Beste vriend van SASNEV
Die Orde van den Prince hou ’n ope vergadering op Saterdag 3 Februarie by SASNEV en u word hiermee genooi om dit by te woon.
Die besonderhede is:
- Aanbieder: Orde-lid Rudolf Rode
- Onderwerp: ’n Kykie in die geskiedenis van Nederlands vanuit ’n (Suid)-Afrikaanse perspektief
- Plek: SASNEV, Pinelands
- Dag: Sa. 3 Februarie 2024
- Tyd: 10h00 vir 10h30
Vóór sy aftrede was Rudolf ’n kurrikulumadviseur verbonde aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verantwoordelik vir vreemde tale en het veral nou saamgewerk met die Goethe-Instituut en die Duits-departemente van verskeie universiteite.
Hy stel hoofsaaklik belang in die geskiedenis en verwantskap van die Germaanse tale, van Afrikaans tot Sweeds, in geskiedenis as sodanig en in die ekologie met die klem op fynbos en die bome van die Skiereiland. As kind het hy voorkeur aan sy eie kurrikulum gegee, naamlik die lees van die Afrikaanse Kinderensiklopedie en die bestudering van sy oudste broer se pluimveeteeltboeke.