"Nieuwkomers": Hoe om deur immigrasie die nuwe met die oue te versoen
2023-08-18"In wese kom dit daarop neer dat ruimte geskep moet word vir die nuwe, indien 'vreemde', tradisies en waardes wat saam met die 'nieuwkomers' aankom. Omdat dit nie ’n koloniale of imperiale inval is nie – nie Rusland wat op grondgebied beslag lê teen die bepalings van internasionale konvensies nie – is die versugting van die nuwelinge gewoon dat hulle hul geloof en gebruike moet kan uitleef. Of so wil dit voorkom ..."
Sidder die gerookte land
2023-07-14"Dit kan die terugkeer beteken van Msholozi se onheilspellende oorlogdans en strydlied (‘Umshini wami’) en sy gêgêgê-koggellaggie."
Zondo stel ’n goeie voorbeeld, zonder aarzeling, met staatskapingkritiek
2023-06-28"Die oproep wat die President daardie dag op elke landsburger gedoen het, was om die maatreëls te steun wat deur staatstrukture ingestel sou word 'om ons land terug te plaas op die weg van integriteit, transformasie en vordering'".
Iets goeds om op Vryheidsdag te vier?
2023-04-26"Terwyl Mandela met reëlmaat aangehaal word, is daar een spesifieke aanhaling van Hani wat darem ook ’n permanente staanplek ingeneem het in die galery van gróót uitsprake of toesprake: 'What I fear is that the liberators emerge as elitists who drive around in Mercedes Benz’s and use the resources of this country to live in palaces and to gather riches.'"
En hoor jy die #2024-verkiesingsklanke?
2023-04-17"Anders kan die opposisie maar koebaai sê vir die droom van ’n nasionale koalisie en moet Suid-Afrikaners hulle gereed maak vir die nagmerrie van nóg ’n ANC-termyn."
Orania maak nou die oë oop – oor selfdoen
2023-02-24"Die subteks was duidelik: dit was bedoel om aan te dui hoedat die (wit, Afrikaner-) inwoners van hierdie dorp self moue oprol en paaie bou, soos wat hulle met elke ander vorm van infrastruktuur en elke vorm van dienslewering doen. Selfdoen en selfonderhoudend wees, is die motto."
Nou maak beurtkrag nuwe kragte in SA los
2023-02-01"Beurtkrag diskrimineer nie op grond van ras nie, ook nie op grond van ekonomiese status nie. En dis nie asof jy krag by die bure kan gaan leen as hulle dalk ’n binnenshuise opwekker of die raserige opwekkers buite het nie. Saamstaan is dus die enigste uitweg – en dit is saamstaan wat die regering gedwing het om die verwagte styging in die elektrisiteitsprys, hoewel reeds goedgekeur, op ys te laat plaas. Saamstaan het dus reeds resultate opgelewer, maar dinge kan nie daar gelaat word nie, aangesien dit nog nie die einde van beurtkrag beteken nie."
#Staatsrede2023: Hoe staan sake in SA?
2023-01-16"Dit het wel by hom opgekom om die pos van die bestuurshoof van Eskom, asof dit die rede vir De Ruyter se bedanking was, as ’n 'moeilike werk' te bestempel. Nuus pas in, wat ’n aanduiding van ’n kopskuif aan die kant van die president is, is dat Ramaphosa besluit het om nie die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarlikse Januarie-beraad in Davos by te woon nie. Hy wil eerder aan die energiekrisis aandag gee – net soos wat hy in September verlede jaar sy reis na Amerika en Engeland kortgeknip het om, déjà vu, aan die energiekrisis aandag te gee. Maar vra jy Suid-Afrikaners of hulle enige verandering sedertdien ervaar het, sal hulle jou met ’n fronsende uitdrukking aanstaar."
Is nuwe ANC-leiers Suid-Afrika se wys(st)e manne en vroue?
2022-12-22"Kom Ramaphosa, Mbalula, en die res van die ANC-leiers se gebruik van begrippe soos 'hernuwing' net maar neer op Arundhati Roy se verwysing na 'die diefstal van woorde'?"
Die verhaal van Janusz en Jacob
2022-11-22"Omdat die onderhandelaars met ons land se oorgang op ’n grondwetlike bestel ooreengekom het – moet ons hulle te alle tye, ongeag hoe die bestel ook al in sommige opsigte te kort skiet, altyd daarvoor eer. Ongeag of jou naam Janusz of Jacob is."
Wat staan Krotoa se mense te doen oor die afskaling van Afrikaans?
2022-11-14"Nodeloos om te sê, sal dit min help as die gewoontestryders teen die benadeling van die taal en sy sprekers ook hierdie keer voor in die ry van kapsiemakers stelling inneem. Ander inheemse stemme moet nou na vore tree – soos die bruin, Afrikaanssprekende afstammelinge van Krotoa."
Die kat (van Nkandla) kom weer ...
2022-10-14"Ramaphosa moet die kat mooi uit die boom uit kyk, want Zuma is geen kat om sonder handskoene aan te pak nie."
Die albatros(se) om Ramaphosa se nek
2022-09-09"Die dood van die Britse monarg koningin Elizabeth II mag Ramaphosa dalk bietjie langer landuit hou, wie weet, as haar begrafnis saamval met sy beplande terugkeer huis toe. Selfs dán sal hy steeds ingewag word deur die opposisie, die parlement, die Valke, die OB, die Reserwebank, en teenstanders vanuit die geledere van die ANC. Die Phala Phala-albatros sal nog ’n ruk lank om sy nek bly hang."
Die "hubriste" en "helde" in die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika
2022-08-23"Die week begin met die teks aan die onderkant van die televisieskerm wat kykers daaraan herinner dat presies ’n jaar verloop het sedert die sluipmoord op die teenkorrupsie-fluitjieblaser Babita Deokaran in Johannesburg ... Háár soort is die keersy van die gesig van korrupsie."