Ubuntu, nie uitbuiting, in tye van mensenood
2022-04-22"Tonele van menslike lyding oor die wêreld heen flits daagliks oor televisieskerms. Dit strek van die oorlog in Oekraïne tot die jongste Islamitiese Staat-aanval in Afganistan en, nader aan die huis, die vernietiging en ontwrigting wat deur ongekende vloede in KwaZulu-Natal aangerig is ... En hoe laag het die land van Mandela-medemenslikheid nie gedaal nie dat selfs hulpbronne wat vir die verligting van swaarkry bedoel is, nie altyd veilig is in die hande van hulle wat betáál word vir die bestuur en beskerming daarvan nie."
Hoofregterstoel sal Zondo hiéroor perfek pas
2022-03-11"Die afgelope vier jaar het hy homself as voorsitter van die staatskapingkommissie (en teen die agtergrond van Mogoeng se manewales) eintlik reeds as hoofregter gevestig: ’n gesaghebbende, gebalanseerde, beredeneerde, intellektueel diepsinnige, eerbare en onbetwisbaar ervare regskundige."
Walus se aanhouding druis in teen Grondwet se "menslike" waardes
2022-02-25"Die vraag wat gevra moet word, is of Janusz Walus se volgehoue aanhouding geregverdig kan word. Tot wie se voordeel is dit? Word hy steeds as ’n gevaar vir die samelewing beskou? Gaan sy vrylating ou wonde vir die Hani-familie open? Omgekeerd: Verdien hy nie ook om, soos elke ander aangehoudene in Suid-Afrika, die reg op vrylating te hê wanneer en indien hulle aan die wetlike vereistes voldoen nie?"
Die "inploffing", óf die "reiniging" van die ANC (weens Zondo-verslae) sal korrupsie in Suid-Afrika help uitroei
2022-02-03"Magsmisbruik is nie ’n strafregtelike oortreding in Suid-Afrika nie."
Waar is Ramaphosa se vonk van aksie ná parlement brand?
2022-01-05"Dit is ongelukkig so dat Ramaphosa nie ’n baanrekord van dringende optrede het nie. Ook hiervoor, soos met Zuma se ongeërgdheid oor staatskaping, sal ons ’n prys betaal."
Om Omikron-gevolge met apartheid te vergelyk, is sensasioneel en onsin
2021-12-06"Niks kan vergelyk word met die sistemiese verontmensliking wat slagoffers van apartheid deurgemaak het nie."
"Die mense het gepraat" – en wát gesê?
2021-11-05"Maar die gevaarligte flik-flikker-flik oor die ongedurigheid by miljoene landsburgers wat nie die sin daarin sien om te gaan stem nie – en dit slegs 27 jaar nadat álle Suid-Afrikaners die grondwetlike reg bekom het om aan verkiesings deel te neem, ’n reg waarvoor Nelson Mandela 27 jaar agter tralies deurgebring het. Hoe moet hý in sy ewige rusplek hieroor voel?"
Belgiese Broos maak Bafana minder broos
2021-10-14"Soos wat sake nou staan, is daar genoeg rede om ten minste weer hóóp te mag hê dat 1996 weer ’n moontlikheid is – en dit is alles te danke aan die doelgerigte Belg met die misleidende van Broos."
Stem sommer bo-oor tuinhekkies
2021-08-19"Hier is ’n voorstel: Gebruik minibustaxi’s as mobiele stembusse om OVK-verkiesingsbeamptes (saam met partywaarnemers) rond te neem en kiesers toe te laat om sommer bo-oor hul tuinhekkies hul stemme uit te bring."
Die dood van ’n Suid-Afrikaanse illusie
2021-07-14"Maar daar was ook een onaangetekende sterfgeval, naamlik die dood van die illusie dat wat ons tans sien gebeur, nie tot nou in Suid-Afrika moontlik sou wees nie."
Wat is daar vir Nederland te leer uit wat Duitsland pas gedoen het?
2021-06-04"Is introspeksie deur ’n land van sy vergrype van die verlede egter voldoende?"
’n Nuwe pelgrimstog vir Suid-Afrika?
2021-04-07"Hierdie April kan op sy eie manier ’n bepalende oomblik in die geskiedenis van ons land aandui as Magashule en sy maters besluit om wel terug te veg en vir grootskaalse ontwrigting en sosiale onrus te sorg, soos wat hulle reeds dreig. Dit sal nie ’n Arabiese Lente wees nie, want dit is ’n politieke oorlog wat op geen opregte en geloofwaardige gronde gevoer word nie; en mag eiebelang tog nooit gemeenskaplike belang troef nie. Maar desperate mense maak, na die spreekwoord, benoude spronge."
Tito se tragiese twiet laat vrae ontstaan
2021-03-11"’n Omstander is Woensdag deur die polisie doodgeskiet gedurende ’n protesaksie deur studente van Wits-universiteit oor die beweerde finansiële uitsluiting van studente ... Die dood van die man gister in Braamfontein, Johannesburg, het óók die nuus gehaal omdat ... die minister van finansies, Tito Mboweni – daaroor getwiet het."
Dawid Stuurman-lughawe ’n goeie (regstel-)vertrekpunt
2021-02-24"Sommige mense meen ons het belangriker, groter kwessies as naamsveranderings om aan aandag te gee. Hulle is reg as hulle verwys na korrupsie, armoede, en sekerlik vandag die gevolge van die Covid-regulasies. Maar hulle is selektief in hulle teregwysing. Die groter, onafgehandelde saak of taak is die regstelling (geleenthede en waardigheid) en herverdeling (grond en welvaart) waarsonder Suid-Afrika nie sommer na ’n meer regverdige, meer gelyke samelewing vordering sal kan maak nie."
Die wáre "werklike stand" van die Suid-Afrikaanse nasie
2021-02-10"Die ekstase was tasbaar; die glimlagte breed. Die leiers en die land was in vuvuzelavervoering. Maar nou het die ballonne van pandemiebeheer wat in die atmosfeer vrygestel is, in die lug bo ons koppe gebars."
