Charl-Pierre Naudé

Charl-Pierre Naudé is ’n digter en prosaskrywer, en is ook bekend as resensent van boeke en films en as ’n rubriekskrywer. Hy publiseer tot op hede die volgende digbundels: Die nomadiese oomblik (Tafelberg, 1995), In die geheim van die dag (Protea Boekhuis, 2005), Against the light (Protea, 2007) en Al die lieflike dade (Tafelberg, 2014). Hy is saam met Bibi Slippers die samesteller van Nuwe stemme 6. Sy mees onlangse werk het sedert 2014 in vertaling in die Nederlandse tydskrif Terras verskyn.

Gedurende 2014 en 2015 het Naudé as ’n kunstestipendiaat in Berlyn, Duitsland gewoon. Hy is deel van die Pirogue-genootskap se program Imagine Africa, wat onafhanklike politieke en kulturele gesprek oor Afrika probeer bevorder. Die Pirogue-genootskap het bande het met die Goree-Instituut in Dakar, Senegal. Die lede van die genootskap werk saam om dieptegesprek te bevorder, maar skryf en tree in hulle persoonlike hoedanigheid op.

Unisa-seminaar: Charl-Pierre Naudé oor Rooiborsduif (2019)

Yves T'Sjoen, Alwyn Roux, Charl-Pierre Naudé Meningen 2020-02-18

Hierdie bydrae is gelewer tydens ’n spesiale oggendseminaar by Unisa se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap op 20 Januarie 2020. Alwyn Roux en Yves T’Sjoen gesels met Charl-Pierre Naudé.

Top