Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 2

  • 0

Op Maandag 24 September is die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika gevier.

Menán van Heerden was tydens haar Augustus-besoek in Nederland op die spoor van Suid-Afrikaanse erfenis in die Transvaalbuurt in Amsterdam.

Die ligging van die Transvaalbuurt in Amsterdam (Bron: Google Maps)

Die monument teen apartheid en rassisme (Pépé Grégoire, 1987) op Krugerplein in die Transvaalbuurt, Amsterdam. Lees meer oor hierdie monument by Publicart.amsterdam. Op hierdie webtuiste is ook ’n kort, kritiese bespreking van die naam Transvaalbuurt en sy straatname te vinde.

’n Uitbeelding van oudpresident Nelson Mandela

Voorbeelde van straat-, plein- en winkelname in die Transvaalbuurt: Albert Luthulistraat (voorheen Louis Bothastraat), Steve Bikoplein (voorheen Pretoriusplein, volgens Publicart.amsterdam), Afrikanerplein, Transvaalstraat, Vaalrivierstraat, Krugerplein, Magersfonteinstraat, Schalk Burgerstraat en Transvaal Apotheek.

  • Foto's: Menán van Heerden
Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top