Persverklaring: Orde van den Prince se lesing oor die geskiedenis van die Nederlandse taal

  • 0

Beste vriende

Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms op Saterdag 11 Mei 2024 by SASNEV.

  • Datum en tyd: 11 Mei 2024 2024 om 10:00 vir 10:30
  • Plek: SASNEV Konferensiesaal, Sentraalplein 4 Pinelands
  • Die spreker is Rudolf Rode.
  • Die titel van sy lesing is “’n Kykie in die geskiedenis van die Nederlandse taal – deel 2”.
  • Hierdie lesing is ’n voortsetting van ’n lesing wat Rudolf op Saterdag 3 Februarie 2024 gelewer het.

Vóór sy aftrede was Rudolf ’n kurrikulumadviseur verbonde aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verantwoordelik vir vreemdetale en het veral nou saamgewerk met die Goethe-Instituut en die Duits-departemente van verskeie universiteite.

Hy stel hoofsaaklik belang in die geskiedenis en verwantskap van die Germaanse tale, van Afrikaans tot Sweeds, in geskiedenis as sodanig en in die ekologie met die klem op fynbos en die bome van die Skiereiland. As kind het hy voorkeur aan sy eie kurrikulum gegee, naamlik die lees van die Afrikaanse Kinderensiklopedie.

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top