Persverklaring: Retoervloot en die 1713 pokke-epidemie

  • 0

Spreker: Dr. Dan Sleigh
Onderwerp: Retoervloot en die 1713 pokke-epidemie
Dag en tyd: Saterdag 18 Junie om 10h00 vir 10h30
Plek: SASNEV, Pinelands
Aangebied deur: Die Orde van den Prince
Navrae: info@sasnev.co.za

Erwin Rode van die Orde van den Prince skryf:

Niemand durf Saterdag 18 Junie misloop nie want ons groot vriend en Suid-Afrikaanse volkskat gaan ons toespreek oor sy nuwe boek Retoervloot

Vir selfs dié van ons (waaronder ek ook tel) wat dink ons ken Dan, hierby ’n breedvoeriger kennismaking wat ek te danke het aan Elmien Wood van die Oranjezicht-Leeskring:

Dan is ’n baie besonderse mens, nie alleen is hy ’n skrywer nie, hy is ook ’n geskiedkundige navorser by uitstek. Dit beteken dat sy fiksie in ’n groot mate op ware gebeurtenisse gebaseer is en dat minstens die geskiedkundige agtergrond korrek sal wees. Dit is helaas nie die geval met baie boeke nie. Skrywers wat dink dat niemand die moeite gaan doen om die feite wat die agtergrond van die verhaal vorm, gaan kontroleer nie, hou nie rekening met mense soos Dan Sleigh nie! 

Ek moes egter tot my verbasing uitvind dat Dan se eerste gepubliseerde boek Duif oor water (1971) ’n digbundel is. Die volgende is vir my besonder mooi:

As ons dan alleen is
op hierdie blou en wit eiland,
en wyd en leeg die see
en lug,
net, van tyd tot tyd
’n krap, wat geheime skrywe in die sand
(en wat die wind weg vee)

Lees ook:

Retoervloot deur Dan Sleigh: ’n resensie

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top