Beste vriende
Kom luister saam na Yves T’Sjoen in gesprek met Anastasia de Vries op Saterdag 20 April vir die derde aflewering in die “Bruggenhoofden-gespreksreeks” aangebied deur SASNEV in Pinelands, ’n reeks van vyf gesprekke.
“Bruggenhoofden” is ’n openbare platform wat die letterkundige wisselwerking tussen Suid-Afrika en die Lae Lande ondersoek. Dit word aangebied deur SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in samewerking met Yves T’Sjoen. Gaste wat deel vorm van SASNEV se gespreksreeks sluit in Louise Viljoen, Alfred Schaffer en Ingrid Winterbach. Hou voorlopig 25 Mei oop wanneer Andries Visagie sal deelneem aan die vierde en voorlaaste gedagtewisseling!
Datum: 20 April 2024
Tyd: 09:30 vir 10:00
Plek: SASNEV, Sentraalplein 4 Pinelands
RSVP: info@sasnev.co.za