Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem
Vryheid
Marion Bloem
As vry wees beteken: hou jou mond
want ek het iets om te sê
As vry wees beteken: jy agter tralies, want
dan hoef ons nie bang te wees
vir al jou andersheid en jou doen en late nie
As vry wees beteken: die dag van môre
streng bepaal deur die dag van vandag
iets minder dag te laat wees
As vry wees beteken: die deure sluit
en op die televisieskerm vryelik bekyk
wat veilig in die buurt behoort te wees
As vry wees beteken: steeds rustig slaap
omdat die ander hulle tonge moedswillig
ontneem is
As vry wees beteken: eet wat en wanneer jy wil
maar die skille te laat val in die koerante
waar honger verswyg word
As vry wees beteken: nie te hoef te weet wat my
bevry het nie, my vry hou nie, my
in vryheid elke dag gevange neem nie
As vry wees beteken: wag tot die ander
my bevry van angste waarop ek
heilig bly vertrou
As vryheid my gedagtes pleister
As vryheid om my heen oral rondom
en in my waai,
maar nie vir jou gevang kan word nie
As vryheid my beskerm
teen jou idees wat vir my te
anders is
As vryheid vir my vandag so
vanselfsprekend lyk, en jy nie
weet wat dit beteken nie
Dan is vryheid munt vir my
en onthoofding vir jou
Dan is vryheid lug en willekeurig
Maar staan dit my miskien wel vry
om iets van my wye vryheid – met
wedersydse goedkeuring natuurlik –
tydelik of van langer duur
af te staan om jou
van my verstikkende vryheid
te bevry
Buro: NB