is hy al weer; dié keer in die gewaad van die nuutgestigte uMkhonto we Sizwe-party (MK).
Blaai jy deur die Voertaal-argiewe, dan sien jy dat hierdie bydraer middel Oktober 2022 oor die “kat van Nkandla” geskryf het toe die departement van korrektiewe dienste aangekondig het dat hy sy vonnis van 15 maande tronkstraf uitgedien het. Maar dit bly ’n kwessie wat die wenkbroue laat lig, want hy was beswaarlik fisies agter tralies: eers in die tronkhospitaal, toe op mediese parool, en toe is die vonnis, presidensiële korting afgetrek, oor en verby.
“Die ou kat van Nkandla wys duidelik dat hy geen voorneme het om homself met die lewe van ’n afgetredene besig te hou nie, dag ná dag met sy kleinkinders te speel of sy kudde beeste te bewonder nie,” het ek destyds geskryf. Hoe dit eerder voorgekom het, was dat Zuma “nuwe energie geput het (of wraak gekweek het) uit die vernedering van opgesluit word in ’n demokratiese bestel, soos destyds in die apartheidsera”.
Dit was in die aanloop tot die ANC se nasionale leierskapskonferensie en Zuma was stert in die lug omdat hy nog geglo het sy eksvrou en voorkeurkandidaat in die 2017-leierskapsverkiesing, Nkosazana Dlamini-Zuma, het in Desember 2022 ’n beter kans gestaan om pres Cyril Ramaphosa te klop. Toe nou nie. Ramaphosa het in 2017 met ’n skamele 179 stemme teen Dlamini-Zuma geseëvier; in 2022 het sy haar nominasie van die hand gewys en was Ramaphosa se teenstander sy voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, vroeër in die pad gesteek weens bewerings van korrupsie.
Die uitslag dié keer was 2 476 teen 1 897 in Ramaphosa se guns. Nou het hy rede gehad om te glo dat hy sy program van hernuwing en herstel ongehinderd kon begin uitvoer – binne die ANC én wat die staatsadministrasie en -dienslewering betref, asook om groter partyeenheid te probeer bewerkstellig. Helaas het verdeeldheid in ’n party waar daar soveel op die spel is egter ’n wil van sy eie, en in sulke omstandighede loop hernuwing en herstel sleepvoet.
........
Die druk oor wedywering vir kiesers se steun in die komende verkiesing op 29 Mei kom nie slegs van bestaande opposisiepartye nie. Hierdie keer is nuwe rolspelers ook ter sprake, waarvan een in Desember verlede jaar deur niemand anders nie as Jacob Zuma aangekondig is. Wat die kat in die duiwehok losgelaat het, is die keuse van ’n naam vir die nuwe party: uMkhonto we Sizwe, oftewel die MK-party, wat “geleen” word by die voormalige militêre vleuel van die ANC.
........
Tussendeur bly die Phala Phala-skandaal aan Ramaphosa knaag. Dit het te doen met ’n vreemde kooptransaksie wat in Desember 2019 op sy wildplaas sou plaasvind. Maar dié “transaksie” sou eers aan die lig kom toe ’n voormalige intelligensiebaas, Arthur Fraser, die veiligheidsagentskappe in 2022 daarop attent gemaak het dat vermoedelik meer as $4 miljoen in Februarie 2020 uit Ramaphosa se private woning op die plaas gesteel is. Tot nou is die president deur agentskappe soos die Inkomstediens en Openbare Beskermer vrygespreek, maar ’n onafhanklike geregtelike parlementêre ondersoek het ernstige vrae oor die saak en sy hantering daarvan gevra, terwyl die strafregtelike ondersoek nog nie afgehandel is nie.
En hier is dit nou meer as ’n jaar sedert die ANC se laaste leierskapkonferensie in Desember 2022 en vyf jaar vandat die ANC die vorige algemene verkiesing met Ramaphosa as leier in Mei 2019 gewen het. Dit is ook 30 jaar nadat die party vir die eerste keer aan die bewind gekom het – in April 1994, maar nog nooit tevore was die party onder soveel druk om sy magsposisie te behou nie.
