Studio SASNEV en Voertaal het verskeie mense met ’n versoek genader. Ons wou weet hoe hulle sou reageer op die vraag: “Wat beteken Nederlands vir my?”
Talle bekendes het deelgeneem. Luister na die antwoorde van mense soos Stef Bos, Adriaan van Dis, Tom Lanoye, Abraham H de Vries, Karin Brynard en Daniel Hugo.
Van die antwoorde is komies, ander baie ernstig.
Een ding is seker: Nederlands het ’n beduidende invloed op talle mense se lewens, ook in Suid-Afrika.
Wat betekent Nederlands voor mij? is vir die afsluiting van die Week van Nederlands op Saterdag 9 Oktober vervaardig en is die eerste keer tydens ’n direkte uitsending vanaf Studio SASNEV in Pinelands vertoon.
Die kortfilm is nou vir almal beskikbaar.
Die Week van Nederlands is ’n inisiatief van die Taalunie in samewerking met DeBuren, die Vlaams-Nederlandse huis vir kultuur en debat. Die geleentheid is vir die eerste keer sedert dit sewe jaar gelede begin is, buite die Lae Lande aangebied. Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad, was die spilpunt en Voertaal ’n trotse mediavennoot.
Die bydraers is:
- Abraham H de Vries
- Adri Breed
- Adriaan van Dis
- André Trantraal
- Andries Visagie
- Anke Theron
- Corneli van den Berg
- Daniel Hugo
- Didier Vanderhasselt
- Ena Jansen
- Eureka Barnard
- Geraldine Reymenants
- Han Peters
- Hendrik Theys
- Izak de Vries
- Jan Mutton
- Karin Brynard
- Marni Bonthuys
- Mathias Bogaert
- Nokuthula Mbenyane
- Sebastiaan Messerschmidt
- Stef Bos
- Susan Booyens
- Tom Lanoye
- Willa Boezak
- Willem de Vries
- Yves T’Sjoen.