Sodat ons nie die rol van Krotoa in die Kaapse geskiedenis sal vergeet nie
2022-08-12"Dié treurlied (of teregwysing) spruit voort uit die Vrouedag-byeenkoms die afgelope Dinsdag by die Kasteel de Goede Hoop in die Kaapse stadskern, digby die ewe historiese Parade en die stadsaal aan die anderkant van Darlingstraat. Hiertydens is die nalatenskap van ’n uitsonderlike vroue-Khoisan-ikoon gevier – ’n geleentheid wat byna ongesiens verbygegaan het. Haar naam was Krotoa, ook bekend as Eva (haar 'doopnaam'); en Van Meerhof is sy getroud."
Ramaphosa kort straks "kragdadigheid" vir sy kragplan
2022-07-28"Uiteindelik dui sy (langverwagte) aankondiging van die kragplan heel moontlik veral daarop dat ’n staatshoof nie noodwendig 'daadkragtig' of 'kragdadig' hoef op te tree om op beslissende of kragtige wyse leiding te gee nie. Maar dalk sal dit juis nodig wees om te verseker dat die plan tot spoedige en suksesvolle uitvoering kom."
Het die nag vir Suid-Afrika aangebreek?
2022-07-08"Hier sit ons nou, almal tesame, arm en ryk, sonder aansiens des ras, geloof of geslag, gyselaars van die oorblyfsels van staatskaping en voortgesette ondermyning van enige poging om herstelwerk te doen."
’n Toets vir Afrikaans se goeie kant
2022-06-15"Maar ek vermoed dat die Ryanair-omstredenheid ook aan die Afrikaanssprekende gemeenskap ’n geleentheid bied om die goeie van die taal op die voorgrond te plaas. Ons moet die slegte publisiteit teenwerk deur die (Engelssprekende) wêreld daaraan te herinner dat Afrikaanssprekendes hul taal omvorm het van ’n 'minderwaardige', 'kombuis' en verdelende taal tot ’n wetenskaps-, sake-, innoverings-, kreatiewe, versoenings- en toekomsgerigte taal; ’n taal wat verwelkomend, insluitend en omhelsend aanslae trotseer, vanself opstaan, afstof en aanhou vorentoe beur."
Handevat vir goeie hoop, 370 jaar ná Van Riebeeck
2022-05-23"Bruin mense kan tog na hulself omsien, dinge vir hulself doen. Hulle het nie die 'baas' se beterweterigheid of beste praktyke nodig nie. ’n Mens móét begrip vir die agterdog hê: Ons almal is immers goed vertroud met die land se geskiedenis – en dit strek tot by die aankoms aan die Kaap de Goede Hoop op 6 April 1652 van Jan van Riebeeck en sy VOC-geselskap. Maar wat is die geskiedenis tog?"
Ubuntu, nie uitbuiting, in tye van mensenood
2022-04-22"Tonele van menslike lyding oor die wêreld heen flits daagliks oor televisieskerms. Dit strek van die oorlog in Oekraïne tot die jongste Islamitiese Staat-aanval in Afganistan en, nader aan die huis, die vernietiging en ontwrigting wat deur ongekende vloede in KwaZulu-Natal aangerig is ... En hoe laag het die land van Mandela-medemenslikheid nie gedaal nie dat selfs hulpbronne wat vir die verligting van swaarkry bedoel is, nie altyd veilig is in die hande van hulle wat betáál word vir die bestuur en beskerming daarvan nie."
Hoofregterstoel sal Zondo hiéroor perfek pas
2022-03-11"Die afgelope vier jaar het hy homself as voorsitter van die staatskapingkommissie (en teen die agtergrond van Mogoeng se manewales) eintlik reeds as hoofregter gevestig: ’n gesaghebbende, gebalanseerde, beredeneerde, intellektueel diepsinnige, eerbare en onbetwisbaar ervare regskundige."
Walus se aanhouding druis in teen Grondwet se "menslike" waardes
2022-02-25"Die vraag wat gevra moet word, is of Janusz Walus se volgehoue aanhouding geregverdig kan word. Tot wie se voordeel is dit? Word hy steeds as ’n gevaar vir die samelewing beskou? Gaan sy vrylating ou wonde vir die Hani-familie open? Omgekeerd: Verdien hy nie ook om, soos elke ander aangehoudene in Suid-Afrika, die reg op vrylating te hê wanneer en indien hulle aan die wetlike vereistes voldoen nie?"
Die "inploffing", óf die "reiniging" van die ANC (weens Zondo-verslae) sal korrupsie in Suid-Afrika help uitroei
2022-02-03"Magsmisbruik is nie ’n strafregtelike oortreding in Suid-Afrika nie."
Waar is Ramaphosa se vonk van aksie ná parlement brand?
2022-01-05"Dit is ongelukkig so dat Ramaphosa nie ’n baanrekord van dringende optrede het nie. Ook hiervoor, soos met Zuma se ongeërgdheid oor staatskaping, sal ons ’n prys betaal."
Om Omikron-gevolge met apartheid te vergelyk, is sensasioneel en onsin
2021-12-06"Niks kan vergelyk word met die sistemiese verontmensliking wat slagoffers van apartheid deurgemaak het nie."
"Die mense het gepraat" – en wát gesê?
2021-11-05"Maar die gevaarligte flik-flikker-flik oor die ongedurigheid by miljoene landsburgers wat nie die sin daarin sien om te gaan stem nie – en dit slegs 27 jaar nadat álle Suid-Afrikaners die grondwetlike reg bekom het om aan verkiesings deel te neem, ’n reg waarvoor Nelson Mandela 27 jaar agter tralies deurgebring het. Hoe moet hý in sy ewige rusplek hieroor voel?"
Belgiese Broos maak Bafana minder broos
2021-10-14"Soos wat sake nou staan, is daar genoeg rede om ten minste weer hóóp te mag hê dat 1996 weer ’n moontlikheid is – en dit is alles te danke aan die doelgerigte Belg met die misleidende van Broos."
Stem sommer bo-oor tuinhekkies
2021-08-19"Hier is ’n voorstel: Gebruik minibustaxi’s as mobiele stembusse om OVK-verkiesingsbeamptes (saam met partywaarnemers) rond te neem en kiesers toe te laat om sommer bo-oor hul tuinhekkies hul stemme uit te bring."
Die dood van ’n Suid-Afrikaanse illusie
2021-07-14"Maar daar was ook een onaangetekende sterfgeval, naamlik die dood van die illusie dat wat ons tans sien gebeur, nie tot nou in Suid-Afrika moontlik sou wees nie."