Die druk oor wedywering vir kiesers se steun in die komende verkiesing op 29 Mei kom nie slegs van bestaande opposisiepartye nie. Hierdie keer is nuwe rolspelers ook ter sprake, waarvan een in Desember verlede jaar deur niemand anders nie as Jacob Zuma aangekondig is. Wat die kat in die duiwehok losgelaat het, is die keuse van ’n naam vir die nuwe party: uMkhonto we Sizwe, oftewel die MK-party, wat “geleen” word by die voormalige militêre vleuel van die ANC. Vanselfsprekend dra dit nie die goedkeuring van die ANC weg nie, want selfs al bestaan die voormalige MK lank nie meer nie, behoort dié naam aan die party, betoog hulle die afgelope Dinsdag in ’n hofgeding waaroor nog uitspraak gelewer moet word.
........
Die eertydse nommer-een-burger van die land is nou MK se nommer-een-kandidaat. Grondwetlik sal hy egter nie kwalifiseer om weer president te word nie weens die beperking van twee termyne, maar dat hy wel sy terugkeer tot die parlement kan maak, is so na aan ’n uitgemaakte saak as wat jy kan kry.
........
En net so is Zuma weer behoorlik terug in die politieke kollig. Uitgeslape soos hy is, het hy met sy openbare steunverklaring aan die MK-party so ewe vertel dat hy steeds ’n lid van die ANC bly. Máár vir “die ANC van Ramaphosa” sal hy oor sy dooie liggaam nie stem nie; hy stem eerder vir uMkhonto we Sizwe. In reaksie op sy uitlatings, is hy van sy ANC-lidmaatskap gestroop – hoewel ook eers werklik toe dit rugbaar word dat hy in die verkiesing as ’n kandidaat vir MK gaan staan. Die eertydse nommer-een-burger van die land is nou MK se nommer-een-kandidaat. Grondwetlik sal hy egter nie kwalifiseer om weer president te word nie weens die beperking van twee termyne, maar dat hy wel sy terugkeer tot die parlement kan maak, is so na aan ’n uitgemaakte saak as wat jy kan kry.
Elke nuwe peiling wys dat MK se steun ongelooflik groei. Behalwe dat hulle spesifiek in die Zoeloe-“tuisprovinsie”, KwaZulu-Natal, na verwagting ’n oorwinningslied sal kan sing, word ook voorspel dat hulle op nasionale vlak – saam met die ANC, DA en EFF – ’n prominente invloed sal kan uitoefen. In die EFF se geskiedenis is daar ’n presedent: Toe hulle ses maande nadat hulle gestig is in die 2014-verkiesing ’n verrassende 25 setels verower het (in vergeleke met die ANC se 249 en die DA se 89), het die oë van politieke waarnemers gerek – en toe verhoog hulle boonop hul aantal setels in die 2019-verkiesing na 44 (teenoor die ANC en DA se verminderde aantal setels van onderskeidelik 230 en 84).
........
Elke nuwe peiling wys dat MK se steun ongelooflik groei. Behalwe dat hulle spesifiek in die Zoeloe-“tuisprovinsie”, KwaZulu-Natal, na verwagting ’n oorwinningslied sal kan sing, word ook voorspel dat hulle op nasionale vlak – saam met die ANC, DA en EFF – ’n prominente invloed sal kan uitoefen.
........
Of die ANC én die DA daarvan hou of nie, is daar vir albei partye meer rede tot bekommernis as wat hulle sal erken. Die ANC kan homself wel beroep op “30 jaar se dienslewering” en hoedat Zuma se nege jaar aan bewind groot skade aan die ekonomie en staatsinstellings aangerig het; omgekeerd sou die DA die MK-geleentheid kon gebruik om kiesers te maan teen ’n potensiële linkse koalisie, bestaande uit die EFF- en MK-party.
Maar in werklikheid word sowel die ANC as die VPH (met die DA aan die spits daarvan) se kanse op behoorlike of groter steun verminder deur die “kat van Nkandla” se nuutste politieke truuk.
Die melk loop al teen die snor af.