Die nuutste, bygewerkte program is nou beskikbaar! Persverklaring: Nederlandse komponent by die tiende Tuin van Digters op 22 en 23 Oktober in Wellington

  • 0
Die nuutste, bygewerkte program is nou beskikbaar!

Kliek hier vir die volledige, bygewerkte program.

Die gewilde Tuin van Digters-fees, wat oor die jare gevestig is as die tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika (en die wêreld!) vind op Vrydag 22 en Saterdag 23 Oktober die 10de agtereenvolgende jaar by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas. Dit word in samewerking met NB-Uitgewers weer moontlik gemaak danksy ’n ruim bydra van die Dagbreek Trust.

Liefhebbers van digkuns kan oudergewoonte uitsien na verskeie bekendstellings van nuwe bundels, voorlesings, boekuitstallings, gesprekke en ’n besondere aanbieding oor vertalings deur PEN Afrikaans, sing van getoonsette gedigte, ’n pragtige kunstalling en samesyn met digters soos nêrens elders nie.

Alfred Schaffer, die Nederlandse digter wat al jare in Suid-Afrika woon en wie se gedigte ook al in Afrikaans vertaal is, is die digter wat vanjaar gehuldig word.

’n Spesiale program en voorlesings word ook aangebied ter ere van die digter PJ Philander, wat in November sy 100ste verjaardag sou vier.

Verder word die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuutbundel ook weer by Tuin van Digters toegeken – aan Ryan Pedro vir sy bundel Pienk ceramic-hondjies.

Turksvy Publikasies stel ook die bloemlesing pandemiegedigte Maskers en mure (met 142 bekende en onbekende digters) bekend. Benewens ’n gesprek met onder andere een van die samestellers, Daniel Hugo, is van die digters se gedigte deur Frazer Barry getoonset. Hy sal dit ook sing.

Ons Klyntji, die alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en strokiesprente publiseer, word ook weer by Tuin van Digters bekendgestel.

BESPREKINGS EN NAVRAE:
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top