Gerekende Poolse letterkundige Jerzy Koch verken taal en letterkunde skeppend in sy eerste Afrikaanse digbundel
2020-05-21"Afrikaans is kompak en beskik oor ’n seggingskrag wat ek moeilik met ander tale kan vergelyk. Die taal het baie variëteite en ek geniet elke variëteit in wat ek lees of wat ek in die land self hoor. Ek trap in Afrikaans my paadjies en praat ook 'my' Afrikaans, skep my eie uitdrukkingsmoontlikhede in hierdie taal."
Poolse tydskrif Werkwinkel plaas in sy 1ste dekade kwart van bydraes in Afrikaans
2019-10-31Werkwinkel word sedert sy eerste uitgawe in 2006 deur die Adam Mickiewicz-universiteit (UAM) in Pole uitgereik. Dit bevat bydraes in Nederlands, Engels en Afrikaans en in die onlangse verlede is daarin uitgebreid aandag geskenk aan skrywers aan die orde van Breyten Breytenbach, Olga Kirsch en JM Coetzee. Jerzy Koch, stigter-redakteur van Werkwinkel, het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Jerzy Koch en Karen Kuhn van die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznań
2018-06-14Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Jerzy Koch en Karen Kuhn van die Departement Nederlands en Suid-Afrikaans by die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznań, Pole.