Koningsdag, vroeër Prinsessedag (1885–1890) en Koninginnedag (1891–2013), is ’n nasionale feesdag in Nederland, Curaçao, Sint Maarten en Aruba. Op hierdie dag word die verjaardag van die koning of koningin gevier.
Koningsdag word gevier met (ou Hollandse) feeste en vry markte. Op hierdie dag besoek koning Willem-Alexander van die Nederlande saam met sy familie verskeie plekke in die land. Die afgelope paar jaar word die amptelike Koningsdag op 27 April in Kaapstad by SASNEV in Pinelands gevier met ’n vry mark (vrijmarkt: ’n mark waar jy nie vir die staanplek hoef te betaal nie en al die wins is joune) vir die kinders in die oggend, ’n heerlike brunch van die Algemeen Nederlands Verbond (ANV) met Hollandse lekkernye, en laatmiddag die hoogtepunt van die vieringe: ’n tipiese “borrel”. Vir minstens een week vooraf en een week daarná is alles in oranje getooi.
Makhosandile Speelman en Ella Vink
“Proost!”
Annemarie Marti en Karin Benjamin
Hierdie advocaat (’n tipiese Nederlandse drankie – ’n dik vloeibare likeur wat gemaak word met eiergeel en sterk alkohol soos brandewyn of jenever met geklopte room bo-op) smaak te lekker!
Vandag is ik de koning
Sjaak en Caroline Bok
Poffertjes en ik is een.
Koffie en tompoezen
ANV borrel en hapjes
Oranje boven
Holland is die beste.
Die beste bediening ooit!
Koning Poffertjie en sy koningin