Die volgende twee kortkursusse Nederlands vir beginners begin in Februarie aan die Universiteit Stellenbosch. Albei kursusse word volledig aanlyn aangebied. Vir beide kursusse word ’n intermediêre vlak van Afrikaans van kursusgangers verwag, aangesien Afrikaanse en Nederlands met mekaar gekontrasteer gaan word.
Nederlands vir beginners: Kursus 1 is ’n aanlyn selfstudiepakket.
Elke week kry jy toegang tot nuwe leermateriaal, soos video’s en oefeninge.
Hierdie kursus begin Maandag 8 Februarie en duur tot 19 April.
Die registrasiegeld beloop R1 500 vir personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch en R1 750 vir niestudente.
Klik hier om vir Kursus 1 te registreer.
Nederlands vir beginners: Kursus 2 is ’n aanlyn kursus met ’n weeklikse groeples van die dosent (’n moedertaalspreker) via Zoom.
Hierdie lesse vind Woensdagaande plaas, van 18:00 tot 19:30.
In hierdie kursus ontvang jy videomateriaal en oefeninge wat spesiaal vir die kursus geskep is. In die groeplesse oefen jy die nuwe taalkennis.
Hierdie kursus begin Woensdag 10 Februarie en duur tot 28 April.
Die registrasiegeld is R2 000 vir personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch en R2 250 vir niestudente.
Die maksimum aantal deelnemers is 18.
Klik hier om vir Kursus 2 te registreer.
Aan die einde van elke kursus word ’n aanlyn toets geskryf. As jy hierdie toets slaag, ontvang jy ’n sertifikaat "Nederlands vir beginners (A2-vlak)" van die kortkursusafdeling van die Universiteit Stellenbosch.
Jy kan tot Woensdag 3 Februarie registreer.
Beide kursusse word ook in September 2021 aangebied. Indien iemand in ’n September-kursus belangstel, stuur gerus ’n e-pos aan sabien@sun.ac.za.