Press release | Persverklaring: How do you swear? Hoe vloek jy?

  • 0

How do you swear?

Study to investigate swearing and bilingualism in South Africa

A study by the University of Vienna, in collaboration with researchers from South Africa and the United Kingdom, is investigating the different emotional responses bilingual people have towards swearwords in their different languages. The study will focus on English-Afrikaans bilingualism, examining the perceptions of swearwords and swearing behaviors of English-Afrikaans bilinguals in South Africa. The study aims to measure complex bilingualism and understand why some words may be considered acceptable in one language but not in another. The research is linked to a broader project on Afrikaans swearing, examining the linguistic roots and development of swearwords, and swearing in popular media.

Bilingual people often have different emotional responses to words in their different languages – the same goes for rude language. What is an offensive swearword in one language may have a direct translation in another language that is completely acceptable to use in polite company.

Elouise Botes and Thomas Goetz from the Department of Developmental and Educational Psychology at the University of Vienna are investigating swearing and bilingualism in collaboration with researchers from South Africa and the United Kingdom. Gerhard van Huyssteen, a prominent Afrikaans and Dutch linguist from the North-West University, Potchefstroom, and Jean-Marc Dewaele, renowned applied linguist from Birkbeck, University of London, are involved in the project.

The study will focus on English-Afrikaans bilingualism, with Afrikaans being a West Germanic language developed from 17th century Dutch that is predominantly spoken in South Africa. The study links to a broader research project on Afrikaans swearing, which examines the legality of rude language, the linguistic roots and development of swearwords, and swearing in popular media.

The study will investigate the perceptions of swearwords and swearing behaviours of English-Afrikaans bilinguals. Participants across South Africa will be asked to react to rude language in Afrikaans and English and rate the level of offensiveness of words in a mixed-method study. Large scale data will be collected using social media in South Africa followed by in-depth interviews with English-Afrikaans bilinguals. Thus, the study will attempt to measure complex bilingualism and relate language background to swearwords and answering the question why it might be okay to say “shit” in front of Granny, but definitely not “kak”.

Participants can access the study at: https://www.soscisurvey.de/AfrikaansEnglishSwearing/

Contact person in South Africa:

Gerhard van Huyssteen: Gerhard.vanhuyssteen@nwu.ac.za


 

Hoe vloek jy?

Studie om vloek en tweetaligheid in Suid-Afrika te ondersoek

’n Studie deur die Universiteit van Wene, in samewerking met navorsers van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk, ondersoek die verskillende emosionele reaksies wat tweetalige mense op vloekwoorde in hul verskillende tale het. Die studie fokus op Engels-Afrikaanse tweetaligheid, deur die persepsies van vloekwoorde en vloekgedrag van Engels-Afrikaanse tweetaliges in Suid-Afrika te ondersoek. Die studie het ten doel om komplekse tweetaligheid te meet, ten einde te verstaan waarom sommige woorde as aanvaarbaar in een taal beskou kan word, maar nie in ’n ander nie. Die navorsing is gekoppel aan ’n groter projek oor Afrikaanse vloekwoorde, wat onder andere die herkoms en ontwikkeling van vloekwoorde ondersoek, asook die rol van vloekwoorde in populêre media.

Tweetalige mense het dikwels verskillende emosionele reaksies op woorde in hul verskillende tale – dieselfde geld vir taboetaal. Wat ’n aanstootlike vloekwoord in een taal is, kan ’n vertaling in ’n ander taal hê wat heeltemal aanvaarbaar is om in beleefde geselskap te gebruik.

Elouise Botes en Thomas Goetz van die Departement Ontwikkelings- en Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit van Wene ondersoek vloek en tweetaligheid in samewerking met navorsers van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Gerhard van Huyssteen, ’n prominente Afrikaanse taalkundige van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, en Jean-Marc Dewaele, bekende toegepaste taalkundige van Birkbeck, Universiteit van Londen, is by die projek betrokke.

Hoewel hierdie studie op Engels-Afrikaanse tweetaligheid fokus, sluit dit aan by ’n groter navorsingsprojek oor Afrikaanse vloektaal, waarin onder andere die rol van taboetaal in kunsmatige-intelligensietoepassings, die herkoms en ontwikkeling van vloekwoorde, en vloekwoorde in populêre media ondersoek word.

In hierdie gemengdemetodestudie die vraelys word deelnemers regoor Suid-Afrika of elders in die wêreldgevra om in ʼn vraelys – wat ongeveer 10 minute neem om te voltooi – op taboetaal in Afrikaans en Engels te reageer deur die vlak van aanstootlikheid van woorde te beoordeel. Grootskaalse data sal hopelik op dié manier ingesamel word; mense wat bereid is om aan in-diepte onderhoude deel te neem, sou ook hulle bereidwilligheid kon aandui.

Die studie sal dus onder andere poog om komplekse tweetaligheid te meet en taalagtergrond met vloekwoorde in verband te bring. Uiteindelik wil ons probeer uitvind waar dit dalk aanvaarbaar is om “shit” voor Ouma te sê, maar nie “kak” nie.

Deelnemers kan toegang tot die studie kry by: https://www.soscisurvey.de/AfrikaansEnglishSwearing/

Kontakpersoon in Suid-Afrika:

Gerhard van Huyssteen: Gerhard.vanhuyssteen@nwu.ac.za

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top