
Links bo: Johnny Clegg (Foto: Gorupdebesanez [CC BY-SA 3.0], via Wikimedia Commons); Foto’s van Johnny Clegg en Nelson Mandela: YouTube
Johnny Clegg is ’n paar jaar gelede met Pankreas-kanker gediagnoseer en sterf Dinsdag 16 Julie by sy huis in Johannesburg op die ouderdom van 66. In sy leeftyd het hy meer as 5 miljoen albums verkoop, is vereer met ’n handvol ere-doktorsgrade en internasioneel bekroon met al wat ’n musiektoekenning is.
Hy word nie net onthou vir sy musiek nie, maar ook vir sy werk as musiek-antropoloog en sy verset teen die apartheid-regime. Soos vele ander uitgesproke kunstenaars tydens die Nasionale Party-era, was hy onwelkom in sy eie land en is telkemale in ’n polisie-vangwa geboender — net omdat hy saam met swart musikante ongeregtigheid op die naam genoem het. En sekerlik ook weens sy danse op verhoog met ’n knopkiere en beenskoppe hoër as die mikrofoonstaander.
As antropoloog het hy die Maskanda-kitaarstyl en ook Zulu-dansrituele binne ’n akademiese konteks beskryf. Hierdie twee elemente is dan ook wat sy produk so uniek maak.
“Asimbonanga” speel die afgelope paar dae op al wat ’n radiostasie is. Hierdie lied word beskou as ’n tipe opsomming van die vele rolle wat hy gespeel deur die loop van sy lewe. Hy het dit in 1986 geskryf en in ’n onderhoud oor die ontstaan en betekenis van die lied sê hy die volgende:
The song became ‘We are the ones that have never seen him — Asimbonanga, Mandela’. The lyrics says: ‘Who has the words to close the distance between you and me?’ These words was that speech that he gave at his treason trial. It is really saying that even though we have never seen you, the words that you spoke wil make a bridge for all of us. It is that guarantee that everybody wants. No black domination, no black domination. Nobody dominating anyone.
Clegg ego Mandela se woorde deur die loop van sy hele lewe. Sy eerste kennismaking met die Zulu-kultuur was toe hy nog bloedjonk was. Die Clegg-familie se huishulp was Zulu en het saans musiek gemaak in die townships. Hy begin kitaarslaan saam met die verstedelike mynwerkers, afkomstig van die voormalige “tuislande” van Suid-Afrika. Hier ontmoet hy vir Sipho Mchunu en stig die groep Juluka (“Sweat” in Zulu). Hulle optredes is telkemale onderbreek deur die polisie, maar dit het hom net nog verder aangespoor om sy ding te doen. Die radiostasies in Suid-Afrika wou nie hul musiek speel nie, maar oor die waters was hy ’n ster. Die lied “Satterings of Africa” word ’n treffer in Engeland en Frankryk en in Noord-Amerika stroom die mense in hulle duisende na sy konserte.
Mchunu verlaat die groep in 1985 en Clegg stig ’n nuwe groep, Suvuka (“We have risen” in Zulu). “Asimbonanga” verskyn op hierdie groep se album “Third World Child”. Dudu word in 1992 doodgeskiet tydens a taxi-oorlog wat hy probeer bemiddel het.
Ten spyte van die vele terugslae, was die hoogtepunt van sy loopbaan die keer toe Madiba op die verhoog gestap het tydens ’n konsert in 1999 in Frankfurt:
“I was in the first verse of the chorus when the audience erupted and I thought ‘wow! they know my song’, but it was Mandela, walking behind me on stage.”
Ek het nooit vir Johnny Clegg sien optree nie, maar daar is ’n oomblik wat ek iets beleef het wat my altyd aan hom sal laat dink.
So paar jaar gelede stap ek naby die Groentemarkplein in Kaapstad. Googman Nono, ’n blinde kitaarspeler sit op ’n bierkrat met sy kitaar en sing “Asimbonanga”. Sy vrou staan met ’n blikkie langs hom en skud die kleingeld so amper op die ritme van sy vals getokkel. Ek vra vir haar of ek met hom kan gesels. Ja, sê sy, dit sal R30 kos. ’n Bargain om te hoor hoe hy dit regkry om sy instrument vertikaal op sy skoot te balanseer, met die snare na sy gesig gedraai, en met ’n vreemde buig van sy vingers die akkoorde te druk en te strum met die ander hand. Ek vra die algemene vrae: Waar kom hy vandaan, hoe lank speel hy al kitaar, wat dink hy van die land en hoe lank is hy al blind.
“South Africa is a very, very beautiful country. I can’t see colour and I can’t really see anything. I was blind when I was born.”
Terugskouend na hierdie oomblik in my lewe, waar iemand ’n kilometer of wat van die Parade- grond af sit waar Mandela sy vrylatingstoespraak gemaak het en hierdie lied sing, is ek verstom oor die groot impak wat Clegg in hierdie land gehad het. Vir velkleur was hy blind en vir hom was Suid-Afrika die mooiste plek op aarde — daar moes net ’n paar dinge reggeruk word sodat almal sy en Mandela se mantra van medemenslikheid kan uitleef.
Daar sal nie weer Zulu-krygsdanse op die verhoog wees nie, maar die klanke van sy kitaar en stem sal tot in ewigheid resoneer op die maat van geregtigheid.
Johnny Clegg was moontlik die eerste witman wat met oorgawe die Zulu-krygsdanse kon vervolmaak. Ek is doodseker die engele in die hemel wat nou in sy band is, sal só lekker saam met hom jive dat hulle sy voorbeeld sal volg en hul bene hoër sal skop as hul stralekranse.
.......................
Asimbonanga lirieke:
Asimbonanga--------------------(we have not seen him)
Asimbonang’ umandela thina-----(we have not seen mandela)
Laph’ekhona--------------------(in the place where he is)
Laph’ehleli khona--------------(in the place where he is kept)
Oh the sea is cold and the sky is grey
Look across the island into the bay
We are all islands till comes the day
We cross the burning water
Asimbonanga--------------------(we have not seen him)
Asimbonang’ umandela thina-----(we have not seen mandela)
Laph’ekhona--------------------(in the place where he is)
Laph’ehleli khona--------------(in the place where he is kept)
A seagull wings across the sea
Broken silence is what I dream
Who has the words to close the distance
Between you and me
Bronne:
Buro: MvH