Heindrich Wyngaard

Heindrich Wyngaard is ’n Afrikaanse TV- en radio-aanbieder, asook ’n rubriekskrywer.  

Orania maak nou die oë oop – oor selfdoen

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-02-24

"Die subteks was duidelik: dit was bedoel om aan te dui hoedat die (wit, Afrikaner-) inwoners van hierdie dorp self moue oprol en paaie bou, soos wat hulle met elke ander vorm van infrastruktuur en elke vorm van dienslewering doen. Selfdoen en selfonderhoudend wees, is die motto."

Nou maak beurtkrag nuwe kragte in SA los

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-02-01

"Beurtkrag diskrimineer nie op grond van ras nie, ook nie op grond van ekonomiese status nie. En dis nie asof jy krag by die bure kan gaan leen as hulle dalk ’n binnenshuise opwekker of die raserige opwekkers buite het nie. Saamstaan is dus die enigste uitweg – en dit is saamstaan wat die regering gedwing het om die verwagte styging in die elektrisiteitsprys, hoewel reeds goedgekeur, op ys te laat plaas. Saamstaan het dus reeds resultate opgelewer, maar dinge kan nie daar gelaat word nie, aangesien dit nog nie die einde van beurtkrag beteken nie."

#Staatsrede2023: Hoe staan sake in SA?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-01-16

"Dit het wel by hom opgekom om die pos van die bestuurshoof van Eskom, asof dit die rede vir De Ruyter se bedanking was, as ’n 'moeilike werk' te bestempel. Nuus pas in, wat ’n aanduiding van ’n kopskuif aan die kant van die president is, is dat Ramaphosa besluit het om nie die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarlikse Januarie-beraad in Davos by te woon nie. Hy wil eerder aan die energiekrisis aandag gee – net soos wat hy in September verlede jaar sy reis na Amerika en Engeland kortgeknip het om, déjà vu, aan die energiekrisis aandag te gee. Maar vra jy Suid-Afrikaners of hulle enige verandering sedertdien ervaar het, sal hulle jou met ’n fronsende uitdrukking aanstaar."

Is nuwe ANC-leiers Suid-Afrika se wys(st)e manne en vroue?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-12-22

"Kom Ramaphosa, Mbalula, en die res van die ANC-leiers se gebruik van begrippe soos 'hernuwing' net maar neer op Arundhati Roy se verwysing na 'die diefstal van woorde'?"

Die langste (politieke) week wag op Suid-Afrika

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-12-08

"Die politiek bly onvoorspelbaar."

Die verhaal van Janusz en Jacob

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-11-22

"Omdat die onderhandelaars met ons land se oorgang op ’n grondwetlike bestel ooreengekom het – moet ons hulle te alle tye, ongeag hoe die bestel ook al in sommige opsigte te kort skiet, altyd daarvoor eer. Ongeag of jou naam Janusz of Jacob is."

Wat staan Krotoa se mense te doen oor die afskaling van Afrikaans?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-11-14

"Nodeloos om te sê, sal dit min help as die gewoontestryders teen die benadeling van die taal en sy sprekers ook hierdie keer voor in die ry van kapsiemakers stelling inneem. Ander inheemse stemme moet nou na vore tree – soos die bruin, Afrikaanssprekende afstammelinge van Krotoa."

Die kat (van Nkandla) kom weer ...

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-10-14

"Ramaphosa moet die kat mooi uit die boom uit kyk, want Zuma is geen kat om sonder handskoene aan te pak nie."

Die albatros(se) om Ramaphosa se nek

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-09-09

"Die dood van die Britse monarg koningin Elizabeth II mag Ramaphosa dalk bietjie langer landuit hou, wie weet, as haar begrafnis saamval met sy beplande terugkeer huis toe. Selfs dán sal hy steeds ingewag word deur die opposisie, die parlement, die Valke, die OB, die Reserwebank, en teenstanders vanuit die geledere van die ANC. Die Phala Phala-albatros sal nog ’n ruk lank om sy nek bly hang."

Die "hubriste" en "helde" in die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-08-23

"Die week begin met die teks aan die onderkant van die televisieskerm wat kykers daaraan herinner dat presies ’n jaar verloop het sedert die sluipmoord op die teenkorrupsie-fluitjieblaser Babita Deokaran in Johannesburg ... Háár soort is die keersy van die gesig van korrupsie."

Sodat ons nie die rol van Krotoa in die Kaapse geskiedenis sal vergeet nie

Heindrich Wyngaard Meningen 2022-08-12

"Dié treurlied (of teregwysing) spruit voort uit die Vrouedag-byeenkoms die afgelope Dinsdag by die Kasteel de Goede Hoop in die Kaapse stadskern, digby die ewe historiese Parade en die stadsaal aan die anderkant van Darlingstraat. Hiertydens is die nalatenskap van ’n uitsonderlike vroue-Khoisan-ikoon gevier – ’n geleentheid wat byna ongesiens verbygegaan het. Haar naam was Krotoa, ook bekend as Eva (haar 'doopnaam'); en Van Meerhof is sy getroud."

Ramaphosa kort straks "kragdadigheid" vir sy kragplan

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-07-28

"Uiteindelik dui sy (langverwagte) aankondiging van die kragplan heel moontlik veral daarop dat ’n staatshoof nie noodwendig 'daadkragtig' of 'kragdadig' hoef op te tree om op beslissende of kragtige wyse leiding te gee nie. Maar dalk sal dit juis nodig wees om te verseker dat die plan tot spoedige en suksesvolle uitvoering kom."

Het die nag vir Suid-Afrika aangebreek?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-07-08

"Hier sit ons nou, almal tesame, arm en ryk, sonder aansiens des ras, geloof of geslag, gyselaars van die oorblyfsels van staatskaping en voortgesette ondermyning van enige poging om herstelwerk te doen."

’n Toets vir Afrikaans se goeie kant

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-06-15

"Maar ek vermoed dat die Ryanair-omstredenheid ook aan die Afrikaanssprekende gemeenskap ’n geleentheid bied om die goeie van die taal op die voorgrond te plaas. Ons moet die slegte publisiteit teenwerk deur die (Engelssprekende) wêreld daaraan te herinner dat Afrikaanssprekendes hul taal omvorm het van ’n 'minderwaardige', 'kombuis' en verdelende taal tot ’n wetenskaps-, sake-, innoverings-, kreatiewe, versoenings- en toekomsgerigte taal; ’n taal wat verwelkomend, insluitend en omhelsend aanslae trotseer, vanself opstaan, afstof en aanhou vorentoe beur."

Handevat vir goeie hoop, 370 jaar ná Van Riebeeck

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-05-23

"Bruin mense kan tog na hulself omsien, dinge vir hulself doen. Hulle het nie die 'baas' se beterweterigheid of beste praktyke nodig nie. ’n Mens móét begrip vir die agterdog hê: Ons almal is immers goed vertroud met die land se geskiedenis – en dit strek tot by die aankoms aan die Kaap de Goede Hoop op 6 April 1652 van Jan van Riebeeck en sy VOC-geselskap. Maar wat is die geskiedenis tog?"

Top