Die volgende basiskursus “Nederlands vir Afrikaanssprekendes” van Voorsprong begin op Woensdag 13 Maart 2024.
- Die kursus word volledig aanlyn aangebied en duur 12 weke.
- Die aanlynlesse is op Woensdae van 7.30pm tot 9.00pm (tydsone Brussel/Amsterdam).
Die kursus word aangebied deur An Denis van Universiteit Antwerpen. Vir hierdie kursus word ’n intermediêre vlak van Afrikaans van kursusgangers verwag, aangesien Afrikaans en Nederlands met mekaar gekontrasteer gaan word.
Verdere inligting vind jy op www.voorsprong.online.
Registreer op https://www.voorsprong.online/schrijf-je-in.
Dit is wat deelnemers oor die kursus sê:
“Ek beveel Voorprong se ''Nederlands voor Afrikaanstaligen'' kurses ten sterkste aan. Dit bied die nodige oorbruggingsreëls om van Afrikaans na Nederlands te beweeg en mors nie tyd met dit wat reeds aan Afrikaanssprekende mense bekend is nie.” – David Heppes
“Voorsprong was a fantastic platform for native Afrikaans speakers to get a headstart on learning Dutch. The course content is of good quality and highly interactive. The teachers are also great and always ready to help. I would suggest investing in this course rather than using typical free language apps - it will definitely give you that ‘voorsprong’!” – Arno de Wet
“Die kursus het my uitgedaag en gemotiveer! Die manier waarop Sabien die lesse aanbied in Nederlands is fantasties en ek kon alles mooi verstaan. Die hulpbronne en materiaal wat saam met die lesse kom is van hoogstaande gehalte en baie effektief. Sabien se vernuf met Zoom is ongelooflik en 'n hele nuwe wêreld het vir my oopgegaan! Baie, baie dankie!” – Madeleen Ungerer