Amsterdam, Kaapstad en die COVID-19-pandemie
2021-01-13"Wanneer hierdie pandemie sélf eendag ter ruste gelê is en ons landsgrense weer vir besoekers oopgestel word, sal Amsterdammers en Kapenaars ’n rustige, dog indringende, gesprek kan hê oor wat laasgenoemde by eersgenoemde kan leer oor hoe om die stad se eie 'sporen van het slavernijverleden' meer sigbaar te maak."
Oor versoening en die "onbetaalde skuld"
2020-12-15"Moontlik ’n nog erger aanklag teen die ANC – of wag, teen die hele land en haar mense – is dat Versoeningsdag op 16 Desember geen werklike impak het as ’n dag waarop daar oor die 'groot trek' deur kolonialisme en apartheid en die menseregtevergrype wat daarmee gepaard gegaan het, gereflekteer behoort te word nie. Dit is veronderstel om ’n dag te wees waarop landsburgers besin oor 'onvoltooide vrede', haak-en-tak-eenheid en hoe sosiale kohesie bevorder kan word."
Motivering vir afgestigte Kaap dalk "die leuen van 2020"
2020-12-11"Die belangstelling (of is dit eerder omstredenheid?) wat The lie of 1652: A decolonised history of land, Patric Tariq Mellet se boek oor die vroeë koloniale geskiedenis van die Kaap, ontketen het, loop tesame met ’n ander, ewe opspraakwekkende verwikkeling."
Ramaphosa, ras en die apartheidspoke wat tot ruste moet kom
2020-11-13"Ramaphosa het dus goeie rede gehad om in sy antwoord op die vraag oor rasseverdeeldheid verder te benadruk dat die regering daarop ingestel is om die materiële ongelykheid tussen wit en swart Suid-Afrikaners te verminder."
Want daar is g’n "klein" of "groot" sonde in staatskaping nie
2020-10-24"Suid-Afrika se voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se voorstel vir amnestie vir sogenaamde 'ondergeskiktes' ten einde die 'groot visse' vas te trek, is uiteindelik ’n gedagte wat vasgeval is in die maalstroom van ’n denkskool wat glo dat daar 'klein sonde' en 'groot sonde' in die pleeg van korrupsie en staatskaping is."
Danny Titus (1957–2020): Nederland verloor ’n vriend
2020-09-24"Die verwerwing van sy doktorsgraad in die regte (LLD), ook aan die Rijksuniversiteit Leiden, het die weg voorberei vir ’n rol in die akademie en uiteindelik tog ook, hoewel ompad langs, ’n betrokkenheid in internasionale verhoudinge en diplomatieke praktyk in strukture van die Verenigde Nasies vir die belange van inheemse volkere."
’n Pluimpie vir Afrikaans ná sterk winde SA se “hoogste boom” tref
2020-09-03"Om te kan bly staan, het só ’n boom egter sterk wortels nodig – en seker vir die eerste keer sedert Ramaphosa in Februarie 2018 staatshoof geword het, toe Zuma gedwing is om te bedank, het hy Maandag stewig in die saal voorgekom."
Stryd teen COVID-19-korrupsie laat Ramaphosa sukkel om polities asem te haal
2020-08-12"Gewone mense behoort ’n regverdige kans gebied te word om met die staat sake te kan doen, glo die President – eerder as dat binne-inligting oor geleenthede voortydig en onregverdig met familie en vriende gedeel word. Dit is net so afstootlik, het hy beklemtoon, dat sakelui in sommige gevalle gedurende hierdie pandemie die prys van lewensreddende voorraad, soos gesigsmaskers, se pryse met tot 900% verhoog."
Wie hóé en wát drink, veroorsaak ’n korona-kopseer
2020-07-20"Maar daar is ’n vraag wat verdere bespreking verg, naamlik hoekom die regering alle drinkers oor een kam skeer as dit nie almal is wat drank onverantwoordelik gebruik nie."
Die stryd oor rook: ’n gewilde, dog ongesonde, tydverdryf
2020-06-11"Terwyl dit om verskillende redes is dat rook, sigarette en tabak op dieselfde tyd deel van die openbare gesprek in hierdie twee lande is, is daar wel ’n raakpunt, naamlik dat tabak deur Nederlandse ontdekkingsreisigers aan Suid-Afrika bekend gestel is, so ver terug as die dae toe ons land nog slegs deur die inheemse Khoekhoe bewoon is. Nou, vier eeue later, is tabak die onderwerp van ’n hofgeding wat die tabakhandelsorganisasie FITA teen die SA-regering aanhangig gemaak het."
Wat Amerika oor George Floyd se dood by Suid-Afrika kan leer
2020-06-04"Plaaslik – anders as met die George Floyd-situasie – was die fokus ook nie op die velkleur van die beweerde oortreders nie; en dáárin is nóg ’n belangrike onderskeid te tref."
Swaarkry, honger en die gevaar van onrus in die tyd van korona
2020-04-16"'Ons gaan nie van korona doodgaan nie,' het die inwoner haar en ander in haar gemeenskap se lot bekla. 'Ons gaan doodgaan van hongerte'."
Min gepla oor korona? En wat gebeur as die virus in ons gesig ontplof?
2020-03-27"Oor die volgende 20 dae sal ons weet waar ons staan."
EFF bederf FW se partytjie
2020-02-03"Daar is bloed aan sy hande", aldus die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).
Wat lê vanjaar voor vir Ramaphosa?
2020-01-21"[A]s hy dit nie doen nie, is die asblik van die geskiedenis heel moontlik sy voorland."
