Persbericht ‒ Jongerenproject: Virtuele studiereis na Nederland en België

  • 0

Jongerenproject: Virtuele studiereis na Nederland en België

Datum: 16 t/m 20 augustus 2021
Tijd: 16:00 - 18:00 uur
Locatie: Digitaal

Opmerkingen:

Deelname is gratis, let op dat daar slegs ’n beperkte aantal plekke beskikbaar sal wees.

Elke twee jaar organiseer die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam en die Vlaams Zuid-Afrikaanse Vereniging in Belgiё ’n studenteprojek. Die projek behels ’n uitgebreide studiereis na Nederland en Belgiё.

Weens die koronakrisis bied die Zuid Afrikaanse Huis dié jaar ’n digitale alternatief; ’n virtuele studiereis na Nederland en België.

Wil jy jou kennis oor Nederland en Belgiё verbeter? Die virtuele studiereis vind plaas vanaf 16 tot 20 Augustus 2021. Die studiereis behels ’n reeks interessante lesings en die onderwerpe sluit onder meer geskiedenis, taalkunde en kunsgeskiedenis in. Tydens die interaktiewe lesings, dien elke deelnemer ook ’n aantal opdragte in, jy maak kennis met die Nederlandse letterkunde, asook Nederlandse en Vlaamse kookkuns.

Meer informatie
Vereistes vir deelname:

Die program word in Nederlands aangebied, op die manier beoefen jy jou taalvaardighede. Deelnemers wat minstens vier van die vyf dae deelneem, sal ook ’n deelname sertifikaat van die Zuid-Afrikahuis ontvang. Deelnemers moet ’n universiteitstudent in Suid-Afrika of Namibiё wees en ook Afrikaanssprekend wees. Deelname is gratis, let op dat daar slegs ’n beperkte aantal plekke beskikbaar sal wees.

Registreer dus vinnig via studiereizen@zuidafrikahuis.nl. Maak seker dat jy die volgende gegewens in jou epos noem; jou naam en van; studierigting en by watter universiteit jy studeer.

Programma:

Hierdie aanlyn studiereis behels daaglikse lesings en opdragte. Die lesings begin om 16.00 en duur tot 17.00 uur. Elke lesing en opdrag word vanaf 17.00 tot 18.00 uur bespreek.

Maandag 16 Augustus: Inleiding tot die Zuid-Afrikahuis.

Leer die Zuid-Afrikahuis ken en leer meer oor die bande met Suid-Afrika aan die een kant en Nederland en België aan die ander. In die opdrag het deelnemers hul voorkennis aangaande Nederland en België aangedui.

Dinsdag 17 Augustus: Kunshistoriese wandeling deur die sentrum van Amsterdam.

Vandag neem ons die deelnemers deur die beroemde Amsterdamse middestad. Leer ken die pragtige kanaalhuise en die stories daaragter. Vir die opdrag stuur die deelnemers ’n resensie van ’n Nederlandstalige boek in.

Woensdag 18 Augustus: Die stryd teen die water.

Vanweë die lae ligging in ’n rivierdelta, is die stryd teen water voortdurend teenwoordig in Nederland en Vlaandere. Dit vorm die landskap met dyke, polders en vloedverdediging. In die lesing van vandag sal die deelnemers alles leer oor spesiale hidrouliese ingenieurswese in Nederland. Vir die opdrag gaan ons kook, deelnemers maak ’n Nederlandse of Vlaamse gereg en laat weet wat hulle daarvan dink.

Donderdag 19 Augustus: Nederlandse letterkunde.

Die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde het baie spesiale bande. Deelnemers sal meer hieroor in hierdie lesing leer. Om die taal te oefen, dien die deelnemers ’n opname in waarin hulle ’n Nederlandse teks lees.

Vrydag 20 Augustus: Die Rijksmuseum het ’n spesiale uitstalling oor die Nederlandse slawernygeskiedenis.

In die les van vandag leer ons meer oor hierdie geskiedenis. Daar sal ook ’n bespreking plaasvind oor hoe Nederland hierdie onderwerp hanteer?

Deelnemers lewer ’n finale opdrag waarin hulle nadink oor wat hulle oor Nederland en Vlaandere geleer het.

***

  • Telefoon: +31(0)20- 6249318 (ma., di., do. 10:00 - 16:00 uur)
Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top