Vrystaat Kunstefees | Week van het Nederlands | Oor grense heen
Vir die duur van die Week van Nederlands (2 – 9 Oktober) maak die Vrystaat Kunstefees sekere produksies beskikbaar op ’n spesiale blad wat hulle skep. Dié produksies het almal ontstaan weens samewerking met die Lae Lande. Die produksies kan aanlyn gesien word. Van hierdie produksies sal slegs vir die week beskikbaar wees, en dan later in die jaar weer.
Kliek hier vir toegang en vir meer inligting: https://www.vrystaatkunstefees.co.za/
Vrystaat Arts Festival | Dutch Language Week | Looking beyond borders
For the Dutch Language Week (2 – 9 October), the Vrystaat Arts Festival will make available several productions on a special web page. These will be readily available to stream. Each of the presentations was made possible due to cooperation with the Lower Countries. Some of these productions will only be available for the week and then again later in the year.
Click here for access and more information. https://www.vrystaatkunstefees.co.za/
Gif / Poison / Ityhefu
Die storie is eenvoudig, die gevolge nie. Ná jare ontmoet ’n man en vrou mekaar weer by hul kind se graf, maar hulle is ander mense – hy het aanbeweeg, sy nie. Hulle het ’n kind verloor, toe hulleself, toe mekaar. Hoe nou? Hierdie vertoning is opgeneem tydens die 2017 Vrystaat Kunstefees.
The story is simple, not the consequences. After years, a man and woman meet again at their child's grave, but they are different - he moved on, she didn't. They lost a child, then themselves, then each other. What now? This performance was recorded during the 2017 Vrystaat Arts Festival.
Genre Drama
Met Atandwa Kani, Tinarie Van Wyk Loots
Regisseur Erwin Maas
Teks Lot Vekemans
Vertaling Willem Anker
Stel- en beligtingsontwerp Guy de Lancey, Michael Garbett
Verhoogbestuur Michelle Hetzel
Musiek Mahlodi Kenny Rakotsoane
Vervaardiger Moontlik gemaak deur NATi, Vrystaat Kunstefees, De Koningkrijk der Nederlande / Made possible by NATi, Vrystaat Arts Festival, The Kingdom of the Netherlands
Taal Afr, Eng, isiXhosa
Tydsduur 90 min
Ons Perspektief – A Virtual Exhibition
Ons Perspektief is ‘n samewerking tussen die Nederlandse kuns/hip- hop-kollektief Brother Till en verskeie Afrika rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musiekale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture, transendeer. Vir die Vrystaat Kunstefees het Brother Till ’n virtuele gallery gekurateer wat die kyker deur die diverse werk van dié kunsprojek begelei. ’n Retrospektiewe uitstalling.
Ons Perspektief is a collaboration between the Dutch art/hip-hop collective BrotherTill and various South African rymklets artists. They merged musical styles and backgrounds to create work that transcends not just musical genres, but also the boundaries between disciplines, countries, and cultures. For the Vrystaat Arts Festival, BrotherTill curated a virtual gallery that guides the viewer through the diverse work of this art project. A retrospective exhibition.
Genre Hip-hop,Rymklets, Gesproke woord, Elektroniese musiek, Videokuns, Uitvoerende kuns, Dokumentêr / Hiphop, Spoken work, Rymklets, Electronic Music, Videoart, Performance Art, Documentary
Met BrotherTill, HemelBesem, Yoma, die Hooflig, Broederbond (Breimasjien & Jah Logo), Jodas, Frazer Barry (Tribal Echo), Oxijin, Churchil Naude, Stef Bos (NL), Lee-Ursus Alexander, Roots Rising (NL), NESS (NL)
Regiseur BrotherTill
Musikale-regiseur BrotherTill
Taal Afrikaans, Nederlands
Tydsduur +/- 60 min
Hoe klink ONS
’n Poëtiese, beeldryke en simfoniese gesprek tussen vier kunstenaars en twee stede: Kaapstad en Zwolle.
