Riku Lätti was onlangs in Amsterdam, waar hy deelgeneem het aan die Festival voor het Afrikaans. Hier het die room van die Afrikaanse musiekbedryf hul vernuf op die verhoog ten toon gestel vir ons amperse taalgenote in die Lae Lande. Hy het die verhoog gedeel met Laurika Rauch, Sven Blumer, Churchil Naudé, Loki Rothman en nog vele ander musikante en sangers wat almal ’n beduidende rol speel in die ontwikkeling van die verskeidenheid klanke wat Afrikaans bied.
Ek bel hom oor WhatsApp. Die sein kraak elke dan en wan en ons praat heeltyd bo-oor mekaar, want die tema van musiek is iets wat ons beide tot euforie én raserny kan dryf. Iewers vind ek ’n gaping in die woordvloed en die traagheid van data langs die Weskus van Afrika op en vertel hom van ’n show van hom wat ek sowat 12 jaar gelede by die destydse Dorpstraat Teater in Stellenbosch gesien het. Ek weet nie hoekom ek dit kan onthou nie, maar die kaartjies was R30 en dit was net hy en sy kitaar en ’n mikrofoon.
Met die vrees dat die wi-fi dalk weer gaan verstik, vra ek hom hoe dinge in sy kop verander het oor die afgelope 15 jaar.
Soos hy praat, begin ek tik.
Hier is sy antwoord in vier amper-verbatim monoloë oor musiek, ras, ons land en toevallige waaghalsigheid.
Oor sy eie musiek en die Afrikaner:
My stuff het nie so baie develop oor die jare nie
van die begin af wou ek diverse stuff doen
as ek ’n rock song doen dan is die volgende een dalk folk
dis heeltyd anders
ek het ’n baie easy homegrown style wat ek oor twintig jaar geslyp het
the path of least resistance – dis die pad van water
ek develop met wat ek byderhand het en dit is baie keer ’n ander muso
Die Wasgoedlyn: ek het baie vriende wat heeltyd aanklop
“ek is bly jy is hier want ek het iets wat dalk saam met jou kan werk”
dan check ek maar wat my vriende in die studio loslaat
almal sit ’n stukkie by, almal hang ’n stukkie op
die eindproduk kan jy nie classify nie
classification is die simptoom van ’n siekte
my favourite is dit wat nie ’n genre het nie
Queen het eers ’n song gemaak en dan gekyk waar dit inpas
deesdae is die philosophy dat alles dieselfde moet klink
Iets wat uiteenlopend is kan ook ’n album opmaak
“jy verwar jou mark,” sal die raadgewers sê
luisteraars wat afgeskrik word, het net nie genoeg ballas nie
Ek twyfel of hulle nuwe idees kan vorm
of ’n interessante gesprek by ’n braai aanknoop
slegte Afrikaanse popmusiek lok die vlieë
dit gee justification vir die regses –
nie noodwendig polities bedoel nie
meer verkramptes wat nie inligting versamel nie
as Steve “Die Stem sing”, dit het definitief impak
mense met hulle fokken hande op die bors
“hoe kan ons dan verkeerd wees as almal saamstem?”
die Afrikaner is verskriklik bang
dit word nie aangehelp deur opgesweepte haat nie
hoe meer daar vir hulle gesing word oor nostalgie
hoe meer verhard hulle harte vir ander mense
die "Afrikaners über Alles"-tipe mense ...
dit lei tot ’n tipe oorlog
dit kan nie, dit mag nie
kortsigtigheid –
dit is teen natuurlike evolusie van die mensdom
die mensdom evolve
Iets wat intolerant is, word deur die liggaam uitgeskei
Wasgoedlyn bied ’n antwoord op al hierdie kak
soort van
ons is geheel en al gekant teen daai beweging van denke
die Afrikaner het nie ’n clue wie sy naaste is nie
dit is honger kinders
dit is die ou wat sukkel om net kop bo water te hou
wanneer hulle sê hoe moeilik dit is as wit man in Afrika
maar ry 150 kilometer per uur in ’n 4x4 en kla oor die land
my simpatie is op
daar word nié gediskrimineer teen die Afrikaner nie
hulle hamer op nostalgie – gebore uit valse oortuigings dat alles beter was
ons land se mission is om mense uit die laagste verknorsing te kry
hoe gaan ons seker maak dat ons kan saamwerk?
