Dis 2021, en ammal wat ’n film fanatic is sien uit om Barakat in ôse baiscopes te sien!
Unfortunately wassie vrystelling van die film uitgestel weens die coronavirus regulations. Maa kyk uit Kaapstad, Barakat kom op 13/14 Mei 2021 na ôs toe, net kôt na Labarang – miskien issit ’n excuse om die familie bymekaar te bring en ’n extended Labarang te het byrie baiscope!
Barakat, derived from the Arabic word "Barakah" meaning blessings. #BarakatMovie coming to a cinema near you. Ster-Kinekor Theatres from 13 May 2021 Nu Metro & Independent Cinemas from 14 May 2021
Posted by Barakat The Movie on Thursday, May 6, 2021
It was important to both of us to depict the Cape Muslim community in a positive light. The Cape is a melting pot of...
Posted by Barakat The Movie on Tuesday, May 4, 2021
Lees hier onder ’n dialoog tussen Tasneem Daniels en die PaperJet Films-span, Amy Jephta en Ephraim Gordon.
In ’n Channel 24 aa’tikel het julle gesê dat een groot intention vannie Barakat-film was ommie Cape Flats stereotypical narratives weg van violence en suffering te shift.
’n Mens sal dink dat since die coloured community basically ’n stamp op Kaapstad geplak’t, sal dittie norag wies om “coming out films” te create om mense te educate oo ôse culture en ôse waarheid’ie. Hoekom is film ’n useful medium om te gebruik om hierie stemme uit te druk?
Ephraim: Depictions van ons communities is weinig positive. Maar tog is ons lived experience gevul met positivity. Dis belangrik dat as ons terugkyk op geskiedenis, vyftig, selfs ’n honderd jaar van nou, dat die argiewe positive depictions van ons bevat. Sodat ons nie net in die geskiedenis opgeskrewe staan as ’n groep mense wie in hopelessness en despair gedompel was nie, maar wie bo hulle omstandighede kon uitstyg. Film is natuurlik die soort medium wat toeganklik is, en dis juis hoekom dit useful is. Want die stories van wie ons werklik is, moet verkondig word aan almal wie sal luister.
Amy: Film dink ek is die beste manier om ’n “slice of life” te present wat realistic en real voel. Film laat mens empathise en entertain jou op dieselle tyd. Jy kan teach sonder om te preek. En daar’s so baie freedom innie medium, en opportunity om diep personal te wies, maar oek universal te bly.
Die titel, Barakat – family is a mouthful, is heelwat cool! Barakat, of course, speaks to how food ’n universal language kan wies, boe-oppie literal meaning vannie Arabic woo’d wat “blessing” bedoel. Waa intersect hierie twie betekenisse? Hoekom het julle hierie titel gekies, en hoe contribute dit tottie uitdrukking van Malay-Muslim style van Afrikaaps?
Ephraim: Barakat is soveel ’n Kaapse woord as wat dit Arabic is, ook net weer bewys van die influence wat so baie Afrika- en Oosterse tale en dialekte op die Afrikaanse taal en subcultures gehad het, maar dis ’n storie vir ’n ander dag. Ons kom van ’n wêreld waar familie en kos hand in hand gaan, en ons vind liefde, aanklank en betekenis om dinner tafels en as ons saamdrom as familie. Op die einde van die dag is dit maar altyd ons grootste blessing. Vra vir enige Kapenaar wat ’n barakat is, en hulle sal dit tot die core kan explain as ’n gift. Of iemand nou vir jou ’n barakat gestuur het, of jy barakat gevat het by ’n function, dit bly maar net iets wat aan ons gegift is, en meeste van die tyd met ’n ope hart. Dis blessings, dis liefde.
Amy: Die woord barakat is natuurlik een wat exist in die Arabiese taal, maar vir ons in die Kaap het dit ook special meaning te doen met die kos wat vir jou neighbours en familie ingepak word op Labarang-dag en innie pwasa. Kos is liefde – dit was nog altyd so vir dié van ôs wat Malay-Muslim grootgeword het. Maar barakat word ook verstaan as iets wat in verskeie vorme kan voorkom. Jou barakat kan ’n mens, of ’n experience, wees. Die idea van ’n “blessing in disguise”. Ons kan nie kies in watse vorm die barakat gaan voorkom nie. En in hierdie movie het daai idea van ’n barakat several meanings.
Barakat is die ee’ste Muslim-Afrikaans-film oppie silver screen in Suid-Afrika – ’n huge achievement virrie Kaapse Muslim community! Wat dink julle is die relationship tussen hierie intersectionalities – Muslim en Afrikaans? Hoe het julle dit tottie liewe gebring innie dialoog vannie karakters en/of enige anner plekke innie film?
