Door het oog van de dichter. Postumiteiten voor Breyten is een gesprekkenreeks over de literaire nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939–2024) en de impact op het schrijverschap van Afrikaans-, Engels- en Nederlandstalige dichters. In 2026 verschijnt de bundel in Zuid-Afrika. In de reeks verschenen tot vandaag afleveringen met Joan Hambidge, Alfred Schaffer, Marlise Joubert, Antjie Krog, Louis Esterhuizen, Bernard Odendaal, Ilse van Staden, Andries Bezuidenhout, Diana Ferrus, Hein Viljoen, Pieter Madibuseng Odendaal, Klara du Plessis, Charl-Pierre Naudé, Nkateko Masinga, Erwin Mortier en Marius Crous. Deze vijftiende aflevering presenteert een gesprek met de dichter Gilbert Gibson.
De inleidende tekst met een toelichting bij de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach is opgenomen in de eerste aflevering (https://voertaal.nu/breyten-schrijven-8-breytenbachs-lyriek-door-de-blik-van-dichters-conversatie-met-joan-hambidge/). In totaal komen veertig dichters aan het woord. De gespreksgenoten ontvangen dezelfde vijf vragen over hoe zij zich in hun schrijfwerk verhouden tot de lyriek van Breytenbach.
...
Breyten Breytenbach se latere oeuvre is nie soseer ’n argief van aparte boeke nie, maar eerder ’n totale komposisie waar die grense tussen die gevangene, die skilder en die digter verdwyn.
...
YT: Gilbert, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de “late style” in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?
GG: Elke fase van Breyten se lewe verteenwoordig ’n beduidende skuif in sy taalkundige benadering, in sy filosofiese fondasie, en in sy politieke verantwoordelikheid.
Van 1964 tot die midsewentigs was hy ’n sogenaamde avant-garde revolusionêr, wat met Die ysterkoei moet sweet (1964) soort kruisstaaf skep wat met visuele beeldspraak my as leser tot vandag aangryp. Die bundel was dalk die artistieke hoogtepunt van die Sestigers, toe poësie (anders as vandag) nog ’n belangrike instrument vir beide persoonlike en politieke bevryding was.
Ysterkoei het die trajek van Afrikaanse letterkunde fundamenteel verander deur die bekendstelling van vrye(r) vers as belangrike vorm van poësie, en terselfdertyd ook sabotasie van die destydse verband tussen digter en die (nasionalistiese) Afrikaner-establishment. Dit is die bundel waarin sy surrealistiese kyk duidelik te voorskyn kom, hier is byvoorbeeld “rilling van ’n vis in die water”, waar dit tipe grafiese beskrywings poësie van sintuie skep. En gelyktydig, at least in Afrikaans, ’n besef van die “niks” in die agtergrond van ’n aggressiewe obsessie met die liggaam (bloed en hare en naels). In Ysterkoei ontstaan Breyten se Zen-logika wat ’n raamwerk bied vir sy uiteindelike motiewe van verval en liefde en swerwende bestaan.
YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?
GG: Breytenbach praat van “ontbinding as ’n voorvereiste vir die lewe.” So beskou hy die agteruitgang, die apoptose, die “verrotting” van die liggaam nie as faling nie, maar as geil gebied. Ook die agteruitgang van taal as ’n poëtiese meganisme.
Die veral latere Breytenbach skryf vanuit die perspektief van die ewige ballingskap – iemand wat “nêrens en oral” tuis is. In die era van globale verplasing en digitale verspreiding, voel Breytenbach se weiering om “geanker” te word aan ’n enkele ideologie of staat merkwaardig postmodern.
YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?
GG: Breyten Breytenbach se latere oeuvre is nie soseer ’n argief van aparte boeke nie, maar eerder ’n totale komposisie waar die grense tussen die gevangene, die skilder en die digter verdwyn. In byvoorbeeld sy Albino-terroris-tekste (wat my deurentyd tref) ondersoek hy die fondasie van die tronk, nie met die on-ironiese oog van gesag nie, maar met die poëtiese eerlikheid oor die self. En veral daar is die konstante teenwoordigheid van die skilder wat veroorsaak laat dat baie van sy gedigte vol tekstuur word, ’n tipe visuele en amper tasbare ervaring.
YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?
GG: Vir enigiemand wat “tussen” kulture, tale of ideologieë voel, bied Breytenbach se werk ’n tuiste. Hy bevestig eintlik die toestand van onbehoort, selfs met sy kontroversiële bydrae tot die identiteit van Afrikaans toe hy by 1973 UCT Somerskool gesuggereer het dat die Afrikaner ’n “bastervolk met ’n bastertaal” is.
Van Breyten Breytenbach is meer as 1 600 gedigte bekend, die meeste uit sy betrokkenheid met konstante metamorfose. Die gedigte begin dikwels as ’n gevoel van konfrontasie wat later verfyn (vanaf uiterlike rebellie) tot interne selfondersoek. Terwyl sy vroeë werk die taal as ’n “dieptemyn” teen die establishment gebruik het, toon sy latere tekste (soos byvoorbeeld in Die singende hand) dat taal self ’n metafisiese anker word. Die taal wat hy eens verbaster genoem het, word dan die medium waardeur hy verlies, geheue en die migrerende aard van die mens en sy siel verken. In die konteks van Suid-Afrikaanse geskiedenis word hy so die digter wat die moedertaal met geweld “dekoloniseer”, en dit herstel het na status van ’n inklusiewe (sê maar) Afrika-patois.
YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?
GG: Breyten Breytenbach se poëtiese betekenis ontstaan uit sy rol as ’n “kulturele rebel” wat die rigiede strukture van Afrikaner-nasionalisme ontplooi deur Afrikaans te herverbeel as ’n buite-egtelike taal – ’n lewendige teks oor die aard van vryheid en die verskuiwende “ek”. Breytenbach is op sy beste ’n gids tot die labirint van die self. In my lees verander sy werk uit vaste geskiedenis tot afbraak van taal om so ’n ander alternatief toe te laat, ’n alternatief wat kan maak dat “...my hart na my toe kom deur die nag/ eet ons die vye en drink ons die wyn en maak-maak/ die liefde soet op maat van die maan se kliprefrein”.
Lees ook:
Breyten schrijven #23: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Marius Crous
Breyten schrijven #22: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Erwin Mortier
Breyten schrijven #21: Through the eyes of the poet, a conversation with Nkateko Masinga

