Dan Sleigh

Daniel (Dan) Sleigh is op 3 November 1938 op die plaas Geelbeksfontein aan die Langebaan-strandmeer gebore. Na skool sluit hy by die Suid-Afrikaanse Vloot aan. Hy werk daarna as bankklerk, vragmotorbestuurder en kroegman, en studeer tot 1962 aan die Paarlse Opleidingskollege om ’n Liggaamsopvoeding-onderwyser te word. Hy hou daarna in Namibië en in Kaapstad skool. In 1969 het hy die BA-graad met Geskiedenis en Engels as hoofvakke aan Unisa verwerf. Dan behaal hy die MA-graad (cum laude) en in 1987 sy doktorsgraad in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy werk by die Kaapse (later Wes-Kaapse) Onderwysdepartement en tree in 1996 as provinsiale Koördineerder van Bewaringsopvoeding af. Hy het ook o.a. op die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, die Kasteel Beheerraad en Kaapstadse Straatnamekomitee gedien en was na aftrede ’n redakteur van die TANAP-projek in die Wes-Kaapse Argief. 

Hy behoort aan verskeie bewaringsverenigings, en ontvang die volgende plaaslike en oorsese toekennings vir Bewaring, Opvoeding en Geskiedenis:

*Ridder in de Orde van Oranje – Nassau. (2012) (Nederlandse ridderskap)
*Preise Caemer die Haghe. (2012) (Nederlands, vir VOC-studies.) 
*Minister van Kultuursake (Wes-Kaap) se Toekenning vir Nasionale en   Internasionale Bydrae. (2011)
*S.A Akademie vir Kuns en Wetenskap (Goud) vir Geskiedenis. (2007)
*Molteno Medalje vir Bewaring. (Goud) (2002)
*Simon van der Stel Stigting Medalje (Goud) vir Bewaring. (1998)

Poësie en Prosa:

Hy debuteer in 1971 met die digbundel, Duif oor water. Daarna skryf hy verhale met ’n geskiedkundige agtergrond vir die skolemark.

Die nege-maande-mars. Tafelberg, 1972.
’n Man om te hardloop. Tafelberg, 1973.
Tussen twee vlae. Tafelberg,1974. 
Onder die bittervaan. Tafelberg,1975.
Anselm en die Jut. Van der Walt,1976.
Sersant Barodien, Kaapse Korps. Tafelberg, 1977.
’n Kanon vir Barbier. Tafelberg. 1978.
Vryburger Tas. Tafelberg, 1979.

Na voltooïng van sy historiese studies skryf hy die volgende volwasse romans.

Eilande. Tafelberg, 2002.
Afstande. Tafelberg. 2010.
Wals met Matilda. Tafelberg, 2011
1795. Tafelberg, 2016

In 2001 wen hy die Sanlam/Insig/Tafelberg-romanwedstryd vir sy roman Eilande. Dié boek is later ook met die WA Hofmeyr-, RAU-, M-Net-, en Helgaard Steyn-prys bekroon. Eilande se Engelse vertaling, Islands, wat deur André P. Brink vertaal is, is deur die Seattle Times as een van tien beste boeke van 2005 aangewys. Dit is aangewys as een van die top tien debuutromans van 2005 deur Booklist, ’n Amerikaanse biblioteekdienspublikasie, is ingesluit in P.Boxhall: ‘1001 books you must read before you die,’ (London, 2006.) en is vir drie internasionale toekennings benoem. Die Nederlandse vertaling, Stemmen uit zee, het in 2004 die 98ste plek op die topverkoperlys van Nederlandse boekhandelaars gehaal. 

Letterkundige Bekronings

*Eilande: SANLAM/Insig/Kwela Groot Romanwedstryd (2001), WA Hofmeyr-prys (2003), RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2003), M-Net-prys vir skeppende werk in Afrikaans (2004), Helgaard Steyn-prys (2004.)
*Afstande: SALA-prys (2011)
*Wals met Matilda: SANLAM Groot Romanwedstryd (2011), WA Hofmeyr-prys (2012), RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2012), ATKV-prys. (2012) 

Vertalings 

Eilande (2002): Engels (Islands, 2004), Nederlands (Stemmen uit zee, 2004)

Uittreksels uit resensies:

Eilande is ’n baken in die tradisie van die historiese roman in Afrikaans. Dis ’n outentieke werk, tot in die fynste vesels van die taal waarin vertel word.” – L.S. Venter, Beeld (2002)

“Hoewel Dan Sleigh se pryswenner-roman met sy 757 bladsye swaar in die hand rus, is dit louter plesier om hierdie onderhoudende boek te lees.” – Louise Viljoen oor EilandeDie Burger (2002)

Geskiedskrywing:

Hy skryf ’n groot aantal tydskrif- en koerantartikels oor VOC-geskiedenis, lewer radiopraatjies en tree op televisie op oor VOC-aangeleenthede. Sy geskiedenisboeke sluit in:

Die Wêreld van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. (Kaapstad,1980.)
The World of the Dutch East India Company. (Cape Town,1981.)
Die Hugenote. (met A. Grant en R. Mayo). (Kaapstad, 1988.)
The Huguenots. (with A. Grant and R. Mayo). (Cape Town, 1988.)
Die Buiteposte. (Pretoria, 2003.)
The Forts of the Liesbeeck Frontier. (Cape Town, 1996.)
Ruiters teen die Ryk. (Kaapstad, 1999.)
They Rode against an Empire. (Cape Town, 1999.)
Die Aanslag op die slaweskip Meermin, 1766. (met P. Westra) (Kaapstad, 2013’)
The Taking of the slaver Meermin, 1766.(with P. Westra) ( Cape Town 2014.)
Bydrae tot B. Brommer (red.): De Grote Atlas van de VOC, deel V. 

 

Politieke versinsels rakende die amandelheining

Dan Sleigh Geschiedenis 2018-09-05

"Vanaf voorkoloniale tye het die Koina die vrugte geoes en die sade gekook of gebraai om te eet. Die bome groei redelik vinnig en die volwasse takke verstrengel – ’n egte kreupelhout – sodat dit as heining ondeurdringbaar word vir groter diere, maar nie vir mense nie."

Is ’n filantroop met ’n skildery bedrieg?

Dan Sleigh Geschiedenis 2018-07-25

"’n Skilder hoef, anders as ’n fotograaf, nie teenwoordig te wees by die gebeurtenis wat hy uitbeeld nie. Da Vinci het nie die Laaste Avondmaal bygewoon nie en Gèricault het nooit Medusa se vlot gesien nie, maar vir enigeen bly dit onmoontlik om iets te skilder wat ná sy dood plaasgevind het."

Een interview met Dan Sleigh over Eilande

Tycho Maas, Dan Sleigh Literatuur 2018-02-02

"Literatuur en films lijken in toenemende mate de grens tussen feit en fictie te thematiseren. ... De roman Eilande (2002) (in 2005 vertaald als Stemmen uit zee) beschrijft de eerste jaren van de Hollandse nederzetting aan de Kaap. "

LitNet-archief: "Gedeeld verleden, gemengd cultuur" – lezing 31 mei 2017, Tong Tong Fair, Den Haag

Dan Sleigh, Joris Cornelissen Meningen 2017-06-20

Dan Sleigh: "In ons gedeelde verleden is de Verenigde Oost-Indische Compagnie dé band die Indonesië, de Kaap en Nederland onderling verbindt." 

Verified by MonsterInsights
Top