Ephraim: Seventeenth-century Dutch het nie miraculously in Afrkaans verander nie. As kreooltaal is daar verskeie ander influences, soos die local Khoi- en/of San-tale, waarvan ons unfortunately nie genoeg weet nie, maar wat deel van ons history en baie van ons bloedlyne is. Daar is Xhosa influence, maar ook significant Malay influence, as gevolg van die Trans-Indian Ocean Slave Trade. Die relationship tussen slavery en Afrikaans kan nie deny word nie. Die influence wat slavery, en die kontak wat Dutch met die local tribes en clans gehad het, is die rede vir die onstaan van die Afrikaanse taal. Afrikaans behoort aan ieder en elk deur wie se monde dit in die lewe geroep word. Wit, bruin, swart, Christen, Muslim, Jood of wat ook al.
Ephraim: In terme van die dialoog het ons die notion van ’n standard Afrikaans geheel en al by die venster uitgegooi. Ek verstaan die noodsaaklikheid van eenvormigheid waar taal, en veral geskrewe taal, ter sprake is, maar vir ’n taal met so baie verskeie invloede en wat so demokraties geskep is, is die idee van ’n standaardspreektaal amper krimineel. Ten spyte van die negatiewe geskienis van Afrikaans is die taal my besitting, en niemand durf die standaarde van my taal – soos dit lewe in my mond – bepaal nie.
Amy: Afrikaans is ôse huistaal, ôs moedertaal. Ek willie te veel ingaan in die academic what-whats nie. Los maa daai vir die intellectuals. Al wat ek wiet is, Afrikaans soes ekkit praat behoort aan my en my ouers.
Wie was julle cultural advisors, and hoekom was dit belangrik om hullle hie te gebruik?
Ephraim: Ons het ’n hele groep cultural adivisors gehad, want ons wou ’n well-rounded opinion gehad het, en nie net een individual se take op sake nie. Op stel was Khalil Kathrada daar om seker te maak dat cultural specificity reg ge-execute was. Ons het ook ’n scene in Sea Point geskiet, waar die Maankykers (Crescent Observers of South Africa), onder leiding van imam Yusuf Pandi present was, en hulle het ook op daai aspek van die film vir ons advise. Die eerste persoon wat ons script gelees het, was Abdu Adams, want sy oog vir aspekte van geloof en ook die medium was vir ons belangrik. Yazeed Kamaldien het die script gelees en vir ons advise dat dit klink soos ’n Lansdowne-storie, dis hoekom ons toe daar geskiet het. Ander cultural advisors wie saam met ons om ’n tafel kom sit het en sommer net die script kom lees het, was Jawaahier Petersen, Moeniel Jacobs, Imaan Isaacs en Ayesha Khatieb.
Ek hou van hoe julle as PaperJet Films crew cultural awareness en sensitivity op set observe – die feit dat niks filming op Vrydae (Heilige dag van Jumuah) plaasgevind’tie, ennie crew het Islamic wear gedra innie masiet. Watter awareness het julle intend om te skep deur hierie production choices?
Ephraim: Vir ons was dit maar net oor respect. Ons het altyd probeer om die storie en die wêreld om daai storie te respect, en dit gaan oor respect vir die mense, die culture en die belief system. Crew het hulle alles gegee – hulle het geglo dat dit hulle storie is, want almal het respected gevoel.
Barakat het omtrent ’n powerhouse cast! Ôs sien uit om Aisha Davids (Vinette Ebrahim) te meet, en die Imam (Loukmaan Adams). Ve’tel ôs (net ’n teaser of twie!) oo hierie karakters ennie choice van cast vir hierie film.
Ephraim: Ek dink die regte mense was op die movie se pad gesit. Dis ’n cast van ubertalented mense, maar mense wie nie hulleself te ernstig opvat nie. Deur die soms hartseer oomblikke van die storie het ons soveel gelag, en dit was as gevolg van die mense wie deel was van die journey.
Die chosen locations virrie film, op die behind-the-scenes video op Facebook, was interessant – die masiet, die kaberstaan (graveyard), die famous Gatesville market en Lansdowne. Kom julle en die cast van hierie areas? Hoe herrit gevoel om die stemme van hierie plekke uit te druk innie film?
Ephraim: Baie van die cast en crew is van daai areas, so dit het gevoel of hulle part van hulle lewens relive. Keeno-Lee Hector se ouma het gebly in die straat waar ons geskiet het, so hy het gedeeltelik daar grootgeraak. Sy familie bly nog in die huis, en ons het toe een van ons scenes innie movie in hulle driveway geskiet. Dit was baie special.
Slamat (geluk) vir julle selection om Barakat byrie Muslim Film Festival in Australië te screen! Watter global South African Muslim voice wil julle skep om hierie te doen? Hoe lyk die current climate vir Muslim-based films, including op platforms soes Netflix?
Ephraim: Ek dink die wêreld is oop vir stories wat authentic experiences reflect. Maak nie saak wat dit is nie, en met platforms soos Netflix raak dinge nou meer toeganklik.
Watter ander stories werk PaperJet Productions op nou?
Ephraim: Watch this space 🙂
Lees ook ’n vorige LitNet-onderhoud met Amy Jephta oor Barakat:
Buro: MvH