Marni Bonthuys

Dr Marni Bonthuys verwerf al haar kwalifikasies aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy voltooi ook 'n gedeelte van haar MA aan Universiteit Leiden.

Haar navorsingsgebied sluit Afrikaanse en Nederlandse poësie, die komparatisme, kanonisering en feministiese letterkunde in. Sedert 2011 gee sy Afrikaans en Nederlands aan UWK.

Voor dit is sy verbonde aan die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk van die Noordwes-Universiteit.

In 2017 neem sy die redakteurskap oor van die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans. Vanaf 2019 is sy ook as medewerker betrokke by die Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika aan die Universiteit Gent, België.

Sy is die redakteur van Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans (T.N&A).

Twee lande, twee skole: Marni Bonthuys deel haar ervarings as migrant

Marni Bonthuys Meningen 2022-02-02

"Wat ook al die toekoms mag inhou, die pandemie het die ongelykhede in onderwys in ons land onderstreep, maar ook geïllustreer dat daar nie hier in Suid-Afrika, soos elders, die sosiale strukture bestaan om die skooldeure oop te hou as die nood druk nie."

GAZ-webinaar: Studie van Afrikaanse letterkunde baat by buiteperspektief en meertaligheid – Marni Bonthuys

Willem de Vries, Marni Bonthuys Academisch 2020-12-15

Die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika (GAZ)-webinaar van die Universiteit van Gent se Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika word op 16 Desember 2020 die eerste keer aangebied. Akademici in Suid-Afrika en België gaan hieraan deelneem. Marni Bonthuys, ’n dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland en aan Gent, is een van die deelnemers. Willem de Vries gesels met haar.

Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans daarop gerig om meerstemmigheid te bestendig

Willem de Vries, Marni Bonthuys Academisch 2020-01-20

Vir Marni Bonthuys, redakteur van Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans (T.N&A), is akademiese meerstemmigheid ’n vereiste vir gesonde wetenskap en bied die tydskrif bydraes wat strek van grammatika tot literêre tendense, teoretiese benaderings, kultuurhistoriese verskynsels en literatuur-sosiologiese ontwikkelinge. Sy het Willem de Vries se vrae oor T.N&A se ontwikkelinge en komende uitgawes beantwoord.

Top