Persverklaring: Sitkamer ‒ ’n podsending oor Afrikaanse letterkunde

  • 0

Sitkamer is ’n spiksplinternuwe podsending vir enigeen wat belangstel in gesprekke oor Afrikaanse letterkunde.

Met ’n uitgesoekte geselskap neem Mercy Kannemeyer die leiding in die gesprekke tussen boekliefhebbers.

Gereelde stemme wat maandeliks in die Sitkamer gehoor gaan word, is behalwe vir Mercy, dié van Earl Basson, Janien Linde, Bibi Burger, Remona Voges-Van Huyssteen en Alwyn Roux. Angie Gallagher is ons formidabele redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied.

Vir die eerste episode kan julle uitsien na ’n gesprek tussen dié ses lede wat gaan oor die betekenisassosiasies van ’n sitkamer.

Daarnaas gesels Mercy met die PC Hooft-pryswenner vir poësie Alfred Schaffer en Alwyn Roux met Yves T’Sjoen oor die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika. 

Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en maak seker om op 26 Februarie die eerste episode van Sitkamer af te laai.

Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionele Vereniging vir Afrikaans (IVA).

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top