Uitnodiging: Samespraak met Lynthia Julius en Jolyn Phillips

  • 0

Julle word elkeen hartlik uitgenooi na die bekendstelling van die skrywers-in-residensie-program van Samespraak vir 2023/2024 met die fokus op Lynthia Julius en Jolyn Phillips se digkuns.

Op 31 Mei omstreeks 18:00 tree ek en Alwyn Roux en Yves T'Sjoen in gesprek met Lynthia Julius en Jolyn Phillips. Die gesprek gaan onder meer oor Lynthia en Jolyn se talige en literêre opvattinge. Voorlesings uit hul poësie gaan ook deel uitmaak van die aand se verrigtinge.

Onderwerp: Samespraak: Jolyn Phillips en Lynthia Julius
Tyd: 31 Mei, 2023 18:00 Harare, Pretoria

Zoom-skakel:
https://us02web.zoom.us/j/5122580627?pwd=Wlhtemw5M2QxUWZmNURkdlc0dHd0Zz09

Vergadering-ID: 512 258 0627
Wagkode: 1234

Vir meer besonderhede, kontak gerus vir Alwyn Roux.

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top