Nederlandse en Suid-Afrikaanse kinders gesoek vir studie Kinder- en Pediatriese Fisioterapie

  • 0

Om myself in kort voor te stel, ek is Carmen Cornelius en al vir 17 jaar woonagtig in Nederland. Ek het hier my studie as Fisioterapeut afgerond en is nou besig met my proefskrif vir my meestersgraad in Kinder- en Pediatriese Fisioterapie.

Om my meestersgraad te voltooi, ondersoek ek die verskille in die motoriek van kinders wat onderskeidelik opgevoed is in Suid-Afrikaanse en Nederlandse huise.

Vir hierdie ondersoek het ek ’n minimum van 30 Suid-Afrikaanse kinders nodig tussen die ouderdomme van 0 en 15 maande.

Indien u my kan help met die ondersoek sal die volgende van u as ouer verwag word:

  • ’n vraelys moet ingevul word oor die opvoeding van u kind (Engelstalig)
  • ’n kort video moet gemaak word van u kind terwyl hy/sy beweeg sodat ek die motoriek kan beoordeel met die Alberta Infant Motor Scale (AIMS)

U as ouer kry dan ’n uitgebreide verslag  oor die motoriek van u kind.

Vir vrae of meer informasie, kan u ’n e-pos stuur na: carmen@vidialis.nl

U deelname aan my ondersoek sal opreg waardeer word.

Buro: IG
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top