Oktober 2020 – tydens die Corona-krisis – werk die Nederlandse kunstenaarsduo, BotherTill en filmmaker Jonathan Sipkema, saam met die Suid-Afrikaanse woordkunstenaar Jitsvinger en filmmaker Lindsey Appolis aan ’n unieke projek. In hierdie filmprojek gaan soek hulle nuwe maniere om mekaar via digitale kanale te leer ken. Hulle het gewerk vanuit die vertrekpunt: Luister is kyk, en kyk is luister. “Hoe klink stromende water vir jou? Watter lied sing die voëls in die aand? Watter geluid sit onder jou vel?” In hierdie 72-uur-lange filmprojek leer vier kunstenaars mekaar ken deur die klanke van hul huise te verwoord en die poësie van die stad uit te beeld.
Die filmprojek val binne die internasionale samewerkingsprojek ONS Perspektief.
A poetical, visual and symphonic conversation between four artists and two cities: Cape Town and Zwolle.
October 2020 – during the Corona crisis – the artist duo BrotherTill and film maker Jonathan Sipkema from The Netherlands worked together with South African word artist Jitsvinger and film maker Lindsey Appolis on a unique project. In this film project they looked for new ways to get to know each other via digital channels. Their work stemmed from the idea: listening is looking, and looking is listening. “How does the streaming water sound on your side? Which song do the birds sing in the evening? Which sound sits under your skin?” In the 72-hour-long film project, four artists came to know each other through the words they put to the sounds of their homes and the poetry of the city they imagined.
The film project falls within the international collaboration project ONS Perspektief.
Debuut / Debut
Written and performed by: Peter van Til – BrotherTill, Jitsvinger (Quintin Goliath)
Music: Mathijs van Til
Video: Jonathan Sipkema, Lindsey Appolis
Audio Post production: Tonny Nobel
Color Grading: Wieger Steenhuis
Moontlik gemaak deur/ Made possible by: Municipality Zwolle (NL), BrotherTill Foundation
Tale / Languages: Afrikaans - Nederlands
Tydsduur / Running time: 09 min
Welkom by die Vrystaat Kunstefees, een van die belangrikste kunstefeeste op die Afrika vasteland. Die fees bied vir die afgelope 21 jaar nasionale en internasionale werk aan in ’n verskeidenheid genres. Die visie van die fees fokus op die beginsel van ‘Een fees, baie stories’. Die fees se missie is om die ontwikkeling en aanbieding van uitstekende kuns in die Vrystaat vir almal te ondersteun.
Die kunstefees is die eerste en enigste Suid-Afrikaanse kulturele aanbieding wat ’n Khoi-San-protokol volg. Op openbare platforms en in die feesprogram word Suid-Afrikaanse Eerste Nasies as die tradisionele eienaars van die land herken. Die fees spog met 9 inisiatiewe wat fokus op innoverende kuns, letterkunde, dans, gesondheid, uitruil en kunsmarkplekke. Snelstroom word deur almal gemaak vir almal. Hierdie uiteenlopende program is die ervaring wat almal in 2021 wou hê en beplan het. Die wêreldverhoog het in u huis ingetrek: groet u gunsteling kunstenaars en ook nuwes.
Ons nooi julle graag na ons Snelstroom en VrySpraak-digitaal programme. Die Snelstroom program is ontwerp met jou in gedagte. Wees aktief betrokke en meng saam aangrypende kunstenaars. Ervaar verhale wat jy nog nooit tevore gehoor het nie. Sien hoe ons Suid - Afrikaanse kunstenaars die verhoog met mekaar en internasionale kunstenaars deel – alles vir jou.
Weens die Covid-19-pandemie het die Vrystaat Letterkundefees ons gewone manier van werk aansienlik verander. Ons het baanbrekerswerk onderneem deur die gasheer te wees van Suid-Afrika se eerste digitale boekefees, as ‘n verlengstuk van die jaarlikse literêre fees, genaamd VrySpraak-digitaal. As gevolg van hierdie uitbreiding het ons ook die groep ‘Vrystaat Literature Festival’ op Facebook gestig.
Sien jou by die Vrystaat Kunstefees.
een fees. baie stories.
Facebook:@vrystaatkunstefees
Instagram:@vrystaat_kunstefees
Twitter:@VSKunstefees