daar is genoeg vir almal
haat en vrees kom van selfsug
dit is die eintlike simptoom van die siekte
Oor Wasgoedlyn:
Wasgoedlyn wil nie fight nie
maar bied ’n alternative
niemand sê iets oor die swak lig waar in Afrikaners musiek stel nie
in stede van om mense te betrek
sluit Afrikaanse musiek mense uit
ons opposisie is ignorant
selfsug is self-defeating
hoe meer die ignorant doen wat hy doen
hoe meer gaan die wêreld teen hom wees
al die kanale vir die pryse en groot podiums
dit is net bereikbaar vir die commercial goed
ons skep ons eie podium
ons het ’n TV-program en ’n radiostasie
Wasgoedlyn is ryker want commercial musiek is armer
ons is nie hier om blinkgepoetste tunes te maak nie
ons versamel klank in ’n biblioteek
ons bib is vuil
ons bib het ’n paar kratte en ’n paar biere
ons maak ’n doppie en ’n rokie
ons maak musiek
ons leuse: geen kak mense nie, asseblief
daar is steeds apartheid in die musiek van die ver-regses
dis nie ons vibe nie
ons baklei nie
ons beweeg weg
hulle kan wen en die karkas vreet
Oor sy medemusikante en hoe tunes ontstaan:
go to where your friends are
and make music
jy kan elke geveg op aarde aanvat
elke argument het twee kante
iemand wat dit nie verstaan nie
wel, hy kan dalk jou tune hoor
en hy mag dalk dink dit is befok
maybe stuur jy daai ou in ’n ander rigting in
who knows
David Kramer en die Voëlvry-beweging het dit eerste gedoen
van die beste goed gebeur onverwags
ek het eendag op ’n klein couch gesit saam met:
Koos Kombuis
David Kramer
Schalk Joubert
daar was nie plek om arms te beweeg nie
want daar was nie plek vir ’n groter couch in die studio nie
die ongemak is hoe dit gebeur het en almal het ietsie bygedra
daai was magic
daar is dit record – net so, oppie bank
jy kan net dankie sê dat dit gebeur het
nou Churchil Naudé
hy het die regte beiteltjie in die hand
hy kan enige tyd sy man staan in ’n wit debat
en hy raise al die issues
hy kak die wittes, bruines en swartes uit
sit alles saam en entertain hulle
Intellectualise als
maar die ou op straat vind ook aanklank
Oor instrumente en foute:
multi-instrumentalism is bevrydend en frustrerend
mens maak n nuwe tune met ’n instrument in gedagte
sê maar kitaar
iewers maak jy ’n fout met ’n akkoord of iets
dan gaan kyk ek
dan try ek ’n ander instrument
sê maar klavier
op die klavier het jy tien vingers
dan hoor jy ’n nuwe nootjie
dan sluit dit iets heeltemal anders oop
dan is daai fout iets nuuts
foute is ’n absolute blessing
dis die beste dinge wat met ’n skrywer kan gebeur
toevallige waaghalsigheid
jy het dit nodig om iets nuuts te skep
want jy moet spring
so, my Maton-kitaar
hy het al rooiwynvlekke op en bumps van oor die wêreld
ek weet nie hoe werk die liefde nie
maar as ek ’n klomp kitare langs mekaar sit
gaan ek onwillekeurig na hom toe
dit is soos goeie jeans
sy rondings en joune het mekaar gevind
soos lovers
Lees ook
Buro: MvH