Breyten schrijven #31: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Churchil Naudé

  • 0

Door het oog van de dichter is de titel van een gesprekkenreeks over de literaire nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) en de impact op het schrijverschap van hedendaagse Afrikaans-, Engels- en Nederlandstalige dichters. Najaar 2026 verschijnt de bundel Postumiteiten voor Breyten in Zuid-Afrika, waarin de dialogen worden gebundeld. In een tweede deel met dialogen komen Breytenbach-navorsers aan het woord. Tot vandaag zijn afleveringen gepubliceerd met Joan Hambidge, Alfred Schaffer, Marlise Joubert, Antjie Krog, Louis Esterhuizen, Bernard Odendaal, Ilse van Staden, Andries Bezuidenhout, Diana Ferrus, Hein Viljoen, Pieter Madibuseng Odendaal, Klara du Plessis, Charl-Pierre Naudé, Nkateko Masinga, Erwin Mortier, Marius Crous, Gilbert Gibson, Heilna du Plooy, Alwyn Roux, Kleinboer, H.J. Pieterse en Zandra Bezuidenhout.

De inleidende tekst met een toelichting bij de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach kan hier worden gelezen: https://versindaba.co.za/2026/01/21/yves-tsjoen-postumiteiten-voor-breyten/. In totaal komen veertig dichters aan het woord. De gespreksgenoten ontvangen allen dezelfde vijf vragen over hoe zij zich in hun schrijfwerk verhouden tot het oeuvre van Breytenbach.

...
Moenie sy boeke nadertrek as jy op soek is na antwoorde nie; trek dit nader as jy op soek is na vryheid.
...

...
Breyten het Afrikaans uit die hande van die ‘taalbulle’ geruk en dit teruggegee aan Afrika.
...

YT: Churchil, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?

CN: Breytenbach se werk word dikwels gesien as moeilik, maar vir ’n Woordenaar is die ‘energie’ en die ‘vibe’ van die woorde dikwels belangriker as die akademiese ontleding.

Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975. Dit is die fase van die befoeterde jong rebel, die surrealisme, en die afbreek van heilige koeie. Dit resoneer die meeste met die energie van hip-hop en my eie albums.

Sy vroeë werk het die taal ‘oopgebreek’. Dis nie net poësie nie; dis ’n ‘attitude’. Sy laat styl is meer kontemplatief vir my, maar nog steeds baie belangrik en relatief. Die vroeë Breyten is die een wat die vuur aangesteek het.

YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?

CN: Ek beweeg self tussen sosiale kritiek (soos in my veldtog #dieontkakkingsveldtog) en dieper, amper spirituele nadenke.

Vir iemand van die Kaap is Breyten se idee van die ‘baster’ en die ‘nomade’ baie relevant.

Sy vermoë om die verval en verrotting van die sisteem te beskryf, het my eie kyk op die samelewing geslyp. Dit gaan nie net oor politiek nie, maar oor die menslike kondisie in ’n gebroke land.

YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?

CN: Sy tekeninge en sy woorde is vir my dieselfde ding. Hy skilder met woorde.

The True Confessions of an Albino Terrorist is ’n rou, eerlike kyk op tronkstraf en identiteit. Hierdie ‘privaat tekste’ het my inspireer om my eie waarheid sonder filters te vertel—of dit nou op ’n verhoog, in ’n kabaret is, of in ’n gedig.

YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?

CN: Hierdie is die belangrikste punt vir my as iemand wat Afrikaans in ’n spesifieke gemeenskap en idioom gebruik.

Breyten het Afrikaans uit die hande van die ‘taalbulle’ geruk en dit teruggegee aan Afrika.

Die ‘bastertaal’: stem saam met sy siening van Afrikaans as ’n kreoolse taal. My werk as Woordenaar is die praktiese bewys daarvan. Dit is ’n taal van oorlewing, mengsel en kleur. Sy werk het vir my gewys dat Afrikaans nie ‘netjies’ hoef te wees om kragtig te wees nie.

YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?

CN: As ek Breytenbach aan ’n nuwe generasie moet verkoop, sal ek sê: moenie sy boeke nadertrek as jy op soek is na antwoorde nie; trek dit nader as jy op soek is na vryheid. Breyten is die bewys dat die taal aan jou behoort en dat jy daarmee kan maak wat jy wil.

My eie reis met hom is die beste bewys daarvan. My heel eerste album se titel, Kroeskop vol geraas, het ek direk by hom ‘gesteel’ en my eie gemaak. Sy bundel Die hand vol vere was vir my daardie vonk. Waar hy met “vere” gewerk het—iets wat dalk ligter of meer metafisies is—het ek dit gevat en dit gaan neersit in die “geraas” van my eie wêreld. Dit is wat sy poësie doen: dit gee vir jou die boustene om jou eie huis mee te bou.

Vir toekomstige lesers in Suid-Afrika en elders is my boodskap eenvoudig: lees Breytenbach om te sien hoe ’n mens weier om mak gemaak te word. Hy leer jou dat poësie nie in ’n glaskas hoef te staan nie. Dit kan skuur, dit kan stink, dit kan vloek, en dit kan diep, diep liefhê. Sy werk is ’n uitnodiging om jou eie ‘geraas’ te vind en dit hardop te sê. Hy is die oorspronklike ‘Woordenaar’ wat vir ons gewys het dat die pen dalk magtiger as die swaard is, maar dat die tong die vinnigste van almal is.

Lees ook:

Breyten schrijven #30: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Zandra Bezuidenhout

Breyten schrijven #29: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met H.J. Pieterse

Breyten schrijven #28: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Kleinboer

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top