Breyten schrijven #23: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Marius Crous

  • 0

Door het oog van de dichter. Postumiteiten voor Breyten is een gesprekkenreeks over de literaire nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) en de impact op het schrijverschap van Afrikaans-, Engels- en Nederlandstalige dichters. In 2026 verschijnt de bundel in Zuid-Afrika. In de reeks verschenen tot vandaag afleveringen met Joan Hambidge, Alfred Schaffer, Marlise Joubert, Antjie Krog, Louis Esterhuizen, Bernard Odendaal, Ilse van Staden, Andries Bezuidenhout, Diana Ferrus, Hein Viljoen, Pieter Madibuseng Odendaal, Klara du Plessis, Charl-Pierre Naudé, Nkateko Masinga en Erwin Mortier. Deze veertiende aflevering presenteert een gesprek met Marius Crous.

De inleidende tekst met een toelichting bij de opzet van deze gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach is opgenomen in de eerste aflevering (https://voertaal.nu/breyten-schrijven-8-breytenbachs-lyriek-door-de-blik-van-dichters-conversatie-met-joan-hambidge/). In totaal komen veertig dichters aan het woord. De gespreksgenoten ontvangen allen dezelfde vijf vragen over hoe zij zich in hun schrijfwerk verhouden tot de lyriek van Breytenbach.

YT: Marius, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?

MC: Wat vir my bybly van Breytenbach is die surrealistiese beeldgebruik, die omdigting van alledaagse idiome en spreektaal en sy verbluffende metafore. Ek hou veral van die vroeëre Breytenbach-gedigte omdat hulle vir my nie so duister is nie. Ek is huiwerig om oor die latere werk van Breytenbach te praat, want ek is bang ek lees die tekste “verkeerd” – en dan hoor ek Breytenbach iewers diep uit sy maag vir my lag. Ek bewonder sy getroue eksegete, soos Louise Viljoen, Helize van Vuuren, Hein Viljoen en Francis Galloway, wat geduldig sy werk ontsluit. Daar is natuurlik min Afrikaanse digters wat sulke mooi liefdesverse kan skryf soos hy.

YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?

MC: Die abjekte speel sedert sy debuut ’n sentrale rol in Breytenbach se werk en ek vind daarby aanklank. Daar is by hom hierdie volgehoue besef van impermanensie en aflegging. Die doodskunde en die smagting na ’n bevrydende dood loop soos ’n rooi koord deur sy oeuvre.

Wanneer ek byvoorbeeld Die ysterkoei moet sweet met studente behandel, kan ek nie anders as om te dink aan die eerste lesers van dié bundel nie: daar was seker floutes en pyne op die bors; prewelgebede teen die aanslag van die Oosterse gode en natuurlik die taalgebruik. In my jeugjare is ek aangemoedig om Breyten te lees en te kyk hoe hy die paradoksale lewendood verwoord. Hy steek nie net vas in die weersinwekkende nie; daar groei weer blomme uit die lyk. Selfs ’n grusame toneel soos die verbranding van mense tydens 9/11 word so aangebied dat dit mens aangryp en nie net skok nie. 

YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?

MC: Breyten se buiteperspektief op sy vaderland; sy indrukke tydens sy seisoen in die paradys getuig van fyne waarneming. Albino Terrorist was vir my veelwoordig. As digter stel ek ook veral belang in sy besinning oor die skryfproses. Om nie eens te praat van sy wonderlike Katastrofes nie. Ek was ook bevoorreg om die opvoering van Boklied by die KKNK by te woon en te sien hoe die tekens uit sy gedigte en skilderkuns op die verhoog uitgebeeld word.

YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?

MC: Een anekdote oor Breyten se lewe. In die laerskool het ons ’n huis gehuur van iemand wat agter op die erf gebly het en hy was die pa van Lucky die bewaarder. Eers toe alles later op die lappe kom, het my pa genoem dat as “daai klong by die huis was” het daar altyd ’n man met ’n lang jas die straat dopgehou. Hoe waar dit was, weet ek nie.

(Klik op die foto om te vergroot)

Op skool het ons maar min Breyten gelees; ek dink my kennismaking was met “êrens word dit aand” met daardie rou keelgat waar die son afgesluk is. Die eerste boeke wat ek op Stellenbosch as student gekoop het, was die twee vaal omslagbundels Lotus en Kouevuur met hulle Breyten-ontwerpe voorop teen R6,45 elk!

Elke keer wanneer ek “bedreiging van die siekes” met my klas behandel, ontdek ek iets nuuts in die gedig. Wat Afrikaans betref, het hy veral die lesers van die taal se verwysingsraamwerk verruim met sy bybetrek van die Afrika-landskap, die Zen-Boeddhisme en sy onverskrokke briewe aan al die slagters in ons midde. In die jare voor Google was dit ’n soektog om sy verwysings op te spoor – selfs al was Brink se blokboek van groot waarde.

Vanuit ’n literatuurteoretiese oogpunt is Breyten se werk die ideale toetsmateriaal vir enige teoretiese opvatting of eietydse poëtiese tendensies. Ek het probeer om sy gevangenisgedigte aan die hand van Foucault te lees, maar daar is nog soveel meer om te ontdek.

YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?

MC:  Ek dink vir toekomstige lesers is dit belangrik om te besef dat hy digterlike taal op meesterlike wyse vreemd kon maak. Hy praat in een van sy vroeëre gedigte oor die skryfdaad as ’n vorm van vars verneuk en dit is sy groot bydrae: hy is beide die asketiese-mediterende Boeddha en die laggende Boeddha. Net soos sy skilderye eweneens simbolies is, nes sy gedigte. Diegene wat belangstel in Afrikaans as versettaal sal moet kennis neem van sy werk.

Soos in die geval van die meeste Afrikaanse digters hoop ek van harte nie dat, nou na sy dood, mense hom minder gaan lees en minder of glad nie oor hom gaan skryf nie. Ek voel altyd ons is soos ’n hond wat ’n motor agterna sit en as hy weg is, dan soek ons ’n volgende, nuwer model met nuwer bande om te jaag. Ek is altyd verstom hoe baie nuwe boeke daar nog elke jaar oor Shakespeare verskyn, om nie eens te praat van die gewildheid van Middelengels of die Middeleeuse letterkunde nie.

Lees ook:

Breyten schrijven #22: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Erwin Mortier

Breyten schrijven #21: Through the eyes of the poet, a conversation with Nkateko Masinga

Breyten schrijven #20: Breytenbachs lyrische erfenis door de blik van dichters, conversatie met Charl-Pierre Naudé

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top