Sodat die mense se stemme gehoor kan word
2025-07-14"Met ander woorde, die nasionale dialoog kan nie ’n gesprek van bo (regering) na onder (burgerlikes) wees nie, maar een waar almal gelyke inspraak het."
’n Anderse "familievergadering"
2025-06-17"Wat ons gedurende Covid ervaar het, was ’n eensydige affêre: Ramaphosa sou op die televisieskerm verskyn, agter die podium stelling inneem en dan sy verklaring aan ons voorlees. Wat nou moet gebeur, is dat almal in die familie ’n sê mag hê."
Noudat Suid-Afrika se reënboog sy glans verloor het, poets aflosspanne die land se beeld
2025-06-13"Ons moet die aflosspanbeeld inspan: 'Saamspan, vorentoe, Suid-Afrisamers'."
Die dag toe 49 "A(f)erikaners" op die vliegtuig geklim het
2025-05-16"Bestaan daar ’n sinvolle verklaring vir waarom Trump volhard daarmee om Afrikaners se grondwetlik beskermde bestaan in Suid-Afrika om te draai in een waar jy moet vrees vir jou lewe en jou besittings ... Net hy sal weet. Maar om ’n waagkans te vat: Miskien is dit sy manier om Suid-Afrika terug te kry vir die klag van volksmoord teen Amerika se bondgenoot Israel vir oorlogsdade wat dié land in die Gaza-strook pleeg."
Suid-Afrika, die land van kommissies?
2025-05-06"Ons land se geskiedenis met kommissies van ondersoek – uitgerekte sittings teen ongelooflike kostes, maar met weinig optrede nadat die kommissie se verslag afgehandel en aan die regering oorhandig is – maak Suid-Afrikaners egter baie skepties oor die president se aankondiging."
Paul Mashatile: ’n sluipmoordkomplot of politieke kulkuns?
2025-04-29"Dit is dus ’n aantyging wat nie ligtelik gemaak kan word en ook nooit ligtelik opgeneem mag word nie – onwaarskynlik soos wat dit ook al mag voorkom."
Sal Ramaphosa Trump se ego kan streel?
2025-04-15"Grasie is weliswaar nie noodwendig die vaardigheidstel wat in die tyd van Trump benodig word om 'diplomatieke' sukses te behaal nie; gedienstigheid sal dalk meer vrugte dra."
ANC en DA moes SA deur die RNE uit die gemors haal; nie verder laat verval
2025-04-14"Indien die RNE nou, ná slegs nege maande, sal vou of verswak, sal ons dieper in die gemors verval. En nie die ANC óf die DA sal hul hande in onskuld kan was nie."
Die geopolitieke gort is gaar tussen Suid-Afrika en Amerika en die einde is nog nie in sig nie
2025-02-17"En dit is wat tans aan bod is in die diplomatieke rusie tussen Amerika en Suid-Afrika: ’n ingewikkelde skaakspel waardeur albei lande probeer om die beste posisie te verkry en sodoende hul invloed uit te brei."
"[Amerika] is ons woning nie": Ramaphosa en Trump se trompop botsing
2025-02-04"Sonder dat hy enige besonderhede kon verskaf, beweer [Trump] dat die Suid-Afrikaanse regering die allerverskriklikste vergrype pleeg deur grond te gryp en deur die behandeling van 'sekere klasse' van landsburgers. ... Suid-Afrika voel reeds die Amerikaanse angel aan die bas met die uitvoerende bevele wat deur Trump onderteken is aangaande hulpverlening aan lande deur die USAID-agentskap."
Historiese slaagsyfer vir matrieks in ’n druipelingland
2025-01-17"En einde ten laas: Wat gaan ’n arbeidsmark met ’n werkloosheidsyfer van tussen 30% en 40% (afhangend van die definisie wat ingespan word) uit dié 'historiese' matriekslaagsyfer baat?"
Volgende jaar is ’n ander land
2024-12-12"Die groot onsekerheid waarmee ons 2025 binnegaan, is of die RNE staande gaan bly."
Het SA rede om te hoop op ’n vrolike feesgety?
2024-11-14"Hierdie skuif deur Ramaphosa dra egter ook vrugte of bied 'oorlewingsuurstof' aan sy party, want die DA- en ander RNE-ministers van ander partye se ingesteldheid tot doelgerigte dienslewering en letterlik ’n gehaas na resultate oplewer, gee ’n besonderse indruk van sy regering as ’n effektiewe, werkende een. Dit moet in sy guns tel."
Wie’s baas op die RNE-plaas?
2024-11-05"Hierdie 'enkele kompromis' sou kon verwys na een van drie moontlike beleidspunte, naamlik die nasionale gesondheidsversekering, die BELA-wet oor onder meer skole se taal- en toelatingsbeleid, of dalk ook buitelandse beleid."
"Zuma-manuskrip" steeds onvoltooid
2024-06-14"Wat politieke waarnemers en konstitusionaliste in die politiek en in die breër samelewing intussen ’n kollektiewe sug van verlugting sal laat slaak, is die vooruitsig dat ’n (ver)swak(te) MK van die mag ontneem sal word om sy ongrondwetlike agenda in werking te stel."
