Alta Cloete

Alta Cloete is ’n Suid-Afrikaanse skrywer van veral romantiese lektuur.

Sy vind groot vreugde in die bevordering van Afrikaanse boeke en van lees in die algemeen. Dit doen sy veral op Facebook met haar blaaie Kom ons lees weer Afrikaans! en Afrikaanse boeke vir die jongklomp.

Sy is ook in haar gemeenskap betrokke by pogings om ’n leeskultuur by kinders te bevorder.

Op haar blog skryf sy oor Afrikaanse boeke en ander sake wat haar na aan die hart lê.

Foto: Izak de Vries

Liefdesverhouding oor landsgrense heen

Alta Cloete Literatuur 2019-03-14

"Die rooi trem – ’n liefdesreis ná 40 jaar hervat is, soos die subtitel aandui, die verhaal van ’n verbreekte liefdesverhouding wat na 40 jaar hervat is. Die rooi trem is dan ook ’n metafoor vir Stephanie en Henk Rappard se reise (op meer as een vlak) en die avonture wat hulle hernude samesyn vir hulle gebring het."

Dromers: sensitiewe debuut van Irize Loots

Alta Cloete Literatuur 2019-02-25

"In Dromers kry die leser die geleentheid om deur ’n niepolitieke bril na ’n grepie van die lewe in Suid-Afrika, en in besonder in die klein Suid-Kaapse dorpie Riviersonderend, te kyk. Die karakters word eenvoudig as mense uitgebeeld, mense wat elkeen ’n storie het."

Historiese roman oor Dorslandtrekkers raak aan ’n dieper dors

Alta Cloete Literatuur 2018-07-04

"Eindelik word Dors veel meer as ’n boek oor die ervarings van ’n groepie pioniers. Dit word ’n verkenning van die ander dors, die dieper dors wat elke mens tot ’n mate in hom of haar saamdra."

Verified by MonsterInsights
Top