Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam

  • 0

Ons het hulp nodig om die naam te kies van ’n nuwe projek wat op jong lesers gemik is.

’n Groot deel van ons taalerfenis lê opgesluit in tale en kulture wat oor grense heen gereis het, kyk maar na hierdie artikel deur Annél Otto en Else Boekkooi, “Die herkoms van ’n aantal Afrikaanse uitdrukkings wat verband hou met die see”, wat op LitNet Akademies verskyn het.

Lees asseblief die onderstaande persvrystelling en klik dan op hierdie skakel om deel te hê aan die kies van ’n naam vir dié nuwe aanlynboekklub; jy staan die kans om Fanie Viljoen se nuutste boek Offers vir die vlieë te wen.

Onthou ook om op 1 Oktober om 16:00 in te skakel vir die eerste uitsending, klik hier om te registreer.

Image by Tumisu from Pixabay

Persvrystelling: Aanlynboekklub wil brûe bou tussen lesers van Suid-Afrika, Nederland en België

Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag wil reis deur die blaaie van boeke, word genooi om op 1 Oktober 2020 om 16:00 in te skakel op ’n regstreekse uitsending van ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke, óók om lesers in Nederland en België bekend te stel aan Suid-Afrikaanse boeke.

Ouer lesers is baie welkom om saam te luister, daar is geen ouderdomsperk nie, maar voorkeur gaan verleen word aan die vrae van jonger lesers en onderwerpe wat hulle sal interesseer. Lesers vanaf 15 oud jaar word aangemoedig om in te skakel en deel te neem.

Die gespreksleiers sal Ena Stegmann en Shawna-Leze Meiring wees. Beide het Afrikaans-Nederlands bestudeer en het ’n tyd lank in Nederland gewoon.

Die gesprekke sal op Zoom uitgesaai word, en gefasiliteer word deur die webwerf Klaskameraad. Die geredigeerde video sal daarna op LitNet en Voertaal beskikbaar gestel word vir enige een om te geniet.

Onthou ook om op 1 Oktober om 16:00 in te skakel vir die eerste uitsending, klik hier om te registreer.

Vir meer inligting oor die registrasieproses, kontak vir Ena Stegman deur hier te kliek.

Hierdie persvrystelling is gesamentlik uitgereik deur KlaskemaraadLAPA en Suid-Afrikaanse Sentrum Vir Nederland En Vlaandere (SASNEV) in samewerking met LitNet en Voertaal.

Lees ook

Die herkoms van ’n aantal Afrikaanse uitdrukkings wat verband hou met die see

Nederlandse seemanstaal en Afrikaanse uitdrukkings – ’n onderhoud met Annél Otto en Else Boekkooi

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top