Persverklaring: Reis na Nederland en België in 2025

  • 0

Doen vandag nog aansoek om deel te neem aan die Jongerenprojek in 2025. Aansoeke sluit 10 Maart 2025.

Die Jongerenprojek (JP) vind sedert 1976 jaarliks plaas. Die program roteer om die beurt – een jaar lê deelnemers uit Nederland en Vlaandere besoek af aan Suid-Afrika en Namibië, waarna ’n ander groep Suid-Afrikaners en Namibiërs die daaropvolgende jaar in die Lae Lande ontvang word. Die JP is’n uitruilprogram waardeur daar gepoog word om deelnemers ’n begrip te gee van die onderliggende verhouding wat daar tussen die Lae Lande en Suider-Afrika bestaan – soos in die besonder vergestalt word in die taalbande tussen Nederlands en Afrikaans. Die hoop is om ’n wedersydse begrip en waardering vir die Europese en Suider-Afrikaanse kulture te ontwikkel, omdat deelnemers deur hulle sustertale relatief maklik kan kommunikeer en sodoende mekaar se wêrelde – en die gedeelde geskiedenis daarvan – kan ontdek.

Laai die volledige inligtingstuk hier af.

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top