“...the struggle for sustainable development nearly equals the struggle for political freedom. They can grow together or they can unravel each other.” Nelson Mandela
Versoeningsikoon en oudpresident Nelson Mandela se ideale van demokrasie, vryheid en opvoeding is wêreldbekend.
Die jaarlikse Mandela-dag word internasionaal op 18 Julie, Madiba se verjaarsdag, gevier.
Ter viering van Mandela-dag vanjaar het Menán van Heerden en Cliffordene Norton die “Tata Madiba. Father of our democracy: Father of our Nation”-uitstalling by die Iziko South African Museum in die hart van Kaapstad besoek.
Dié multi-dissiplinêre uitstalling is ’n kombinasie van kuns, sosiale geskiedenis en natuurwetenskappe wat Mandela se liefde vir die natuur vier. Daarmee saam word temas van natuurbewaring en volhoubaarheid benadruk.
Volgens Charlene Janion-Scheepers, projekbestuurder van die “Tata Madiba”-uitstalling, is die saadjie van die uitstalling, aanhalings oor biodiversiteit deur Mandela. “As jy eers begin navors daaroor, sal jy baie aanhalings kry. Hy het ongelooflike insig getoon oor die waarde van die natuur en moontlike probleme wat ons vandag in die gesig staar.”
Die uitstalling moedig ook gesprekke aan oor Madiba se lewe en die stryd wat hy gevoer het.
By die natuurbewaringsgedeelte van die uitstalling word vier temas mbt Robben Eiland uitgebeeld: wild, seelewe, plante en geleedpotiges en geologie.
.................
Elkeen van hierdie afdelings word vergesel met aanhalings deur Mandela, byvoorbeeld:
Wild:
“Later, I walked into the courtyard and the few living things there, the seagulls, wagtails, the plants, small trees and even grass blades were [...] full of smiles. Everything was caught up in the beauty of the day” — Mandela, uit ’n brief aan Zindzi Mandela, geskryf op Robben Eiland, 5 Maart 1978.
“If we do not do something to prevent it, Africa’s animals and the places in which they live, will be lost to our world and her children, forever. Before it is too late, we need your help to lay the foundation that will preserve this precious legacy long after we are gone”.
Seelewe:
“Our future as human beings depends on our intelligent and prudent use of the oceans. And that in turn will depend on the determined efforts of dedicated women and men from all parts of our planet”.
Plante en geleedpotiges:
“Each time one of us touches the soil of this land, we feel a sense of personal renewal. The national mood changes as the seasons change. We are moved by a sense of joy and exhiliration when the grass turns green and the flowers bloom” — Mandela, Inauguration as President of South Africa, Union Buildings, Pretoria, South Africa, 10 May 1994.
Geologie:
“When we arrived, they asked us to crush stones to make gravel. They bring big stones, they had one on the ground and then you have a hammer and you break the stones on the big stone”.
Mandela en sy mede-gevangenes is forseer om die kalksteen-groewe (limestone quarry) te kap, wat ’n uitwerking op sy visie gehad het.
.................
’n Ander gedeelte van die uitstalling, “Nelson Mandela immortalised in biodiversity”, werp lig op die 20 diere-spesies wat vernoem is na Madiba.
Triacanthella madiba, byvoorbeeld, is ’n springstert-spesie wat vernoem is na die ikoon om sy 20 jaar van vryheid te vier. Mandelia mirocornata, ’n tipe seeslak, is die eerste genus (’n biologiese klassifikasie wat verskeie spesies kan insluit) wat vernoem is na die eerste demokratiese president van Suid-Afrika.
Hierdie interaktiewe uitstalling sluit ook ’n installasie in: ’n artistieke voorstelling van die presiese dimensies van Mandela se tronksel op Robbeneiland. Die iMadiba Project, in samewerking met die Nelson Mandela Foundation, is die breinkind van fotograaf Erhardt Thiel.
Dit is ’n mikromuseum binne ’n museum waar mense kan saam sit en die vryheid geniet om saam te gesels en te luister oor enigiets onder die son.
Dialoog, herinnering, besinning, stories deel en respek is die oogmerk.
Ter afsluiting, ’n aanhaling uit Long Walk to Freedom: “Om ’n saad te plant, te sien hoe dit groei, dit te koester en dan te oes, bied ’n eenvoudige maar volgehoue tevredenheid. Die gevoel dat jy ’n bewaarder vir hierdie stukkie aarde is, het my ’n smakie vryheid aangebied.”
.................
- Die uitstalling duur tot 31 Desember 2019
- Baie dankie aan Charlene Janion-Scheepers, post-doktorale navorser, kurator van entomologie by Iziko en projekbestuurder van die “Tata Madiba”-uitstalling
- Foto’s: Menán van Heerden, tensy anders aangedui