Oproep om voorstelle:
Die tema van die 2021-kongres is Geworteldheid: die onderrig van Afrikaans in spesifieke ruimtes.
Voorleggings van tot 300 woorde word ingewag teen 31 Januarie 2021 by unlaagering@gmail.com.
Ons nooi veral opkomende akademici, en navorsers en dosente wat in België, Nederland, Pole, Aruba, VSA, en Namibië met/oor Afrikaans werk om deel te neem.
......
Lees meer hier: Eerste oproep om voorstelle
......
Oor die Ontlaeringprojek:
Geworteldheid: die onderrig van Afrikaans in spesifieke ruimtes is deel van ’n groter, meerjarige projek wat geleenthede bied om die pedagogiek van Afrikaanse letterkunde te herverbeel.
Die 2021-kollokwium sal aanlyn in April aangebied word.
Besonderhede oor hoe dit sal geskied sal vroegtydig aan alle deelnemers en bywoners gekommunikeer word.
Meer inligting oor die ontlaeringprojek kan hier gevind word: https://unlaagering.wordpress.com/
Lees en kyk ook op LitNet
Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa
Ontlaering: ’n Herverbeel van die pedagogiek van Afrikaanse letterkunde
Buro: IG